NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gelowige volksleiers het ‘n sterk sin vir reg en geregtigheid wat nie deur wette bepaal word nie, maar deur die Woord van God en die lewens-insig wat Hy aan gelowiges gee.  Gevolglik kan ‘n gelowige volksleier hom nie met ‘n teenstrydige waardesisteem versoen nie.   Hy laat hom nie deur onregsdienaars beïnvloed nie en lei eerder self onreg as om volksgenote te veronreg.

DIE KEISER IS KAAL!

“Plaaslik word hier ook groot voorbereidings daarvoor getref. Die Rothschild-stigting het pas een van sy lede, Martin Kingston, as nuwe uitvoerende voorsitter van die raad aangestel. Kingston het aan die media gesê die Business for SA Initiative bestaan uit sewe werksgroepe wat nou saam net die ANC-regime werk betreffende ekonomiese sake en dat die land geen ander keuse sal hê as om ‘n “aggressiewe ekonomiese herstrukturering” na afloop van die virus-sage te ondergaan nie. Dit gaan onder andere meebring dat privaatbesit grootliks afgeskaf gaan word. “

"Die Geldmag hou egter nie rekening met die Afrika-kultuur van roof, moor en vernietig nie. Nog minder met die bandeloosheid en onbetroubaarheid. Soos die ANC pas uitgevang is dat hulle die kospakkies wat vir die mees behoeftiges bedoel was, gesteel en selfs verkoop het, so sal hulle ook nie in staat wees om gehoorsaam aan groter magte oor hulle te wees nie. Hulle sal voortgaan om van die minder bevoorregte lede van hul eie volke te steel en een of ander tyd sal daardie situasie soos ‘n sweer oopbars."

Lees hierdie kort voorafgaande verhaaltjie sodat u beter kan begryp in watter noodtoestand ons volk en land verkeer.

DIE KEISER SE NUWE KLERE

Baie jare gelede was daar ‘n keiser wat so lief was vir nuwe klere dat hy amper al sy geld net aan klere en tooisels bestee het. Hy het elke uur van die dag ander klere aangetrek. So erg was dit dat sy mense hom die bynaam “Keiser van die Klerekas” gegee het.

Baie besoekers het na sy hoofstad gekom want dit was ‘n aangename plek. Een dag kom daar twee bedrieërs wat voorgee dat hulle sulke pragtige stof vir klere kan weef. Dit was ‘n wonderlike stof, met pragtige kleure en mooi patrone, en wat bowendien die eienskap besit het dat iemand wat dom en onnosel is, of nie geskik vir sy amp is nie, dit nie kon sien nie.

Die keiser was verruk. Sulke klere moes hy hê want dan sou hy sommer te wete kom wie van sy ministers onbekwaam was en wie van sy dienaars dom en onnosel is. Hy huur dan ook die twee bedrieërs om vir hom van die wonderlike stof te weef en betaal hulle ‘n groot som vooruit.

Die twee rig twee weeftoue op en spring kastig dadelik aan die werk maar daar was geen enkele draad op die toestelle nie. Hulle vra by die keiser die kosbaarste sy en die fynste gouddraad, maar steek alles in hul eie sak. Tot laat in die nag werk hulle voor die leë weeftoestelle.

Nadat hulle ‘n paar dae besig was, word die keiser darem baie nuuskierig om die nuwe stof te sien. Maar sê nou hy gaan kyk en hy kan dit self nie sien nie! Hy is nou wel nie dom en onnosel nie, maar hy sal liewer eers iemand anders stuur om te gaan kyk. Intussen het al die mense in die stad van die wonderlike stof gehoor, en almal wou graag weet wie van hulle bure nou eintlik dom en onnosel was.

Die keiser besluit toe om sy oudste minister te stuur.

“Hy sal my die beste kan vertel hoe die stof lyk want hy is ‘n man met verstand en daar is niemand meer bekwaam vir sy amp as hy nie.”

Toe die ou minister in die kamer kom waar die twee bedrieërs voor die lee weeftoestel sit, rek sy oë wyd, en hy sê by homself:

“Goeie genade! Ek sien dan niks!”

Maar hy sê geen woord aan die twee bedrieërs nie. Hulle wink hom nader, wys hom kastig die pragtige stof en beskryf die mooi kleure en die pragtige figure in die stof. Maar hy sê niks en dink net by homself:

“Ek is tog nie dom en onnosel nie! Ek is tog nie onbekwaam vir my amp nie! Ek kan mos nooit as te nimmer gaan vertel dat ek nie die stof kon sien nie!”

“En wat dink u daarvan?” vra die twee bedrieërs.

“O, dis pragtig!” roep die ou man uit. “Die mooiste wat ek ooit gesien het! Kyk die patrone... en die kleure!” En hy sit sy bril op om kastig beter te kan sien. “Die keiser sal hoog in sy skik wees.”

Die ou minister het fyn geluister toe die twee bedrieërs die stof se kleure en patrone beskryf en het dit net so aan die keiser gaan oorvertel. Daarna het die twee bedrieërs nog meer geld en sy en gouddraad gevra, maar die weeftoestelle het leeg gebly en hulle het alles in hul eie sak gesteek.

‘n Rukkie daarna stuur die keiser een van sy ander bekwame amptenare om te gaan kyk hoe die werk vorder. Ook hy kon niks sien nie, want daar was niks om te sien nie; maar eerder as om te erken dat hy onnosel en onbekwaam was, het hy teruggegaan en aan die keiser ‘n lewendige beskrywing van die wonderstof gegee.

En toe het die keiser gedink dis nou vir hom veilig om self te gaan kyk. Met twee van sy bekwaamste amptenare en al die groot manne van sy ryk het hy die twee bedrieërs besoek. “Kyk tog, u Majesteit,” het die twee amptenare uitgeroep toe hulle die kamer binnekom, “kyk net hoe pragtig!” En met hul vingers het hulle na die leë weeftoestelle gewys.

“O aarde!” het die keiser gedink. “Ek sien dan niks! O genade, is ek dan dom en onnosel? Nee, dis onmoontlik!” en hy roep kastig verruk uit: “O, dis ‘n wonderwerk!”

Almal kyk en kyk, almal sien niks, maar om nie vir dom en onnosel aangesien te word nie, skreeu almal:
“Is dit nie pragtig nie! U Majesteit moet die stof more in die groot optog dra.”

Die keiser was so bly dat hy die twee bedrieërs elkeen ‘n medalje gegee het en hulle tot “Wewers van die Keiserlik Hof” verhef het.

Die nag het die wewers kastig tot laat aan die keiser se nuwe klere gewerk, en die volgende oggend het hy met sy gevolg gekom om dit aan te trek. Die twee bedrieërs het hul arms uitgestrek en gemaak of hulle die klere voor hom hou.

“Kyk, hier is die kouse en die baadjies, en hier is die mantel. Dis so lig soos spinnerak. Dit sal vir u Majesteit voel of u nie eens klere aanhet nie!”

“Natuurlik! Natuurlik!” beaam al die howelinge.

Die twee bedrieërs laat die keiser al sy eie klere uittrek en maak of hulle die nuwe klere vir hom stuk vir stuk aantrek. Toe hulle klaar is, kyk na homself in die spieel en sê:
“Dis ‘n pragtige pak, dit sit piekfyn”.

En sy howeling skreeu almal: “Kyk tog die patrone! Kyk die kleure!”

En toe optog deur die strate gaan, sê al die mense vir mekaar:
“Aarde, maar die keiser se klere is mooi!”

Want niemand wou graag vir dom en onnosel aangesien word nie.

Maar toe hoor hulle ‘n klein stemmetjies van ‘n kindjie sê:
“Maar hy het dan niks aan nie!”

En toe die mense onder mekaar fluister: “Hy het niks aan nie” sê die dogtertjie se vader: “Ag, sy weet nog nie wat sy praat nie.”
Maar nie te lank nie of die skare skreeu:

“Kyk, hy het regtig niks aan nie!”

Die keiser skrik toe hy dit hoor, maar hy hou sy kop hoog en stap maar aan, en agter hom kom sy howelinge wat kastig sy sleep dra wat daar nie is nie!

---00o00--

Hierdie is ‘n ou verhaaltjie deur Hans Anderson wat in die Afrikaanse Kinderensiklopedie in die vroeg sestigerjare verskyn het. Ons ouer lesers sal dit seker nog goed onthou. Vandag kan ons dalk vir die eerste maal die werklike les daarin begryp gegewe ons huidige omstandighede.

Ons volk, die goedvertrouende keiser, was ‘n bevoorregte volk wat nie net alles gehad het wat nodig was nie maar ook in die welvaart geleef het wat dr HF Verwoerd ons nagelaat het. Ons kon meer as een maal per dag nuwe klere aantrek...

Maar toe kom daar sommer ‘n paar bedrieërs wie se invloed so ver gestrek het dat ons volk en ook die meeste van die ander burgers in hierdie land alles geglo het wat hierdie bedrieërs aan hulle opgedis het. Die strewe van die bedrieërs was om hulself te verryk en met hoë aansien behandel te word. Vir R45 miljoen en ‘n gedeelde Nobelprys het hulle die volk belieg en verraai. Verder is ook die volk se welvaart stuk vir stuk gesteel. Ons land se ondergrondse rykdomme is geplunder, belastings, brandstofpryse en alle lewenskostes is verhoog, tolpaaie is opgerig en die inkomstes daaruit verkwansel. Elke bekombare stukkie fyn spinstof en gouddraad het hulle in hul eie sakke gesteek...

Ons volk en die meeste ander burgers het gesien hoe ons beroof en al kaler word maar ons het besluit om liewer ons oë daarvoor te sluit deur met alles saam te stem sodat ons lekker dinge kan doen in plaas daarvan om met moeite en kommer die waarheid na te jaag. Ja, dit was baie lekkerder om die rugbyafgod te dien as om betrokke te raak in die uitputtende stryd om die waarheid waarvan ons in alle geval nie veel geweet het nie – ons volk gaan ten grond as gevolg van ‘n gebrek aan kennis want ons lees en vors nie meer ‘n saak na nie. Die optog in die straat was baie meer opwindend en almal wou eerder daar wees...

Maar daar was altyd ‘n klein groepie wat die waarheid raakgesien het omdat God hulle oë oopgesluit het daarvoor. Ongelukkig het hulle waarskuwings tot nounog op dowe ore geval, anders as in die verhaaltjie waar die massa mense die klein dogtertjie se opmerking duidelik gehoor en daarop reageer het. Intussen stap die keiser steeds kaal deur die straat en word hy verneder en gespot...

Ons staan vandag reg voor ‘n geopende deur waardeur ons forseer sal word om te stap, ‘n deurtog waarvan daar nie omdraaikans sal wees as ons eers aan die ander kant is nie. Die Wêreldgeldmag is besig om sy lang-gekoesterde, diaboliese plan deur te voer. Hy wil beheer oor die volke en state van die wêreld kry sodat hulle almal onder beheer van die Een Wêreldregering sal wees, waar hulle geen mag oor hulself sal kan uitoefen nie en gedwing sal word om die satan te dien. En dít is geen oordrywing nie, die mense besef dit net nie! Elkeen wat iets (met sy eie geld waaroor hy nie self beheer sal hê nie) sal wil koop of iets wil verkoop, sal verplig wees om eers die merk van die dier (satan) soos ons in Openbaring gewaarsku word, te ontvang, en dit deur middel van die eenvoudige proses van inenting teen ‘n virus waartydens ’n mikroskyfie saam ingespuit word. Daarmee is jou siel oorgeteken aan die satan en is jy ná jou dood die ewige lewe saam met Christus kwyt – lees gerus in die Bybelboek Openbaring daaroor.

Die Australiese owerheid het reeds sy burgers meegedeel dat geen persoon in die toekoms, wanneer die korrekte inentstof teen Covid-19 beskikbaar is, uit sy huis mag kom indien hy nie die inenting ontvang het nie. En dink tog vir geen oomblik dat die owerheid oor die gesondheid van die individu besorg is nie – dit gaan slegs om die hele wêreld vir beheer deur satan en sy trawante, voor te berei.

Plaaslik word hier ook groot voorbereidings daarvoor getref. Die Rothschild-stigting (Geldmagmeesters)het pas een van sy lede, Martin Kingston, as nuwe uitvoerende voorsitter van die Raad oor Suid-Afrika aangestel. Kingston het aan die media gesê die Business for SA Initiative bestaan uit sewe werksgroepe wat nou saam net die ANC-regime werk betreffende ekonomiese sake en dat die land geen ander keuse sal hê as om ‘n “aggressiewe ekonomiese herstrukturering” na afloop van die virus-sage te ondergaan nie. Dit gaan onder andere meebring dat privaatbesit grootliks afgeskaf sal word.

Daar is ook gesê dat Suid-Afrika R130 biljoen sal moet bydrae tot die R500 biljoen “ virus-begroting” waarvan die balans deur IMF, die Wêreldbank en ander internasionale finansiële instansies aan Suid-Afrika geleen word. Daar sal sekerlik eerste na pensioene as bron vir ons deel gekyk word voordat die keiser verder van sy laaste bates beroof word .

In hierdie proses gaan die Suid-Afrikaanse regering nog verder ‘n slaaf van die geldmeesters word en sal hulle geen ander keuse hê as om elke opdrag uit te voer oor hoe om hierdie land se rykdomme asook die individu se besittings aan die reeds superrykes, die Illuminati, te besorg nie. En as u dink dit klink baie soos die Kommunistiese stelsel is u nie ver verkeerd nie; die Globalisme het in plek van die Kommunisme gekom.

Die Geldmag hou egter nie rekening met die Afrika-kultuur van roof, moor en vernietig nie. Nog minder met die bandeloosheid en onbetroubaarheid. Soos die ANC pas uitgevang is dat hulle die kospakkies wat vir die mees behoeftiges bedoel was, gesteel en selfs verkoop het, so sal hulle ook nie in staat wees om gehoorsaam aan groter magte oor hulle te wees nie. Hulle sal voortgaan om van die minder bevoorregte lede van hul eie volke te steel en een of ander tyd sal daardie situasie soos ‘n sweer oopbars.

Moenie dat die vooruitsig op landswye plundering en totale anargie te midde van grootskaalse moordorgies u te droewig stem nie. As dit nie gebeur nie stap ons die geforseerde pad na onderdanigheid aan satan of alternatiewelik na ‘n hongerdood. Gebeur dit wel, is daar ‘n uitstekende geleentheid om al die onheile te help uitroei en met die genade van ons Vader ons land só te reinig dat Hy alleen weer in beheer sal wees van ‘n owerheid wat Hom dien en ‘n volk wat God se gebooie liefhet en nakom. Alleen dán, sal ons weer in veiligheid en voorspoed in hierdie mooi land voortbestaan.

Hierdie is geen samesweringsteorie nie, wel feite wat reeds op die tafel is waarvan die logiese uitvloeisels duidelik sigbaar is. Wees dan paraat, fisies, emosioneel en geestelik sodat u die regte besluite betyds sal neem!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1243 gaste aanlyn