WIE SE NAASTE IS ÉK?

Ons volk se vyande, wat ‘n verdraaide kennis van die Skrifwoord het, vertel gedurig dat die Swartes ons naastes is en dat ons hulle moet liefhê soos onsself. Wat hulle eintlik wil hê, is dat ons onsself in hierdie allesoorstelpende “liefde” moet vernietig. Luister wat die HERE aan ons sê hieroor:

Wie dan van hierdie drie, dink
jy, was die naaste van hom
wat onder die rowers verval het?
En hy antwoord:  Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het
.
LUKAS 10:36-37

In die gelykenis van die barmhartige Samaritaan wat die Here Jesus aan die verwaande wetgeleerde  vertel het, het Hy aan hierdie selfvoldane Israeliet meegedeel wie die naaste, wat hy moes liefhê soos homself, onder spesifieke omstandighede kan wees.

 

Die wetgeleerde het tereg geantwoord dat die arme man wat daar verwond gelê het, se naaste nie die priester of die Leviet was nie juis omdat hulle hul nie aan hom gesteur het nie, maar wel die Samaritaan wat aan hom hulp verleen het. Hy het die beseerde man se naaste geword deur die hulp wat hy van hom ontvang het. Daarom moet hy hierdie naaste van hom, hierdie Samaritaan wat hom gehelp het, uit dankbaarheid liefhê soos homself.

In die antwoord wat Jesus aan die wetgeleerde voorgehou het op sy vraag, “Wie is my naaste?”, draai Jesus die orde heeltemal om en laat die klem val op: “Wie se naaste is ék?”

Op grond van hierdie betekenisvolle woorde in Lukas 10, dink ons aan die Afrikanervolk se eeuelange pogings om naaste te wees vir die swart volke van Suid-Afrika. Om hulle naaste te wees beteken om soos die Samaritaan aan hulle, die behoeftiges, barmhartigheid te verleen.

Hoe is daar nie deur die jare heen met groot opoffering die lig van die Evangelie van redding en genade van ons Here Jesus Christus aan hulle gebring nie! Hoe is hulle nie bevoordeel deur die opheffingswerk met eie kerke en skole nie, die ontwikkeling van eie woongebiede, die oprigting van onafhanklike state en ekonomiese selfstandigheid nie!

Indien die Here Jesus die verhaal in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan verder sou vertel, sou ons waarskynlik verneem het hoe die beroofde man na sy herstel aan sy naaste, die Samaritaan, sy dank en erkentlikheid betoon, omdat hy aan hom onbaatsugtige hulp verleen het.

Die Afrikanervolk wou die Swartes se naaste wees, maar al die opoffering van sy naastediens aan hulle is voortdurend teruggeslinger in sy gesig want hulle het barbaarse vyandskap bo naastediens verkies.