NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons hoef nie gestraf te word as betaling om in ons Vader se liefde en genade te deel nie. Hou op treur oor jou sondes, jy het dit mos vir Hom gegee. Aanvaar dan die wonderlike geskenk van vergifnis wat Hy jou gee ten volle.

DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (4)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME

Heidense simbole en gebruike

1.   Menseverering

Nêrens ter wêreld word een mens soos God verheerlik soos in die Vatikaan nie.   Miljoene mense vereer en aanbid die pous op afgodiese wyse.  Ander buig weer in weerwil van God se verbod in Ex.20:5 voor die pous neer.  Tydens inwydingsgeleenthede lê jong priesters selfs uitgestrek voor hom.

Die pous word selfs internasionaal bewonder.  Oud president George W Bush het by geleentheid gesê dat as hy in die pous (Benediktus XVI) se oë kyk, hy God sien.   Die pous is in werklikheid niks anders as ʼn moderne weergawe van die Babiloniese songod nie.

Roomse simbole en ampsdrag laat ʼn mens wonder wie eintlik in die RK aanbid word?   Heidene gebruik graag godsdienssimbole om hul gode mee te vereer.  So ook Rome.   Baie van Rome se simbole kom oorspronklik uit Egipte, Babel en Rome, en is vir Protestante hinderlik: “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap  het die lig met die duisternis?  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? (2 Kor.6:14,16).

2.   Beeldediens

Die RK is so vol afgode dat dit niks van koning Belsasar se paleis in Babel verskil nie.  “Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys” (Dan.5:4).   Rome sweer dat sy nie afgodery bedryf nie terwyl sy van beeldediens deurtrek is waarvan die Maria-beelde die gewildste is.   In Suid-Amerika en die Filippyne is swierige optogte met beelde van haar baie gewild, maar ook Babilonies van oorsprong:  Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ʼn goudsmid, en hy maak daar ʼn god van;   hulle kniel neer, ook buig hulle.  Hulle hef hom op die skouer;  hulle dra hom en sit hom op sy plek neer … neem dit ter harte, o afvalliges!” (Jes.46:6-8).

Rome maak haar baie ernstig skuldig aan die verbreking van die eerste twee gebooie.   Die Vatikaan het selfs die tweede gebod “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak.... Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle dien nie....” uit haar amptelike kategismus verwyder en tiende gebod in twee verdeel om weer by 10 gebooie uit te kom! 

Die Roomse beelde van Christus aan die kruis stuit Protestante teen die bors.  Protestante aanbid ʼn verrese Jesus wat nie meer aan ʼn kruis hang nie.  Roomse afbeeldings van Christus is dikwels met ʼn stralekrans voorsien; die heidene se songod.

Rome bid ook tot heiliges – mense wat uitsonderlike diens aan die RK gelewer het en ʼn paar jaar na hul dood tot heiliges verklaar is en skaamteloos vereer word.   So huisves die Vatikaanstad talle gebalsemde liggame van pouse voor wie daar gereeld gekniel en gebid word.

3.  Kruise en kruistekens

Die RK het baie raakpunte met die Kerk van Satan soos bv. vreemde rituele, gedrapeerde priesters, dig-sang en die onderstebo kruis soos op talle van die pous se amptelike stoele duidelik te sien is.  Die maak van die kruisteken oor die bors word as bewaringsteken teen bose magte gesien en is Babilonies van oorsprong.  Heidene wat by verborgenhede ingelyf was, het die kruisteken as bewaringsteken teen bose magte gemaak.

Die kruissimbool is minstens 1 500 jaar ouer as die Christelike kerk self en is deur heidene gebruik.   Die vroeë Christene het hul daarvan weerhou om Christus in sy staat van vernedering aan ʼn kruis voor te stel.   Sy staat van verhoging en verheerliking as die verrese Oorwinnaar oor die dood was belangriker.  Daarom het die eertydse Christen-kunstenaars niks van die kruisiging uitgebeeld nie.

Die eerste uitbeelding daarvan was eers in die vyfde eeu toe ʼn kruissimbool op ʼn houtdeur van die Santa Sabina-katedraal (Rome) aangebring is.  Die Roomse kruis spot in werklikheid met Christus omdat ʼn dooie Jesus daaraan hang en word as ʼn beskerming-amulet om die nek gedra.

Die Maltese kruis om die pous se nek, is ook heidens van oorsprong.   Daarmee het die heidene, Shamash die god van son en geregtigheid, vereer.   Beelde en reliëfs van ou Assiriese konings bewys dat hulle hierdie kruis lank voordat die Ridders van Malta dit die Maltese kruis genoem het, gedra.   In Nazi-Duitsland is dit die ysterkruis genoem en selfs in die swastika aangebring

4. Kerse

Rome se gebruik van lampe en kerse is ook Babilonies van oorsprong.  Oral waar beelde van die Maria-demoon in ʼn nis geplaas word, moet daar altyd kerse brand al is dit helder oordag.  Dis eie aan Babel se heidense beeldeverering seremonies.    Die Boek van Barug vertel hoe heidene kerse vir hulle afgode laat brand het.

Die vroeë Christelike kerk het glad nie kerse in godsdiensseremonies gebruik nie omdat dit toe alreeds as heidens beskou is.   Kerse is eers ongeveer drie honderd jaar later in die kerk ingevoer.  Die Christen skrywer Lucius Lactantius lewer in die vierde eeu felle kritiek daarop en sê dat dit dwaas is om kerse vir God te brand asof Hy in die duisternis leef.

Rome gebruik lampe en kerse omdat sy in werklikheid in ʼn geloofsnag vasgevang is.   Miljoene mense wat in hierdie geestelike donker leef, gaan verlore.   Hulle het soos grotdiertjies aan die duisternis gewoond geraak.

5.  Hooftooisels

Roomse kerklui dra net soos die ou Egiptiese sonpriesters ook skedel-musse.   Rome noem dit ʼn zucchetti, die Jode ʼn yarmulke en die Moslems ʼn kufi. Die dra daarvan is onbybels: “Want ʼn man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is....” (1 Kor.11:7). .

Die heuwel waarop die Vatikaan baie eeue later gebou is, was in die ou tyd die plek waar ʼn reuse tempel vir die godin Astarte, godin van vrugbaarheid, gestaan het.  Haar priesters het ook skedel-musse gedra.  In Rigt.10:6 waarsku God teen enige gedienstigheid aan haar.

Die vis-hooftooisel (mitre) van Roomse kerklui is ook heidens van oorsprong en deur die priesters van Dagon, die vis-god van Babilon, gedra.   Dis in die vorm van ʼn oopbek-vis met ʼn kleed wat die res van die lyf vorm.   In Rome is dit deur die hoofpriester van Astarte gedra.  “En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het” (Jer.1:16)

Op hierdie vis-hooftooisel pryk ʼn seskantige ster.   Seskantige sterre is die sterkste simbool van Satan se mag.   Dis in Babel, Egipte en Assirië deurlopend in afgodery gebruik.  Sataniste en hekse gebruik dit tot vandag toe nog om die krag van bose geeste te verkry.

In haar boek “Lucifer is the true God“ het Helena Blavatsky hierdie seskantige ster in die embleem van haar bose Teosofiese Gemeenskap (1875) ingebou.   Leke ken dit as die Ster van Dawid. Koning Dawid het in der waarheid nooit ʼn ster-simbool gebruik nie.  Geleerdes sê dat Salomo dit tydens sy verval in afgodery begin gebruik het.

Stefanus, die eerste Christen-martelaar, kla die Joodse leiers van sy tyd aan: “Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid...” (Hand.7:43).

Benewens die seskantige ster, gebruik Rome ook ʼn agtkantige ster.  Dit is ook heidens van oorsprong.  Daarmee het die heidene die godin Ishtar vereer wat met die planeet Venus verbind word.    Die Babiloniese ster-kultus is die kern van astrologie.  In die Petruskerk sit die pous in die middel van nie minder as agt van hierdie agtkantige sterre nie!

6   Demoniese simbole

Die Bybel noem die satan ʼn slang (Openb.12:9) sowel as ʼn draak: “En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het....” (Openb.13:3).   Roomse kerke is vol beelde en afbeeldings van drake wat selfs op die wapens van talle pouse voor kom.   Wie word in die RK aanbid? “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwel sal aanhang” (1 Tim.4:1).

Die dennebol-simbool bo op die pous se ampstaf is ook heidens van oorsprong.  Dennebolle het in Babel, Egipte en Griekeland skakeling tussen die fisiese en geesteswêreld gesimboliseer.   Dit was egter Egipties van oorsprong en was die simbool van Osiris, die Egiptiese Messias, wat vir sy mense gesterf en wie se moeder, Isis, daarna vereer is.   Die Vatikaan beskik oor die grootste dennebol simbool ter wêreld.   Dit het eeue lank ʼn fontein in Rome langs ʼn tempel vir Isis versier en is later van jare na die Vatikaan verskuif.

7.   Skakeling met dooies

Die RK maak haar ook aan die gruwel van nekromansie, skakeling met dooies, skuldig.    Bose geeste doen hulle dikwels as die geeste van ontslapenes voor en verskyn selfs aan mense, selfs as die maagd Maria.   Hierdie Maria-demoon doen haar as  die geseënde moeder van Christus voor maar is in werklikheid ʼn bose gees.  Verskynings van haar betower pouse, kardinale, biskoppe, priesters en lidmate deur die eeue.  Jesus waarsku: “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen...” (Joh.8:44).

8.   Geheimsinnigheid

Babilon se ganse godsdiens het om die as van geheimsinnigheid gedraai.   “en op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe:  Verborgenheid, die groot Babilon,  die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (Openb.17:5).   Die RK maak geen geheim van haar geheimsinnige karakter nie.   Selfs haar ampstaal is in ʼn verborge taal (Latyn) wat deur min mense verstaan word.   Niks in die RK is oop en bloot soos in Protestantse kerke nie.  Alles is in verborgenheid gehul.  Nee, gelowiges beoefen nie verborgenhede nie.  Geheimsinnigheid verberg gewoonlik bose dinge.  In Protestantse kerke is alles helder en duidelik. 

Wanneer Paulus aan gelowiges oor die “verborgenheid van die ongeregtigheid” (2 Thess.2:7) skryf, verwys hy waarskynlik na Babiloniese verborgenhede wat toe alreeds in sekere Christelike kringe kop uitgesteek het.   Die leer van hierdie geheimsinnige teëparty is nie openlik die kerk ingedra nie, maar is toe al in die geheim beoefen om mense van die eenvoud van die Christelike geloof te vervreem.   Die RK sou dit later openlik beoefen!

Rome gebruik Latyn as kerktaal omdat hierdie taal hom taalkundig daartoe leen om geheime betekenisse in ʼn onskuldige teks te versteek.  Dit klink uiteraard ook geheimsinnig en prikkel mense se nuuskierigheid.   Latyn het ongelukkig ʼn deur vir die satan in die RK geopen soos uit haar Paasfees-jubellied duidelik is.   In Engels vertaal lui hierdie bose lied as volg:

Flaming Lucifer finds Mankind, I say: Oh Lucifer who will never be defeated, CHRIST IS YOUR SON!  Who came back from hell, shed his peaceful light and is alive and reigns in the world without end."

Toe die RK eeue gelede in Noord-Afrika gevestig is, het Rome botweg geweier om inheems te word en met Latyn as kerktaal volhard.   Niemand het dit verstaan nie.  En so het die satan verhoed dat die Evangelie van verlossing in Christus verlorenes bereik en kon Islam later hierdie lugleegte vul.

Rome is ook al eeu lank vir haar dig-sang  (Engels: chanting) bekend.  Sy beskou dit as ʼn geestelike musiekvorm wat mense deur gebedsbegeestering van hulself laat vergeet om God te verheerlik.   Dig-sang is egter nie eie aan Rome nie.  Hekse en heidene gebruik dit ook om krag aan hulle toorkuns te verleen.

9.   Die vagevuur

Die leer van die vagevuur is ʼn ernstige vergryp wat by Rome se dwaalleer oor boetedoening aansluit.   Rome verkondig dat die straf op sonde by wyse van die vagevuur verlig kan word.   Hierdie weersinswekkende leuen was een van die groot aansporings om die Hervorming te loods.

Met die leer van die vagevuur verkondig Rome dat indien ʼn lidmaat sterf en nie vir die hemel gereed is nie, hy vir ʼn bepaalde lank in ʼn nadoodse vuur gereinig word totdat hy reg is om hemel toe te gaan.   God bepaal self die tydsduur van hierdie reiniging.

Sou mense egter vir die RK geld gee, kan priesters op gesag van die pous vir so ʼn siel bid waarna God die tydsduur van sy pyniging verkort.   Dit word aflate genoem.  Die Petrus-kerk in die Vatikaan is eeue gelede op so ʼn bedrieglike wyse gebou.   Alhoewel die RK ontken dat aflate nog steeds betaal word, het sy nog nooit hierdie dwaling herroep nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 750 gaste aanlyn