VANDAG WAS HEMELVAARTDAG

Betekenis van Hemelvaartsdag

Met Hemelvaartsdag vier ons in die Christelike geloof dat Jesus uiteindelik na al sy dae op aarde dan op hierdie dag opgevaar het na die hemel. As Christene glo ons ook dat Hy in die Drie-Eenheid hierna steeds oor ons waak en ons beskerm deur die Heilige Gees wat Hy vir ons agtergelaat het. Uit dankbaarheid hieroor het sommige van ons dit soos 'n Sabbat deurgebring deur ons besighede te sluit.

Vir interessantheid: in Nederland word hierdie dag getrou gevier deur die Christelijke Arbeidersbeweging.

Meer interessant: In 1891 is 'n afdwingende brief vir die viering van hiérdie dag afgekondig deur die pous - nogal, bid jou aan!

Intussen gaan ons as bekeerdes in Jesus Christus voort om ons dankbaarheid te betoon deur in die gereformeerde kerke vanaf Maandag 6 Junie tot Vrydag die 10e aan 'n reeks pinksterdienste deel te hê en dan op Sondag die 12e met Nagmaal die heilige seremonie in dankbaarheid vir wat ons Verlosser vir ons gedoen het, saam te vier.

Mag elkeen wat hier lees in die Naam van ons Heilige Drie-enige God in hierdie tyd geseënd en begenadigd wees – aan HOM al die EER!