Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie die waarheid verdedig, kan dit nie in eie krag doen nie, maar slegs met God s’n wat Hy beloof: “Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ek help jou, spreek die Here, en jou Losser is die Heilige van Israel” (Jes.41:14).
NASIES VAN DIE MIDDE-OOSTE
Skrywer: Dr Gustav Norval
U kan sy boeke bestel by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Mesopotamië was ‘n landstreek wat eens op ‘n tyd geleë was by die Tigris- en Eufraatriviere in sentraal Irak, en wat teen 5000 vC bewoon was deur Sumerieërs. Hulle het bekend gestaan as die “swartkop mense” en die eerste Sumeriese beskawing was bekend as die Uruk-dinastie. Die Sumeriese ryk het bestaan tot 2002 vC, waarna die Akkadieërs die Sumerieërs verplaas het. Volgens historici het hierdie ryk bestaan tussen 2334 en 2154 vC. Vervolgens het die Chaldieërs op die toneel verskyn en volgens geskiedskrywers was hulle afstammelinge van Terah en dus verwant aan Abraham. Hulle het hul ryk teen 1800 vC gevestig en dit het geduur tot 539 vC met die val van Babilon. Tans woon hul nasate in Suid-Irak, hulle staan bekend as Irakese en hul taal is Arabies.
Dan was daar mense wat as Elamiete bekend gestaan het en deel van die ou Iran en Irak bewoon het. Die Assiriese ryk hulle verdryf na Iran. Die Elamiete was waarskynlik die nasate van Elam, seun van Sem (Gen. 10 vers 22) en tans bewoon hul nasate die Khuzestan-streek in Iran. Hul taal verskil van die Iranese en Arabiese tale.
Die Assiriese ryk het teen 2600 vC te voorskyn getreë en dit het tot ‘n val gekom in 609 vC toe die Chaldeërs hul ryk en hoofstad Nineve verwoes het. Die Assirieërs was die nasate van Asur, seun van Sem (Gen. 10 vers 22) en Mesopotamieërs. Al wat van die Assirieërs oorgebly het is sowat 3 miljoen mense wat tans in Noord-Oos Irak woon. Hulle taal verskil van die Persiese -en Arabiese tale.
Oorblyfsels van Nineve in Noord-Irak langs die stad Mosul
Die Koerde wat tans in Noord-Irak in die Koerdestangebied en in suid-Turkye woon se taal stem ooreen met die ou Mede-Persiese taal Farsi. Hul voorvader was Madai (Gen 10 vers 2) wat met die Mesopotamieërs gemeng en oorsprong aan die Mede en Perse gegee het. Lg. se nasate woon tans in Iran en staan bekend as Perse of Iranese. Die Perse het die Chaldeërs teen 550 vC verdyf en hul stad Babilon in 539 vC verwoes.
Babilon in Suid-Irak vandag
Teen 332 vC het die Grieke die Irakese gebied ingeval en ook daar met die inwoners vermeng. Die Hetiete was deur die Israeliete uit Palestina verdryf en het in Anatolia en in die Swartsee gebied gewoon om oorsprong te gee aan die Turke en Askenazi-Jode. Hulle stam af van Kanaan, tesame met die Hewiete, Jebusiete ens., wat deel uitmaak van die Palestynse Arabiere van Gaza en van die Wes-Oewer-streek. Die nasate van Ismael, seun van Abraham woon hoofsaaklik in Saudi Arabia en hulle praat Arabies soos die Palestyne.
Die Fenisieërs was nasate van Sidon (een van Gam se seuns) en hul nasate woon tans in Lebanon. Hule was handelaars en het die handelstede Tirus en Sidon opgerig. Hulle staan vandag bekend as Lebanese en Arabies is hul taal.
Die Arameërs se voorvader was Aram, seun van Sem (Gen. 10 vers 22) wat waarskynlik ook met die Mesopotamiese inwoners vermeng het en tans in Sirië woon. Die Sirieërs se taal staan bekend as Aramees.
Die Filistyne was afstammelinge van Misraim (Gen. 10 vers 6), seun van Gam en hulle het die kusstreke langs die Meditireense See bewoon. Dit word aanvaar dat hierdie nasie totaal uitgeroei was en dat die paar oorlewendes in ander Midde-Oosterse nasies opgeneem was.
Die vroeë inwoners van die gebied oos van die Jordaan voor die inname deur die twee en ‘n halwe stamme van Israel was Ammoniete en Moabiete, afstammelinge van Lot se twee seuns. Na die ballingskap, het hulle weer die gebied herbeset en tans staan die land bekend as Jordania waar Arabies-sprekende Jordanieërs bly. By al hierdie mengelmoes van Midde-Oosterse nasies, was daar ook Turkse- en Franse bloed ingemeng. Die Franse Kruisvaders het Palestina tydens 1099 nM ingeval om Jerusalem uit die Moslems se hande te verower. Selfs vandag nog wys die blou oë van sommige Midde-Oosterse mense hul blanke gene uit.