NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jaloesie is 'n perd wat deur die duiwel gery word. Dit kyk altyd deur 'n vergrootglas wat nietige dingetjies groot laat lyk – dwergies word reuse en in jou sieke jaloesie glo jy jou agterdog is die waarheid.

DIE DERDE WÊRELDOORLOG ... IN DIE NAAM VAN GOD

Dr Danie Theron

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie... – Matt 7:21

Nie almal is bekend met die uitlatings wat agter die skerms en in privaat gesprekke gemaak is ná die gebeure op 11 September 2001 in New York nie.

Behalwe dat ‘n groot leuen verkondig word oor wat werklik daardie dag gebeur het toe onder andere drie (ja, nie twee nie) toring-geboue na benede getuimel het, en daarby wie werklik daarvoor verantwoordelik was, het verskeie gebeure ontvou wat nou eers behoorlik ontleed kan word.

President George W Bush, die VSA-president op daardie stadium, was volgens sy eie weergawe ‘n wedergebore evangeliese Christen. In ‘n ontmoeting in 2003 met senior Palestynse leiers het hy te vertelle gehad dat hy op ‘n “missie vanaf God” is met die inval in Afghanistan en Irak.

Volgens Nabil Shaath, die Palestynse minister van Buitelandse Sake, het Bush gesê:

“I am driven with a mission from God. God would tell me ‘George go and fight these terrorists in Afghanistan’, and I did. And then God would tell me ‘George, go and end the tyranny in Iraq, and I did.”

Sedert die 1980’s het ‘n groep wat bekendstaan as “fundamentalist evangelical Christians” hulle greep op die Republikeinse party in die VSA gekry. Hulle is geleer om Moslems te haat, om militant te wees en oorlog te stook teen wat hulle beskou as “infidel Muslims”.

Teen 2001 was hierdie godsdienstige groep die vinnigste groeiende in die VSA met 90 miljoen lede. Hulle was orals stewig gevestig en het in die einste Bush die president gehad. Hierdie “Christelike herlewing” het die geldmagte soos ‘n handskoen gepas.

Die oorloë wat ná 9/11 deur die VSA geloods is, was dus vanuit hierdie perspektief gedoen – ‘n oorlog deur die Christendom teen Islam. Bush het ook aan Jacques Chiraq in 2003 vertel dat Gog en Magog in die Midde-Ooste verslaan moes word. Sy gesag was die Bybelse boeke Genesis, Esegiël en Openbaring!

Bush het aan Chiraq gestel:

“This confrontation is called by God, who want to use this conflict to erase His people’s enemies before a New Age begins.”

Wat Bush nie aan Chiraq vertel het nie was dat hy, net soos sy pa, ingelyf was in ‘n okkultiese geheime organisasie bekend as die Skull and Bones te Yale Universiteit. Die werklike naam van hierdie organisasie is The Brotherhood of Death.

Elke lid van die Skull and Bones het ‘n kodenaam en moet ‘n sataniese ritueel ondergaan by sy inlywing. Bush se pa se kodenaam was Magog.

Bush het egter net ‘n fraksie van die verhaal aan Chiraq vertel. Die oorlog deur die ganse Moslem-wêreld was bedoel om ‘n radikale en fundamentalistiese Moslem-reaksie dwarsdeur die wêreld te ontketen.

Proteste en oorloë het uitgebreek in Tunisië, Yemen, Libië, Bahrein, Kuweit, Jordanië, Irak, Morokko, asook in Myanmar, Indonesië en Pakistan.

Wat aanvanklik vir hoopvolle Moslems gelyk het na die herstel van ware demokrasie het gou ontaard en sy ware kleure getoon – die gryp van mag deur ‘n geheime organisasie in die Moslemwêreld bekend as die Muslim Brotherhood.

In 2007 het Ramsy Clark, ‘n voormalige VSA-prokureur-generaal die volgende gesê:

“The US government ‘s need for an enemy, its search for new enemies is really a way of uniting the country, covering its real motives and appealing for patriotism that is called the last refuge of the scoundrel. Patriotism is not the real motive. The real motive is domination and exploitation, and to get away with it you have tot have a rallying ground, an enemy.”

Osama Bin Laden, Islamietiese Jihadiste, Al Quaeda en ISIS, almal produkte van Amerikaanse Intelligensie (die CIA), in samewerking met die Muslim Brotherhood. In dié proses is ‘n oorlog tussen Sunni en Sjihietiese Moslems ontketen.

Hierdie “godsdienstige oorlog” moes die tafel dek om die beheer oor die olie van die Midde-Ooste te kry en hierdie state só deur innerlike konflik te verswak dat dit geen gevaar vir Israel sou inhou nie.

Nou is dit so dat die VSA se oorloë in die Midde-Ooste en deur die ganse Moslem-wêreld ‘n ernstige knou begin kry het met die toetrede van Rusland en die feit dat state soos Turkye en Saoedi-Arabië duidelik nie na die pype van die VSA dans nie.

ISIS of IS, bewapen en opgelei deur die VSA en die Israeliese Mossad, is duidelik besig om die oorlog in Sirië te verloor. Amerikaanse planne word nou ernstig in die wiele gery.

Die Nuwe Wêreldorde van David Rockefeller en die Heilige Oorlog van George W Bush het die wind van voor gekry!

Intussen word die burgers van die VSA en die hele mensdom aan die neuse rondgelei met satanies-geïnspireerde leiers wat God se naam misbruik vir hulle diaboliese doelstellings.

Dalk het die Derde Wêreldoorlog reeds begin. Onder ons neuse. Want die spanning in die Midde-Ooste en elders laai daagliks op. En die mensdom word meegesleur omdat hulle nie hulself wil vergewis van die ware feite nie. Ja, omdat hulle nie die gawe van onderskeiding wil besit nie!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2061 gaste aanlyn