MUGABE SE GRAFSKRIF...

ʼn Gepaste grafskrif vir Robert Mugabe

Ds Andrè vd Berg

As ek vir Robert Mugabe ʼn grafskrif kon ontwerp, sou dit as volg lees:

ROBERT GABRIEL MUGABE

Geb. 21 Febr. 1924 Oorl. 6 Sept. 2019

TOONBEELD VAN VERSTEENDE WRAAKSUG

Robert Mugabese wraaksug was die hoofrede dat ʼn eens voorspoedige land tot ʼn bankrotplaas omgeploeg is. Toe Zimbabwe van eienaar verwissel het, was ʼn eietydse hel onafwendbaar. Die skynbaar vreedsame oorgang na ʼn goddelose regering het spoedig sy ware kleure getoon toe misdaad ʼn plesiertog van vernietiging geword en soos ʼn doodsengel deur die land getrek het. Dit was immers deel van die nuwe regering se politieke mondering waarin vryheid chaos met nuwe beligting skyn te wees.

Mugabe se openbare toesprake het van meet af aan in die sous van rassehaat verdrink. Dit het daartoe bygedra dat Zimbabwe aan die onderpunt van die voedselkettingbeland het.   Die meganisme om landboukundig te produseer, is tot skroot afgetakel. Hy het sy mense gebreinspoel om kolonialisme en derhalwe blankes die skuld gegee vir alles wat toe in die land verkeerd geloop het. Hierdie slagoffer-sindroom is eie aan Afrika.

Mugabe het sy amp as ʼn persoonlike besitting geag en sy land met ʼn kultuur van onbevoegdheid, onwaardigheid en eerloosheid besmet. Dat hy openlik belastingbetalers se geld as ʼn persoonlike kitsbank gebruik het, het sy ondersteuners skynbaar nie gehinder nie. “They admired the hand of power” soos ʼn Britse verslaggewer geskryf het.

Mugabe was soos ʼn bloekomboom; groot in omvang, maar met niks wat daaronder gegroei het nie. Hy was ʼn derde-wêreldmens. Derde-wêreldmense

kan mekaar nie tot die vlak van eerste-wêreldstandaarde ophef nie. Mag Mugabe se droewige nalatenskap ʼn ernstige waarskuwing aan alle Afrika-regerings wees om hul eie mense liewer te hê as om blankes te haat!