Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk iemand wat die Here opreg dien? Ps 112 vertel ons: sy kinders en kleinkinders is ook Godvresend; sy besittings is altyd genoeg al is dit ook min; hy doen uit liefde barmhartigheidswerk; hy is altyd eerlik; sy vertroue op God laat hom alle storms moedig hanteer; hy deel God se liefde met ander; ander mense sien en praat oor sy liefde vir God.
DIE HONGER-PANDEMIE
Teen die einde van 2020 sal baie meer mense van honger, lyding en selfmoord gesterf het as wat die Koronavirus ooit kan doen. Dan sal ons dit ‘n werklike pandemie kan noem, die Honger-Pandemie. En hierdie pandemie sal nie die nuusdekking kry wat die virus kry nie want dit pas die Geldmag nie.
Intussen speel die geldbase nie net met menselewens nie maar ook met miljoene dollars. Dr Senator Scott Jensen van Minnesota het in ‘n onderhoud met Fox News lig gewerp op die growwe manipulasie in Amerika om geld te maak met Covid-19-pasiënte. Jensen sê elke hospitaal ontvang 13,000 US dollars as “subsidie” vir elke pasiënt wat met Covid gediagnoseer word. En as die pasiënt op ‘n ventilator geplaas word is die bedrag 39,000 dollars. Nou kan ons die histerie rondom die verskaffing van ventilators beter begryp asook die geweldige omvang van bedrog met die Covid-syfers.
Wat die Honger-Pandemie betref, dit is reeds goed op dreef met duisende mense wat hulle werk en behuising verloor het omdat hulle nie die paaiemente kon betaal nie as gevolg van die grendelstaat. Verder moet hulle raap en skraap om iets te ete te kry maar sonder inkomste is daar net een van twee: strate toe om te bedel of diefstal. Kan u dink hoe die straathoeke binnekort gaan lyk? Geen voertuig sal mettertyd waag om by robotte en stopstrate heeltemal tot stilstand te kom nie.
Nie eers die leuens en korrupsie rondom die 9/11-gebeure was so omvangryk soos hierdie virus-sage nie; daarom dat dit reeds wêreldwyd as “crimes against humanity” bestempel word. Hierdie aanslag is op ‘n ongekende groot skaal in die geskiedenis van die mensdom gepleeg. Slegs drie lande het hulle nie deur die waansinnige idee van ingrendeling laat mislei nie. Dit het gemaak dat hulle ‘n groot deel van hulle ekonomie en sosiale omstandighede beveilig het.
Is dit nie ‘n sataniese aanslag as die beyweraars van die Nuwe Wêreldorde besluit wie mag leef en wie moet sterf nie? Met hulle strewe van totale beheer oor die wêreld is hulle ook besig om die bevolkingsyfer drasties af te bring deur middel van hongersnode en giftige entstowwe. Een van die instansies wat hulle inspan om voedseltekorte te bewerkstellig is HAARP (High Frequency Active Auroral Research Program). Hierdie instansie is oorspronklik bedoel en gestig om die ionosferiese te ondersoek en dit tegnologies te ontwikkel tot voordeel van radiokommunikasie. Maar dit is nie waar dit gestop het nie. Hulle is nou volledig ingerig om weersveranderinge soos droogtes of vloede aan te bring waarvan beide bedoel is om oeste te verwoes, met ander woorde, beheer oor voedselverskaffing uit te oefen. Soos die groot Kommunis, Henry Kissinger gestel het: “Who controls the food supply controls the people – Who controls the energy can control whole continents; who controls the money can control the world.”
Die International Labor Organization (ILO) se verslag sê dat naastenby die helfte van die
wêreld se werkskrag naamlik 1.6 biljoen mense, tans sonder werk is. Dus is daar geen geld vir
kos, medisyne of ‘n dak oor die kop nie. Verhongering beteken uiteindelik vir miljoene mense
die dood.
Die New York Times (NYT) van 1 Mei 2020 berig dat daar in die VSA miljoene nuwe
werkloses is wat nog nie gelys is nie as gevolg van die onvoldoende stelsel wat nie al die
eise vinnig genoeg kan hanteer nie. Tel dit nou by die 27 miljoen gelysde werkloses beloop
dit ‘n astronomiese aantal mense in nood. Volgens die nuutste verslag van die Federale
Reserwe Stelsel sal daar teen die einde van 2020 ongeveer 50% werkloses in Amerika wees.
Dit sal hulle na dieselfde vlak bring waar miljoene ander reeds vóór die ingrendeling was:
vergete deur die samelewing en owerhede, te swak om selfs te bedel, met parasiete besmet as
gevolg van ‘n gebrek aan higiëne, by geen statistiek ingereken nie en besit geen identiteit meer
nie. En hoe langer die ingrendeling uitgerek word deur die superrykes, hoe meer mense sal in
hierdie hool van vergetenheid verdwyn.
Daarom kan ons weet dat daar ‘n groot poging sal wees om die inperking so lank as moontlik
uit te rek, minstens tot sogenaamde entstowwe volop verkrygbaar is. Want dan het die
Geldmag sy volgende doel bereik:
om mense met inenting te siek te maak en die mikro-skyfie daarmee saam in te spuit waarna u
‘n slaaf van die geldbase sal wees.
As ‘n laaste gedagte oor die Honger-Pandemie: tans sterf daar elke jaar rondom 9 miljoen mense aan hongersnood. Nou vertel David Beasley, besturende direkteur van die Wêreld Voedselplan (World Food Program – WFP) dat daar binne ‘n paar maande van nou af ongeveer 300,000 mense per dag kan sterf aan ‘n “Honger-pandemie”, soos hy dit tereg noem. Met hierdie syfers sal dit werklik ‘n pandemie genoem kan word, sonder al die leuens en korrupsie wat met Covid-19 gepaard gaan. In Italië waar die “pandemie” glo van die ergste ter wêreld was, het ‘n parlementslid, Vittorio Sgarbi, in die Parlement erken dat die getal Covid-sterftes van “25,000” ‘n leuen was. Daar is net 925 persone aan die virus dood. Die 24,075 ander mense is aan ander oorsake dood. Net soos Senator Jenson van Amerika en die parlementslid in Italië, sal meer lande moet erken dat leuens en korrupsie die dryfkrag van die virus-sage is, soos ook die CDC (Centres for Disease Control) se nuutste verslag aantoon:
“Most people are more likely to wind up six feet under because of almost anything else under the sun other than COVID-19. The CDC just came out with a report that should be earth-shattering to the narrative of the political class, yet it will go into the thick pile of vital data and information about the virus that is not getting out to the public. For the first time, the CDC has attempted to offer a real estimate of the overall death rate for COVID-19, and under its most likely scenario, the number is 0.26%.”
In Suid-Afrika was daar ook ‘n klein deurbraak toe ‘n regter van die Hooggeregshof uitspraak oor die ongrondwetlike reëls van die inperking gelewer het. Ons sal binne ‘n week of so hoor wat die ANC-regime daaraan gaan verander. Maar een ding kan ons weet: hoe langer die inperking duur, hoe meer mense gaan binne die volgende maande verhonger en op die strate eindig.
Maak maar reg vir ‘n regte pandemie, die Honger-Pandemie.