SATAN SE NAME

In die Bybel word Satan verskillende name genoem. Elkeen van hierdie name het ‘n betekenis wat ons in staat stel om te weet met wie ons te make het.

Eerstens staan hy bekend as Satan: wat beteken teëstander, wat sy volhoudende pogings om God se wil teen te staan beskryf.

Tweedens word hy Duiwel genoem: dit beteken lasteraar, aanklaer of kwaadprater en verwys na ‘n groot deel van sy werksaamhede.

Derdens is hy die Slang: Sy listigheid steek hy in sy voorkoms van ‘n slang weg en probeer so mense mislei.

Lucifer: Voor sy val was hy waarskynlik een van God se voortreffendste engele en het hierdie naam môrester beteken, ook genoem die skynende een. Na sy val is hy nie weer so genoem nie. In Openbaring 22:16 noem Jesus Homself “die blink morester”.

Beëlsebul: God van die vlieë of god van die mishoop, pas hom soos ‘n handskoen. Selfs die Fariseërs noem Beëlsebul die owerste van die duiwels.

Belial: In die Bybel kom hierdie naam vir Satan net een keer voor, in Korinthiers 6:15, en beteken nutteloos en waardeloos.

Natuurlik is daar in die Bybel ook ander minder formele name vir Satan soos versoeker, die bose, mensemoordenaar, leuenaar, die vader van die leuen, owerste van hierdie wereld, god van hierdie wereld, een wat homself as ‘n engel van die lig voordoen, die groot draak en die aanklaer van die broeders.