...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
In hierdie reeks van 4 artikels gaan Susan Brink van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging die euwel van die New Apostolic Reformation en sy vernietigende effek op die geloof van die Afrikaner deur predikers soos Angus Buchan toelig.
Die Kerkhervorming het in 2017 ‘n volle 500 jaar gelede plaasgevind. Prof dr AD Pont stel dit so: "Luther se optrede was 'n omwenteling wat beskryf kan word as 'n wekroep om die Bybel te lees soos dit opgeteken is en nie deur die bril van die Griekse heidense filosoof Aristoteles nie".
Gegewe die tradisionele Protestantse agtergrond van die Afrikaners, sou dit nie onvanpas wees om te verwag dat van dié Hervormingsgebeure in 2017 groot gewag gemaak sou word nie. Helaas, die Afrikaners ruk in hul duisendtalle op na Angus Buchan se It's Time 2017, die "Grootste biddag in SA-geskiedenis". 'n Persverklaring deur Buchan se Shalom Ministries lees as volg: "Suid-Afrika sal ná 22 April nooit weer dieselfde wees nie". Inderdaad! Want Buchan en andere het die Hervorming vervorm na die New Apostolic Reformation (NAR), 'n 'verchristelikte' variasie van die Grieks-mitologies en filosofies Prometheanse-geloof, waar kennis eerder as geloof die sleutel tot die saligheid is. In hierdie artikel word hierdie tragiese hoofstuk in die geskiedenis van die Afrikaner/Boervolk in oënskou geneem.
Dit sal huigelary wees om te ontken dat 'n mens stomgeslaan was by die aanskoue van foto's van etlike honderde duisende wat Buchan se It's Time-biddag buite Bloemfontein bygewoon het. Dit is egter onbekend presies hoeveel Afrikaners dit bygewoon het. Indien die Mighty Men-konferensies van 2008/2009 met onderskeidelik 60 000 en 150 000 mans waarvan nagenoeg twee derdes Afrikaners was, as barometer gebruik word, wil dit voorkom of weinig Afrikaners tuis gebly het. Dié vermoede word versterk deur die feit dat in teenstelling met Rapport, die Sunday Times nie 'n enkele woord oor die It's Time-biddag rep nie. Sover bekend was dit getallegewys die grootste byeenkoms in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Wanneer daar wel op Engels in ander publikasies na Buchan verwys word, lees mens alte dikwels dat dié Engelssprekende Skotse charismatiese evangelis, as "oom" Angus aangespreek word – hoekom? Hy is 'n sakpas susmiddel vir die Afrikaners wat die hoofslagoffers van die Nuwe Suid-Afrika is. Twee dae na dié biddag verskyn daar 'n berig in die Cape Argus, getiteld: "New laws to tackle commercialisation of religion in South Africa". Dié wetgewing beoog om wanpraktyke soos die eet van slange, drink van petrol, verkoop van geseënde water en olies, wonderwerk-bedrywighede, die misbruik van geldelike bydraes en natuurlik belastingontduiking hok te slaan.
In bogemelde nuusbrief verskyn 'n artikel getiteld, Angus Buchan & Andere – Die Kommersialisering van Jesus vir 'n Nuwe Wêreldorde. Dié artikel meld onder andere die volgende: Buchan sê, "my heart's desire is for all races to integrate". Die magdom persberigte oor Buchan se prediking, kulmineer in vryheid, gelykheid en broederskap, die teenstrydige begrippe en fynskrif van die universele en bevrydingsteologie. Buchan bedryf sambreel/universele/Eenwêreldgodsdiens, al het hy dalk nog nooit 'n voet in 'n Vrymesselaarslosie gesit nie – Loftus is naasbeste.
Die Mail&Guardian berig destyds dat 70 000 mense op Loftus gehoor het hoe Buchan dieselfde taal as die Knight of Malta en Kommunis, Madiba praat en dat Desmond Tutu en Buchan, Madiba se verjaardaggeskenke is. Die pers berig dat Buchan beskou word as 'n soort Messias, die dertiende Apostel, sommer net oom Angus en DE KATse Man van die Jaar 2008. Die artikel eindig met 'n paar vrae waaronder die volgende: Indien Afrikaners steeds van mening is dat ons 'n Protestantse volk is wat deur God se Wil in Suid-Afrika gevestig is, hoekom Buchan as geestelike leier volg en waarom wil ander om bestaansreg smeek by die onwettige kommunistiese regime en die Vrymesselaar/- Godloënaar 'Grand Lodge'-Verenigde Nasies?
Van wanneer af is die Buchans en Al Gores ons Messiase? (Na bewering is Al Gore die Vrymesselaars se Nommer Een, hul Messias en seun van Satan, wie tydens die 2000/2001 Amerikaanse Presidentsverkiesing gesê het, "I AM WHO I AM"). En laastens, hoekom klippe eet vir 'n aardse koninkryk, terwyl die brood van die Ewige koninkryk so oorvloedig is?
Die Kommunis, Lenin, het gesê: "Ons sal die mees vrugbare velde vir die infiltrasie van Marxisme in die godsdiens vind, omdat godsdienstige mense baie naïef is en maklik mislei kan word deur omtrent enigiets wat in godsdienstige begrippe geklee is". Die bevrydingsteologie van onder andere Tutu, die Wêreldraad van Kerke, die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, wat sedert die Cottesloe-kerkeberaad van 1960 deurgesuur het na die drie Protestantse Susterskerke, het uiteindelik in 1994 die kommunistiese Nuwe Suid-Afrika sonder 'n skoot gebaar.
Kortom, die Afrikaners het die Hervorming, hul geestelike bakermat waaruit die regverdiging vir apartheid gespruit het, geabdikeer. Nie sanksies, nie die bosoorlog, nie binnelandse terreur, níks maar niks anders was onoorkomelik nie. Die Kommunis en Knight of Malta Vrymesselaar, Nelson Mandela, van How to be a good Communist-faam, is deur hierdie abdikasie en bedrogvolle sosiale bevrydingsteologie in 1994 aan bewind gestel.
Chris Hani as sekretaris-generaal van die SA Kommunistiese Party, bevestig in 1991 dat: "We in the Communist Party have participated in and built the ANC. We have made the ANC what it is today and the ANC is our organisation". Die Africa Confidential berig in dieselfde jaar dat 72% van die ANC se National Executive, kommuniste was. In 1994 met die abdikasie van Luther se Hervorming, God drie-Enig uit die grondwet en die 'sondige' apartheid agter die rug, kom die resep van die sosialis, Ernst Bloch, in sy Atheismus im Christentum in werking: "Wanneer die Christene regtig die verlossing (of bevryding) van hulle wat vermoei en belas is nastreef, en wanneer dit by die Marxiste met hulle rewolusionêre strewe werklik gaan om die koninkryk van vryheid, ... dan sal die Christendom en die Marxisme saam die wêreld oorwin ...". Dít is wat Buchan se "Together as one" beteken en waarom Tutu onder die kommunistiese Hamer & Sekelvlag preek.
Hoe het Tutu et al. dit reggekry om die laaste groot Protestantse erfenis in die wêreld te vervorm en te verwoes? Dis nou nie dat ons sedert die eerste Engelsman in die Kaap voet aan wal gesit het, nie stryd op alle lewensterreine gevoer het nie. Na die sluipmoord op dr HF Verwoerd, het twee Maori's in 'n 1969 Nieu Seelandse rugbyspan egter die Afrikaners se Achilleshiel ontbloot. In die aangesig van 'n internasionale rugby boikot weens apartheid in sport, sou nie eens Luther se Hervorming stand kon hou nie. Loftus wás en ís steeds net te sentraal in die psige van die Afrikaners. As dit dan móét om internasionale rugby te behou, dan vervorm ons maar die hele Protestantse lewens- en wêreldbeskouing, kom wat wil. Terstond, verander die definisie van sonde om sodoende apartheid afgeskaf te kry en rugby weer sy regmatige plek op Loftus te verseker. Én, sy regmatige plek het rugby weer gekry. Tutu sê: "Is dit nie wonderlik as die hele skare vir Tendai Mtawarira op sy bynaam noem nie? Beast, beast, beast dreunsing almal gelyk. Dan's daar nie so 'n ding soos ras nie"!