Dr Pieter Swart
Kennis is geneem dat Zimbabwe nou weer sy eie geld gaan druk. In 2008 het Zimbabwe se ekonomie heeltemal in duie gestort nadat hiperinflasie die Zim-dollar tot by ‘n punt gebring het waar 10 triljoen Zim-dollars gelykstaande was aan een Amerikaanse dollar.
Nou ja, dit is waar dat Zimbabwe seder die Swart oorname in 1980 tot mislukking gedoem was maar wat buite rekening gelaat word is dat vir minstens 20 jaar die Zim-dollar tog ‘n mate van waarde behou het. Wat het dan skielik in 2008 gebeur?
Dit is in die buitelandse valutamark dat ‘n geldeenheid baie wankelrig word as gevolg van manipulering deur spekulante.
Zimbabwe se ekonomiese krisis het inderwaarheid in 2001 werklik ontstaan toe dit nie sy lening aan die IMF (Internasionale Monetêre Fonds) kon betaal nie en die IMF geweier het om Zimbabwe te herfinasier. Zimbabwe kan nêrens elders geld leen nie en sy regering het toe sy eie Zim-dollars gebruik om VSA-dollars te koop op die buitelandse valutamark.
Daardie VSA-dollars is toe gebruik om die IMF-lening terug te betaal en om sy “krediet-gradering” te probeer herstel.
Die sentrale bank van Zimbjabwe het toe met die tameletjie gesit dat spekulante al meer Zimbabwe dollars geëis het vir ‘n Amerikaanse dollar wat ‘n devaluasie van Zim-dollars as onmiddellike gevolg gehad het. Hoe meer VSA-dollars Zimbabwe wou koop, hoe duurder het die VSA-dollars geword!
Wat onthou moet word is dat inflasie vanaf 1980 tot 2000 onder 10% gebly het maar skielik het dit gestyg na 500 000%!
Om op só ‘n wyse ‘n aanval teen ‘n land se geldheenheid te loods is niks anders nie as “warfare by onther means”. Dit is ‘n bekende strategie wat dwarsdeur die geskiedenis gedoen is. So, Zimbabwe moes al meer geld druk (dit beteken die geldvoorraad verhoog) om Amerikaanse dollars te koop. Dit beteken inflasie verhoog.
In 1992 het George Soros se verskansingsfonds (hedge fund) die Britse pond na benede laat tuimel. Hierdie fonds het die tegniek van”short-selling” gebruik en 10 biljoen Britse pond “kort” gekoop. Die Bank van Engeland was verplig om die pond te devalueer en Soros het na raming $1,1 biljoen uit dié episode gemaak. In 1997 het die Ministerie van Finasnies in Engeland die koste van hierdie episode op 3,4 biljoen pond bereken.
Die Zim-dollar is toe sommer deur Mugabe “afgeskaf” en het Zimbabwe sommer die VSA-dollar begin gebruik. Nou wil Zimbabwe weer sy eie geldeenheid hê.
En dalk het ons weer een van die dae ‘n situasie dat almal in Zimbabwe triljoenêrs is – skatryk ja! Maar nie genoeg om ‘n brood te koop nie!