NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

...die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Daarom treur die land, en alles wat daarop woon kwyn weg; die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om – Hoséa 4.

AS 'N ENGEL VERVEER (11)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by As 'n engel verveer

DAWID WORD KONING

Ná die dood van Saul het die stam van Juda vir Dawid koning gemaak en hom in Hebron laat woon.  Ten spyte van talle pogings om die res van Israel onder hom saam te snoer, het Saul se ondersteuners Isboset, een van sy seuns, koning oor die res van Israel gemaak.  Burgeroorlog was onafwendbaar en sou sewe jaar duur en duisende lewens eis.

Isboset se koningskap was vir sy onderdane 'n groot verleentheid.  Sy skaamtelose, lafhartige optrede het mense dwars in die krop gesteek.  Daarby het hy niks van landsbestuur geweet of na goeie raad geluister nie.  Isboset het sy eie kop gevolg waarna baie van Saul se eertydse ondersteuners Dawid in die geheim begin ondersteun het.

Namate die huis van Israel verval het, het die huis van Dawid weer van krag tot krag gegaan.   Nadat Isboset deur lede van die huis van Dawid vermoor is en Dawid koning oor die hele Israel geword het, het daar vrede en rustigheid in die land gekom.

As teken van hul nuutgevonde eenheid is daar op aandrang van Dawid met die aanlê van ‘n nuwe stad duskant die Kedronvallei begin.  Dawid het dit Jerusalem - huis van vrede - genoem.  Die inwoners het dit die stad van Dawid genoem.

Toe die Filistyne hoor dat Dawid koning oor die hele Israel geword het, het hulle gereed gemaak om Israel aan te val en Israel tot onderhorigheid te dwing.  So anders as op Gilboa, is die Filistyne verpletterend verslaan en ver teruggedryf.   Die dood van Saul en sy seuns is gewreek.  Hierna het Dawid 'n spesiale tent laat maak en die verbondsark wat lank in die huis van Abinadab gestaan het, tydens 'n feestelike optog na Jerusalem gebring.

"U het my laat roep, my heer?" sê Natan toe hy voor Dawid staan.

"Ja, dankie dat jy op so vinnig gekom het.  Ek het raad nodig" sê Dawid en kyk die skraal profeet met die lang, benerige gesig stip aan.

"Seker, my heer, waarmee kan ek help?" vra Natan gedienstig.

"Dis nie reg dat ek in 'n mooi huis woon terwyl die ark van God in 'n tent staan nie.  Ek wil baie graag vir die Here 'n sierlike huis laat bou waar die ark vir goed kan staan en priesters gereeld diens doen.  Dit moet ‘n baie besondere plek wees waar mense daagliks kan aanbid en ongehinderd offer.  Wat dink jy?  Sal God my toelaat om dit te bou?” vra Dawid opgewonde.

"Dis 'n wonderlike gedagte, my heer!  Ek kan nie dink dat God so 'n edele gebaar sal afkeur nie.  Nogtans sal ek vannag die aangesig van God soek en u laat weet" sê Natan.

o0o

"Ek het ongelukkig nie vir u goeie nuus nie, my heer" sê Natan vroeg die volgende oggend.

"Wat sê die Here dan?" vra Dawid baie terleurgesteld.

"Hy vra: `Waarom wil jy vir My 'n huis bou?  Het Ek dan 'n behoefte aan ‘n aardse woonplek?  Het Ek miskien tydens Israel se swerftog in die woestyn ooit iewers in 'n huis gewoon?  Nogtans was Ek met hulle. Ek het na hulle omgesien en telkens verlos.  Ek belet jou om vir My ‘n huis te bou.  Daar is te veel bloed aan jou hande.  Jou opvolger sal daardie eer hê!”

"Dankie dat jy die Here vir my geraadpleeg het.  Ek berus my by sy wil" sê Dawid gedweë.

o0o

"Ek het so pas verneem dat die Ammoniete en die Arameërs op ons noord-oostelike grens saamtrek, my heer" berig Joab.

"Dis nie 'n goeie teken nie!" sê Dawid bekommerd.

“Sal ons maar wag en kyk wat gebeur, my heer?" vra Joab onseker.

"Nee, maak 'n paar afdelings soldate bymekaar en slaan die heidene genadeloos sodra hulle 'n voet oor die grens sit" beveel Dawid die dapper soldaat.

"Wil u miskien saamgaan, my heer?" vra Joab belangstellend.

"Ek sou graag wou saamgaan, maar nie op hierdie oomblik nie.  Daar is 'n hele paar landssake wat my aandag dringend nodig het.  Sodra dit afgehandel is, sal ek by julle aansluit.  Indien dit op ‘n volskaalse oorlog uitloop, behoort dit nie lank te duur nie.  Die Ammoniete en Arameërs was nog nooit gedugte teenstanders nie" sê Dawid optimisties.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 783 gaste aanlyn