Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk jou persoonlike verhouding met God? Kan mense werklik sien dat jy Jesus liefhet? Getuig jy ooit van Hom? Onthou: niemand kan jou nie die hemel indra nie. Jy moet ’n persoonlike verhouding met Jesus hê, anders is jy verlore!
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (23)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
The ANC is almost certain to lose Gauteng by a large margin in next year’s national and provincial elections. It may be ousted in KwaZulu-Natal. It faces annihilation in the Western Cape. It will likely fall below 50% of votes cast in the national polls. So, what happens to the man or woman who leads the party to such a defeat?
In many countries such a leader would call a council of the party’s top leaders, indicate his failure, hand his resignation letter to the speaker of parliament, give a speech to the chamber and vacate the office while the party installs a fresh new face to renew and rejuvenate itself...
-Justice Malala
*
On Thursday, the votes of African National Congress MPs guaranteed that the Upstream Petroleum Development Bill – which governs how licensing of oil and gas projects will work from now on – was passed in the National Assembly, and now goes on to National Council of Provinces.
Once again, if this legislation goes through, it will ensure that the ANC’s usual toxic combination of greed, ignorance and ideology will continue to keep South Africans in poverty.
*
A review of newspaper headlines over the past year reflects that the word “crisis” is now commonly invoked in writing on South Africa. Since the beginning of the year the expression “failed state” has been added to the list, with a broad range of commentators both local and global red-flagging South Africa’s current trajectory.
*
Investment experts say the draft law creating a new company to manage state-owned enterprises is full of flaws. In terms of a proposed new law, the President will be the sole representative of a holding company that will house state-owned enterprises (SOEs) and will have the power to appoint its board.
-Ray Mahlaka
*
Vanaf Upington loop die pad oor Postmasburg, Kathu, Kuruman Vryburg. Dis nog baie vroeg as hulle uit Upington ry en die hoofligte van die twee voertuie verlig die pad ver vorentoe. Dis ver, meer as vyftien ure se ry aan die 1190 kilometer. Die ou Land Rover loop weer mooi en hy kyk onwillekeurig na die brandstof en die hittemeters se naaldjies. Die petrol is nog baie en die hitte lê op normaal, net by ‘n aks onder die halfpadmerk.
Skeer gebruik die tyd om sy geprek met Wynand oor en oor in sy kop te laat maal. Nie net stem Wynand grootliks met hom saam nie, maar het nog hier en daar detail bygevoeg. Waar hy vantevore nog oor een of ander aspek getwyfel het, of waar dit ‘n vae idee was, is hy nou oortuig dat hy op die regte spoor is. Die probleem is, wat maak hy nou? Net soos die gebeure van die afgelope jare ‘n patroon maak, loop dit ook nou dood by hierdie punt, tensy hy, figuurlik gesproke, die spoor oor die klipbanke en deur die bosse van misleiding gaan soek. Die regering se mense het natuurlik hulle uiteindelike doelwitte verberg en al waarop hy kan reken is die afleidings wat hy gemaak het uit die gebeure.
Maar sê nou net hy is verkeerd? Veronderstel dat dit alles bona fide-optrede was en dat dit bloot ‘n klompie onverwante gebeure is, wat hy nou aanmekaar las om ‘n teorie te skep, wat heeltemal verwyderd is van die werklikheid? Of dat ook dìt ‘n aandagaftrekker van die ware gebeure is?
Tog sê iets diep binne hom dat hy reg is en dat onheilighede besig is om te gebeur. Hy het dieselfde oortuigings gehad toe hy die wapensmokelary binne die SAPD ontbloot het, daarna toe hy die dekades-oue moorde van die Smit-egpaar ondersoek het en ‘n bynes oopgekrap het, wat deur die regerings toegesmeer was.
Hy onthou ook dat sy lewe en diegene rondom hom dikwels in gevaar was en dat hy homself uit heelwat situasies moes uitveg. En nou is hy nie alleen nie – hy het Ezra, wat die mense “Kleinskeer” begin noem, om voor te sorg. Ja, hy kan hom sekerlik by iemand los, iemand soos Arno van Deventer of selfs by Bob en Bert en hulle kleintjies, maar hy weet hy sal nie. Hoe maak hy nou om van Ezra minder van ‘n las te maak en meer van ‘n bate?
“Ezra, het jy al met iets geskiet? Het jou pa jou al geleer?”
Uit die hoek van sy oog sien hy hoe blink die outjie se mond is van die oorskiet braaivleis en gebotterde broodrolletjies wat Wynand se vrou vir hulle ingepak het. Hy wonder waaraan het hy sy hande afgevee.
“Nee, Oom. Hy wou nog vir ons ‘n windbuks koop en het belowe hy sal my dan leer, maar…”
Die outjie se trane lê vlak as hy aan sy pa en ma dink, aan die feit dat hulle dood is en dat Skeermes nou sy enigste vriend in die lewe is. Hy sluk die trane weg en na ‘n paar minute praat hy weer:
“Oom Skeer, jy moet belowe dat jy my nie alleen sal los nie.”
Sonder om behoorlik sy antwoord en die gevolge daarvan eers te oorweeg, antwoord Skeer.
“Ek belowe, Ouboet. Ek sal jou nooit nie alleen los nie.”
“En beloftes maak skuld, nê?” dink Skeer in sy enigheid. Dit haal ook die moontlikheid om Ezra iewers by iemand te los uit die prentjie uit. En om op die spoor van hierdie klomp onheiliges te loop, sal hy ook spore nalaat – waarop iemand anders kan volg.
“Ek dink dat, sodra ons daar anderkant kom, sal ek jou moet leer skiet.”
“Met ‘n windbuks Oom?”
“Nee, ek dink ons soek vir iets sterker.”
*
Luitenant Maya Pentz het vir haar ‘n nuwe SIG-pistool gaan trek, met genoeg ammunisie om die ding behoorlik in te skiet, uiteraard te oefen daarmee, maar ook om seker te maak die visiere is in. Die wapentiffie het vir haar ‘n Red Dot visier opgesit en sy vind dat sy maklik daarmee regkom. Die pistool is, anders as die weermag se normale uitreikings, nie in 9mmP nie, maar in .45 ACP, steeds die gunsteling kaliber vir die Amerikaanse spesmagte, dit wil sê die SEALs en die Delta Force.
Met haar eie geld en voertuig het sy Phalaborwa toe gery en ‘n té groot bruin oorpak gekoop, ‘n hele paar meter goïngsak (hessian), wat sy in onewe repe gesny het en moeisaam aanmekaar gewerk het op die oorpak en ‘n ou boshoed, tot dit soos ‘n slordige, harige dier gelyk het. Sy het dit agter haar Ford Ranger 3.2 vir vier kilometer gesleep, tot dit nie meer herkenbaar was as ‘n kledingstuk nie. As sy haar tuisgemaakte “Ghillie-suit” aantrek, is sy baie tevrede met die uitkoms.
*
Sewe en sestig kilometer buitekant Bloemfontein, waar die N1 ‘n stadige draai na regs maak, kom ’n donkergrys BMW X5 teen meer as honderd en tagtig kilometer aangery. Blou ligte flits op die sierrooster en aan die onderkant van die windskerm.
James het die voertuig in die Quantum sy kantspieël sien aankom, en ry versigtig aan die linkerkant van die geelstreep, sodat die voertuig kan verbykom. As hy opkyk van die spieël af, sien hy dat die pad voor vernou vanaf die linkerkant, waar daar ‘n afvoersloot is en die versperringrelings die pad afblok tot waar die geelstreep begin. Hy sit sy flikkerlig aan, om te wys hy gaan weer regs wil gaan om op die linkerbaan ry, maar as hy naby die afvoersloot kom, slaan die BMW remme aan en beweeg na sy kant toe. Instinktief swaai hy uit om die BBP-voertuig te vermy, maar hy is nou ingesper. Hy slaan remme aan in ‘n noodpoging om die ongeluk te vermy, maar is te laat.
Angstig swaai hy heeltemal van die pad af om links van die versperrings deur die sloot te probeer kom, maar dis dieper as wat hy gedink het. Die taxi het al baie spoed verloor in die rempoging, maar tref nog steeds die oorkant van die sloot teen meer as sewentig kilometer per uur. Dit kom dodelik en onverbiddelik tot stilstand. Die passasiers, wat reeds aan die gil was, val vorentoe, die een oor die ander, met bagasie, waterbottels en eetgoed wat rondvlieg. James trek deur die windskerm, sy kop opgekloof deur die glas en sy nek gebreek as hy die grond kop eerste tref.
Die BMW het tot stilstand gekom en vier swaargewapende manne in donker dagpakke vlieg by die deure uit. Hulle rig pistole en outomatiese gewere op die insittendes van die taxi – dié wat nog nie uitgeval het nie – en wil begin skiet, maar die man in bevel keer hulle.
“No, don’t shoot!”
Hy gooi ‘n twee-liter koeldrankbottel met petrol binne-in die taxi, staan weg en gooi ‘n brandende stuk petroldeurweekte lap agterna. Binne minute brand die taxi heeltemal en dik rookwolke borrel die hoogte in. Die mense binnekant, waarvan nie almal bewusteloos of dood is van die botsing nie, skreeu en probeer uitkom as die vlamme hulle verswelg. Vier voertuie het intussen stilgehou en een van die manne spring geskok uit.
“What the hell are you doing?”
Sy woorde is nie koud nie of twee 5,56 millimeter rondtes tref hom in die bors. Sarsies outomatiese geweervuur tref die bakkie waarin die man gery het, en ook die ander drie voertuie; twee sedanmotors en een enkelkajuit bakkie. Seker dat al die insittendes van die voertuie dood, is, spring die vier terug in die BMW en jaag teen onverskillige spoed verder.
Een van die tieners agter in die voorste voertuig, was besig om ‘n video van die hele episode op sy selfoon te maak, toe die koeëls hom tref. Sy selfoon val uit sy hande op die vloer van die bakkie. ‘n Uur later kry ‘n polisiekaptein die selfoon, wat hy in sy broeksak steek wanneer hy seker is niemand kyk nie. Niemand dink daaraan om te kyk wat daarop is nie. Niemand nie, behalwe ‘n kaptein se dogter as sy die selfoon as geskenk kry.
Voordat sy die selfoon se geheue skoonmaak, gaan sy op die dooie seun se Facebook in en plaas die video daarop. Drie ure later gaan die stuk video viraal. Dit wys hoe een van die blouligbrigade se manne die petrol in die taxi gooi en aan die brand steek. Direk daarna wys die gesig van een van die manne, waar hy met‘n R5 geweer staan. Die laaste geluide op die video is die knal van die geweer, die benoude, maar kortgeknipte gil van iemand binne die voertuig. Dan is dit donker.