...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
Nes Tutu deur sy belonings-instansies gekenmerk word as 'n Een wêreldgodsdiens-skepper, word Buchan geëien aan dié wie hom inspireer, wie hy bewonder, wie hom publisiteit verleen en sy mede 'apostels'. Net vyf word genoem, Billy Graham, Benny Hinn, Kathryn Kuhlman, TBN en Rick Joyner. Hierdie mense en TBN het ideologiese bande met die belonings-instansies van Tutu. Billy Graham, 'n Illuminati 33ste graad Vrymesselaar en Buchan se inspirasie as kind, was die wêreld se mees populêre evangelis. Hy was die voorloper vir 'n Eenwêreldgodsdiens en die eerste Protestant wat 'n ere doktorsgraad van 'n Rooms Katolieke Skool gekry het. Ook is daar na hom verwys as die Protestantse Pous! Op Paassondag in 1964 hou hy 'n United Evangelistic Rally in 'n sokkerstadion met die tema, The Great Reconciliation. Hy trek 35,000 waarvan die helfte Swart was. Hy was 'n groot vriend van Martin Luther King Jr en donateur van die Civil Rights Movement.
Hy propageer 'n onheilige bybel, waarin Die Onse Vader begin met: "Our Father/- Mother in heaven, hallowed be your name, your dominion come". Bill Clinton was sy vriend en elke keer as hy 'n president inseën, het hy daarop aangedring dat leiers van ander gelowe teenwoordig moet wees. Hy was 'n lid van die Wêreldraad van Kerke. Hy glo ook dat alle Jode "are engrafted into the Christian Church". WR Hearst, Katolieke Knight of Malta, se koerantgroep het hom 'n huishoudelike naam gemaak.
In 1978 verklaar hy: "I've found that my beliefs are essentially the same as those of orthodox Roman Catholics". Hy was 'n "Hybrid sorcerer, who was a Jesuit Catholic and satanic Freemason, like his family". Benny Hinn, vir wie Buchan bewonder, is 'n Knight of Malta Israelse televisie-evangelis. Hy is 'n valse profeet wat "miracle crusades' hou en uitgevang is as 'n leuenaar. Hy word saam met Billy Graham beskryf as: "King Pins of the Christian Mafia". Hinn is ook bekend vir sy liedjie, "I am the God that healeth thee ..."
Kathryn Kuhlman, 'n valse profeet, het direk aan die Pous rapporteer. "She was granted a Papal audience for her expertise in the occult arts ..." Billy Graham het haar ook gebruik om hom te help om Jesuïte in die Protestantse kerke te infiltreer. Angus Buchan skryf: "When I was a new Believer I got hold of a little book written by Cathryn Kuhlman called 'I believe in miracles'. It increased my faith greatly". Buchan sê dat op sy plaas Shalom het hul 'n spreuk: "One genuine miracle equals a thousand sermons".
TBN staan vir Trinity Broadcasting Network, die wêreld se grootste religieuse TV netwerk. Die Illuminati (Rockefeller/Rothschild et al.) beheer TBN en propageer valse evangelie. Geweldige publisiteit word aan Buchan verleen. Tydens sy byeenkomste gebruik Buchan die identiese Vrymesselaar-handtekens, as wat TBN se eertydse aanbieder, Paul Crouch, gebruik het. TBN propageer die Roomse "Marian apparatus" en bring Roomses en Protestante bymekaar – "Together in Unity". Buchan sê: "Together as one". Laastens, Rick Joyner van MorningStar Ministries. Joyner is 'n Knight of Maltawat die Pous vereer en mede SAApostolic Prophetic Conference-ganger van Buchan. In sy boek The Harvest skryf hy: "What is about to come upon the earth is not just a revival, or another awakening; it is a veritable (actual) revolution. The vision was given in order to begin to awaken those who are destined to radically change the course, and even the very definition of Christianity. The dismantling of organizations and disbanding of some works will be a positive and exhilarating experience for the Lord's faithful servants ... the Lord will raise up a great company of prophets, teachers, pastors and apostles that will be of the spirit of Phinehas ... this 'ministry of Phinehas' will save congregations, and at times, even whole nations. ... Nations will tremble at the mention of their name ...".
Bogenoemde is die Vrymesselaars-dampkring waarin Buchan opereer en waaraan sy uitsprake gekenmerk word. Satan is die erkende god van die Vrymesselary. Die NAR het met onderduimse geslepenheid hul stempel afgedruk op bykans alle denominasies in Suid-Afrika. Buchan lys die kerke wat hom ondersteun waaronder die NG Kerk, Roomse Kerk, WARC, AGS, Baptiste, Metodiste, Mormone, Britse Israelvisie, Amish tot en met die Spiritualiste en ander, 81 van hul. Inderdaad 'n broederskap buite om Christus.
Die profete opereer op 7 terreine, genaamd berge: Kerk, familie, regering, besigheid, onderwys, media en vermaaklikheid. Die sing van die Volkslied en aanspreek van maatskaplike probleme by Buchan se It's Time-biddag, bevestig dit. Die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Buchan en andere neem vorm aan. "The Catholic Church and the New Wave Charismatics (Angus Buchan) will be the key leaders of the One World Religion. Thenumerous paranormal miracles they are already claiming will grow beyond description and will deceive the multitudes".
Dit is verbysterend om die geskrifte te lees en opnames van Angus Buchan te aanskou. Dit voel soos meelewing aan die Godslastering van "okkultiese mense", soos wyle prof Johan Malan na hul verwys. New Age-histerie van lag en huil, praat namens God, opdragte van God, verwelkoming van die Heilige Gees en uitsprake soos "It's your reputation here, Jesus" toe 'n wonderwerk nie wou gebeur nie. Van die ergstes is sekerlik Buchan wat glo in Israel in vreemde tale gepraat en gesing het en almal aangemoedig het om mee te doen, totdat dit "letterlik Holy Ghost chaos" was.
Tutu het met sy bevrydingsteologie die Protestante uit hul stoflike erfenis, hul land, gekul. Buchan daarenteen, is besig om hul van hul Ewige erfenis te beroof. Die verjaardaggeskenke van Mandela, Tutu en Buchan, aanbid en verkondig 'n ander god en 'n ander jesus as die Protestante van die Hervorming. Die Protestante word nie buite Bloemfontein geleer hoe om te bid nie. Die Onse Vader is genoeg vir ons – niks meer, niks minder. Op die kant van 'n bakkie oppad na Buchan se It's Time-biddag, staan geskryf "ROADTRIP FOR SALVATION-It's Time Together One Nation". Buchan en andere se manewales en Vrymesselaarhandtekens op die verhoog, spel vir die Protestant net een ding uit: "Beast, beast, beast!"