Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die liefde reken die kwaad nie toe nie...
NUWE VIRUS-NAVORSING (SLOT)
Alhoewel knoffel sedert antieke tye vir sy medisinale doeleindes gebruik is, het die verkenning van sy aktiewe bestanddele eers onlangs begin.
Die doel van spesifiek hierdie navorsing was om die potensiële antivirale effekte van knoffel en sy OSC's op te som en uit te lig met die fokus op onderliggende werkingsmeganismes.
Die OSC's (die aktiewe organiese swaelverbindings) van knoffel wat die belangrikste bioaktiewe bestanddele is, is ook verantwoordelik vir die skerp reuk daarvan. Meer as dertig swaelbevattende verbindings wat aan hoof chemiese klasse behoort, kom in knoffel voor. Alliin is die swaelverbinding wat die meeste voorkom in vars en droë knoffel. Alliin kan vinnig omskakel in allisien wanneer vars knoffel gekap, fyngemaak, gekneus of gekou word.
Knoffel bevat ook nie-swaelbestanddele, insluitend lektiene, flavonoïede (kaempferol, quercetin en myricetien), polisakkariede steroïede, saponiene, vetsure (lauriensuur en linoleïensuur), verskeie ensieme, vitamiene (bv. A, B1 en C) , minerale (bv. Ca, Cu, Fe, K, Mg, Zn en Se) en aminosure.
Allisien is bevind as een van die belangrikste OSC's; een van die hoofverbindings wat verantwoordelik is vir antivirale werking, anti-inflammatoriese, antioksidante en ander farmakologiese eienskappe. Allisien self is baie onstabiel en kan in-vitro in ander OSC's ontbind word. Daarom is die mees effektiewe wyse om knoffel vir terapeutiese doeleindes in te neem, deur elke 24uur sowat 8g (2 groot huisies) in baie klein stukkies te sny en met voedsel af te sluk sonder om dit te kou. Moet dit nie laat staan nadat dit gesny is nie, die allisien is na sowat 10 minute nie meer aktief nie.
Pre-kliniese ondersoeke van knoffelekstrak het antivirale aktiwiteit teen 'n wye reeks virusinfeksies getoon. Kliniese proewe op verskillende kommersiële knoffelpreparate het ook getoon dat knoffel ‘n beduidende terapeutiese rol in verskeie virale infeksies speel soos verkoue en griep, virale-geïnduseerde hepatitis, virale geassosieerde vratte, sowel as immuunversterkende aktiwiteit in virale besmette pasiënte.
Knoffel is tradisioneel as 'n kruiemedisyne gebruik om verskeie aansteeklike siektes te behandel, insluitend verkoue/griep en ander virusinfeksies. Hedendaagse farmakologiese ondersoeke van verskillende knoffelekstrakte en sy geïsoleerde OSC's het die waarde van knoffel se etnomedisinale gebruik in verskeie virusinfeksies bevestig.
Die lys van die spesies en familiename van die virusse waarteen knoffel en sy OSC's aktief is, sluit in griep en respiratoriese infeksies (griep, para-influenza, koronavirus, ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus, prosiene voortplantings- en respiratoriese sindroomvirus, rhinovirus, masels, newcastle en adenovirus), immuunonderdrukking (menslike immuniteitsgebreksvirus, retikuloendotheliosis virus), genitale herpes infeksie (herpes simplex virus, sitomegalovirus), neurologiese infeksie (coxsackie B, echovirus, enterovirus), gastroïntestinale infeksie (vark rotavirus, rotavirus), plant infeksies (aartappel Y virus, tamatie gevlekte) verwelkvirus, wingerdblaarrolletjie) en ander siektes (denguevirus, hepatitis A-virus, vacciniavirus).
Ten slotte is daar nog een eienskap van knoffel wat van onskatbare waarde is, naamlik sy vermoë om bloedsuiker vinnig te laat daal. Daar is bevind dat die inname van veral rou knoffel maar ook knoffelpille, bloedsuikervlakke binne minute beïnvloed en dit drasties afbring. Indien dit korrek gemeet en streng gekontroleer word, kan ‘n diabeet grootliks daarop staat maak.
Die laaste vraag is of ‘n mens te veel knoffel kan inneem. Daar is bevind dat 30g per kilogram liggaamsgewig per 24 uur aan oorskryding grens. En wie kan so ‘n groot klomp inneem? Dus is dit veilig om selfs vier maal en meer, per 24 uur, bloedmonsters te neem en seker te maak dat u bloedsuiker konstant bly met elke dosis van 8g.
Gebruik die natuurlike geneesmiddels wat God ons gegee het en voer ‘n gesonde leefstyl sover moontlik sonder die toevoeging van chemiese middels wat die liggaam vernietig!