Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is twee duidelike groepe mense in hierdie wêreld: dié wat die werk in hierdie wêreld doen, en dan is daar dié wat die krediet daarvoor neem. Dit is egter beter om in die erste groep te val want dáár is baie minder kompetisie.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (6)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Dries Verwey and Phil Freeman. You ask then "why" did I think this way? A valid question... It was because I had been witness to the cold menace of Verwey's anger and privy to some of the goods and devices that accompanied him from his D-4 Section, at Security Branch (SB) HQ. In his special room at SB HQ he had silenced weapons of many different types and calibres, poisoned bottles of exotic Portuguese liquor that were popular in Mozambique/Angola at the time, Zambian police officer uniforms and cell keys, and transistor radios that were 'loaded' with deadly explosives that would blow up anyone switching them on. There were also parcel bombs made in seized copies of Mao Tse-Tung's "Little Red Book". These bombs were made with surgical precision, with the "Pentolite" poured into the hollowed out inside in molten form... The way the pages were surgically cut and glued, the placement and affixing of the micro-switch and the 'arming' device, was like looking at the innards of a Swiss timepiece...This was typical handiwork of Phil Freeman, who was a perfectionist. And when Verwey and Freeman had both been at BOSS, they had worked very closely together, as well as in the Security Police, long before the inception of BOSS.
To give an example of Freeman's attention to detail: Back in 1972 I still smoked. After lighting a cigarette, I would let the match burn 3/4 and then grip the burnt end and let the rest burn out. Phil said that this was a unique characteristic that would link me to any location where I had smoked a cigarette, and that I should desist from such identifiable habits!!! At the time I was doing "jobs" with another BOSS member, and wherever we went, my "Tag" that I spray-painted in red at the scene, was a Russian "Hammer and Sickle". Being left handed I did it the wrong way around - i.e. a mirror image of the correct way. Phil cautioned me about this idiosyncrasy as it could lead directly back to me. He was a very, very focussed and astute man, who had he remained in the British Military after WW-2, would have surely ended up as Chief of Special Operations for the British Forces.
-Roy Allen.
*
“En nou gaan ons meneer MF Delport besoek?”
“Ek sou dink dis die aangewese stap.”
“En ons gaan net die klokkie lui, sê wie ons is en hy gaan ons innooi vir koffie?”
“Weet, jy, dis heel moontlik, alhoewel seker onwaarskynlik. Maar dis plan ‘A’. Plan ‘B’ is die alternatief.”
“En dit sal, soos gewoonlik gepaard gaan met ‘n redelike hoeveelheid geweld en geraas?”
“Net indien nodig. Onthou die beginsel van ‘Minimum Geweld’, soos ons in die weermag en die polisie geleer is.”
“So, ons gaan hoop op plan ‘A’, en voorberei vir plan ‘B’?”
“Netso. John, in watter toestand is daardie fifty?”
“Die MacMillan? Soos nuut. Ek het hom skoongemaak en alles nagegaan. Hy sal vuur.”
“Ek is baie bly. Nee, ek praat eintlik van die Browning masjiengeweer”.
“Ook goed. Nie nuut nie, maar heeltemal diensbaar. Dêmmit! Jy maak inderdaad reg vir plan ‘B’!”
“Net ingeval. Wil iemand die voor-die-hand-liggende opmerking maak?”
“Dat daardie ding so gaan raas, dat dit die hele SAPD gaan ontbied vanaf Pretoria Middestad tot by Brits en Benoni?”
“Gee vir die man ‘n sigaar! Ja, dis presies wat ek sê. So, ons gaan ‘n knaldemper prakseer.”
“Is dit al ooit gedoen?”
“Ja, daar is ‘n maatskappy in die VSA wat dit kommersieel bemark. Maar aangesien ons nie tyd het om een in te voer nie, sal ons self een moet maak, of laat maak. Die probleem is dat dit ‘n 3D huls het, en ons het nie iemand wat dit vir ons kan druk nie. So, ons laat een maak op die konvensionele manier, met ‘n buis en plaatjies aan die binnekant. Die verdere probleem is dat dit ‘n manier het om gasse op te gaar as ‘n mens op vol-outomaties skiet”.
“Hoe gaan ons daardie probleempie oorbrug?”
“Kort sarsies. Nie meer as vyf skote per sarsie nie.”
*
Pieter, ‘n vriend met ‘n plaaslike konstruksiemaatskappy, het deurnag gewerk (natuurlik teen ‘n goeie vergoeding) en ‘n kunswerk gebou. Die buis is twee honderd en vyftig millimeter lank, uit soliede alluminium gedraai en met die plaatjies (baffles) binne-in gesweis, skroefdraad wat hy ook aan die voorkant van die loop gedraai het, en donker geverf met hittebestande verf.
“Gaan ons hom uittoets?”
“Nee. Pieter sê hy sal goed werk en ek glo hom.”
“Priester, kyk of jy op Google-maps of so iets vir ons lugfoto’s van die adres kan kry. So groot as moontlik, dat ons kan kyk hoe ons ons beplanning kan maak.”
Hulle kyk na al die fasette van die gebied, die helling, toeganklikheid van die erf en die straat, moontlike ontsnappingsroetes indien nodig, die grootte van die huis – “‘n helse groot plek” – merk Arno op, die hoogte van die heiningmuur, elektrifisering, noodkragopwekkers, hoeveelheid wagte sigbaar en natuurlik die buitegeboue. Met ‘n werkbare plan “A”, ”B” ’ en selfs ‘n “C”, is elkeen na sy slaapplek toe teen elfuur. Leona bly sit nadat die ander weg is.
“Jy wil seker hê ek moet hier wag?”
“Nee, glad nie. Eerstens is ek nie lus vir die bakleiery wat jy gaan opsit as ek dit voorstel nie, tweedens sal ek meer gerus wees as jy nie alleen hier bly nie en derdens het ons jou en jou .243 dalk net nodig.”
“Ek is sò bly ons begin mekaar te verstaan, meneer Hugo! Ek wil ook ‘n handwapen hê, indien moontlik”.
“Sal die ou in die berg se Glock vir jou werk?”
“Skop hy baie?”
“Ek dink so. Dis ‘n 10 millimeter kaliber en ek dink die goed is baie potent.”
“Is daar iets anders?”
“My FN Browning?”
“Daardie een by jou?”
“Ja. Sy greep is ook baie smaller as die Glock s’n. Ek sal die Glock dan vat.”
Sy hou haar hand uit vir die wapen. Skeer gee dit vir haar aan en as sy tevrede voel met die ding, nog drie magasyne.
“Dankie.”
“Plesier. Probeer net in een stuk terug besorg, as dit moontlik is.”
“Ek bedoel eintlik dankie dat ek kan saamgaan en dat ons nie daaroor hoef te argumenteer nie.”
“Ek weet.”
*
Net na vyfuur namiddag ry die drie voertuie uit die dorp. Skeer se Mercedes-bakkie se ruite is vervang en die matte gestofsuig om alle stukkies glas te verwyder. Gelukkig betaal die versekering vir die glas, maar Skeer fluit van verbasing as hy sien wat dit toe wel kos. Hy en Leona ry voor aan die konvooi, met Priester en John McDougal in sy rooi Cortina XR 6 agter hom en heel agter kom Arno in die dubbelkajuit Land Cruiser. Na regte kon hulle heeltemal met net twee voetuie oor die weg kom, maar vir die kans dat een van hulle beskadig kan word, het hulle op al drie besluit.
Hulle hou by die snelheidsperk en, alhoewel daar blou ligte vir al drie voertuie is, laat Skeer hulle daarsonder ry. Net in absolute noodgevalle kan dit gebruik word.
Twee ure na donker ry hulle Pretoria binne.