Ons het gesien dat met die eerste kruistog was die Mohammedane verdeeld, daarom kon die kruisvaarders hulle verslaan. Maar dinge was nou besig om te verander.
Die Mohammedane was baie ontevrede omdat die kruisvaarders so 'n groot deel van hulle land verower het. Hulle wou die kruisvaarders uit Palestina uit verdryf.
Die Mohammedane het toe besluit om nie meer onder mekaar te stry en te verskil nie, maar om eerder saam te staan en die vyand uit hulle land te verdryf. Hierdie vereniging noem ons die "Jihad" of Heilige Oorlog. Vir die Mohammedane het die stryd teen die kruisvaarders ook nou 'n Heilige Oorlog geword.
Die Mohammedane het eers vir Edessa aange-val, en die kruisvaarders van Edessa verslaan in 1144.
Die mense van Europa het egter nie stilgesit nie. Pous Eugenius III wat toe Pous was, het die konings van Frankryk en Duitsland gestuur om die kruisvaarders te help. Dit was die tweede kruistog.
Ongelukkig het dit met die tweede kruistog nie so goed gegaan as met die eerste kruistog nie. Hierdie keer het die Mohammedane die kruis-vaarders verslaan.