Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom wil ons gedurig ander beïndruk met allerhande ingewikkeldhede? Probeer 'n keer eenvoudig leef, praat, lag, doen, en jy sal vind hoe bevrydend dit is, hoeveel vreugde en balans dit vir jou bring.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (3)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Three cops appeared in the Bloemfontein Magistrate's Court on Monday.
Three Free State police officers arrested for corruption and kidnapping will apply for bail next week.The Anti-Corruption Unit arrested the trio on August 17 for an incident that took place in December last year. Two sergeants and a constable, from Bloemspruit, Park Road, and the K9 Unit, are facing charges of corruption, extortion, kidnapping, and defeating the ends of justice.
"It is alleged that the three were on patrol duties on December 14, 2022, when they stopped a truck with a trailer on the N1 south, just outside of Bloemfontein“ said police spokesperson, Loraine Earle.
She said the cops demanded money from the owner of the truck in order not to arrest his son, but when they went to a mall in the south of Bloemfontein to draw money from an ATM, they were unsuccessful.
Crime intelligence cops arrested for R200,000 robbery, assault at restaurant.
Suspect on the run for murder caught after he hitched a ride with cops
Seven Stellies cops held over theft of money.
“They chased down the truck, and at about 20 km from Verkeerdevlei Toll Plaza, they stopped the truck again.
"This time, they allegedly took the driver with them in a police vehicle and went to three spots to withdraw money. They allegedly managed to withdraw R2,000 before they took the driver back to the truck," she said.
The case against the three was postponed to August 28 for formal bail application.
Free State provincial commissioner, Lieutenant General BaileMotswenyane, said receiving news about members being on the wrong side of the law was not good for the image of the police.
"Members of the police who cross the line will not receive any special treatment in the course of justice as they will receive the same treatment as any other accused," said Motswenyane.
*
Skeer ervaar ‘n effense gevoel van déjà vu as hy die deur van die Land-Rover toeslaan. Die klein stuurwiel, wat Arno geïnstalleer het, sodat hy die sitplekke kon lig om plek te maak vir sy lang lyf, die rubber op die vloer en tussen die sitplekke, dis alles bekend. Die gebrul van die enjin is effens anders as die V8 Lexus wat eers daar was en hy weet nie werklik waarom Arno die ding vervang het met een wat minder kilowatt het nie. Miskien om van die outomatiese ratkas ontslae te raak, hoe sal hy weet?
“Wat wil jy eet, Ouboet? Ons gaan nou baie ver ry.”
“Hoe ver Oom?”
“Baie ver. Seker omtrent twee duisend kilometer soontoe en weer terug.”
“Is dit verder as Pietersburg?”
“Ja, twintig keer so ver. Maar eers moet ons iets eet. Waarvoor is jy lus?”
“Vir Kantokkie Oom.”
“Wat is ‘Kantokkie’?”
“Hoender.”
“Okay, jy bedoel ‘Kentucky’?”
“Dis mos wat ek gesê het Oom. As ons wil hê hierdie verhouding moet werk, sal Oom moet leer om na my te luister.”
“Ek sal my bes probeer, Ezra,” sê Skeer, met ‘n breë glimlag. Waar kom die mannetjie aan sulke hoë woorde?
“En ‘n draairoomys.”
“Goed, en ‘n draairoomys, van Kentucky.”
Nadat Ezra sy roomys geëet het, met verbasend min druppels op sy hemp en broek, maak hy die groot drom hoender oop en val weg.
“Gaan ons nie eers bid nie?”
“Ek sal Oom, maar ek dink jy moet jou oë oophou anders gaan ons in iets vasry en seerkry.”
“Ek belowe.”
Terwyl die groot modderbande huil teen die teer, die wind by elke gat, gleufie en skeurtjie klaend insuis, en die fris enjin saggies in die agtergrond grom, bid Ezra ernstig.
“Dankie, liewe Jesus vir die lekker kos en roomys, vir die sterk Gharrie waarmee ons ry, en dat Pappa en Mamma veilig in die hemel is. En dankie vir oom Skeer wat nou my nuwe Pappa is, en maak dat oom Skeer se gunne die slegte mense kan omskiet, Amen.”
“Amen.”
*
Onwillekeurig dink Skeer aan Leona. Sy sou nou nog nie eens dertig jaar oud wees nie en al probeer hy dit wegwens of intellektueel verwerk, is hy verantwoordelik vir haar dood. As hy nie so hardkoppig was nie en die ding met die moord van die Smit-egpaar in 1977 net uitgelos het nie, dan was sy nog lewendig. Ja, hy verstaan van jou dag is jou dag en jy kan niks daaraan doen nie, maar hy glo nie daarin nie. Elke mens het tog ‘n sin vir veranwoordelikheid, wat nie net jou eie lewe en gesondheid aangaan nie, maar ook van die mense rondom jou.
Sy was so mooi… maar daar was nog iets aan haar, iets anders, wat hy nog nooit by ‘n ander vrou ervaar het nie – iets wat hy nie mooi kan vasvat nie. Miskien omdat sy sy lewe gered het, nadat die polisieman hom met die haelgeweer geskiet het. Hy onthou baie goed hoe dit gevoel het om uit die beswyming wakker te word en haar naby hom te hê.
Miskien haar sin vir humor, of haar dapperheid, haar vroulike intuïsie as hy nie lekker gevoel het nie, hy weet nie. Miskien ‘n kombinasie van al hierdie kwaliteite?
Hy onthou die skok toe sy raakgeskiet is, die jaagtog na die hospitaal toe, die dokter se hartseer uitrdrukking…
“Ja, Jacobus Hugo en nou spring jy weer hals-oor-kop in hierdie ding in en jy het hierdie seuntjie wat jou vertrou. Gaan jy hom lewendig hieruit haal?”
Hy haal sy voet van die versneller af, met die voorneme om die laaitjie terug te vat, al skreeu hy nou ook blou moord.
Ezra, wat ingesluimer het, word wakker as die kar sneheid verloor.
“Wat is fout, oom Skeer? Is die Gharrie stukkend?”
“Ouboet, ek dink ons kan dalk gevaar teëkom en ek dink ek moet jou maar eerder terugvat na die tannie wat jou getroos het. Sy sal mooi na jou kyk en een van die dae is ek terug, dank om haal ek jou. Hoe klink dit?”
Ezra skreeu nie, skop en slaan nie, laat sak nie eens sy kop nie, maar kyk strak voor hom uit, sonder om iets te sê. Miskien sou Skeer ‘n tantrum kon hanteer, of snikke en skreeu, maar hierdie uiterse hartseer, sonder om enigiets te doen, behalwe die trane uit die outjie se blou oë, is nie iets waarvoor hy begroot het nie. Hy sit sy hand op die mannetjie se knie en praat so sag as wat die kar se geraas toelaat, maar beslis.
“Nou goed. Jy kan saamkom, maar as ek vir jou iets sê om te doen, dan doen jy dit dadelik. As ek sê bly staan dan doen jy dit, of lê, onmiddelik, hardloop weg, dan ook. Is dit reg so?”
“Ja, Oom. Moet my net nie weer los nie.”
“Magtag, Skeermes, jy is darem ‘n sissie!” dink hy en voel sy gemoed vol word.
(Kleinskeer)