Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kyk wat Jesus aan die kruis vir ons gedoen het en vra jouself: Wat doen ek vir Hom? Onthou, Hy is oppad terug aarde toe om verantwoording te eis. Wat wil jy graag van Jesus hoor? “….Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel…. " of “…werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis…? " Die keuse is joune!
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (EPILOOG)
VRYBURGER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die soewereiniteit van die ZAR word deur Brittanje erken met die ondertekening van die Verdrag van Londen, in 1884, presies drie jaar na Majuba.
*
Noord-Oos van Pietersburg, en Noord van Magoebaskloof.
Agt maande na die slag van Majuba beweeg die drie waens (Jan het nog een gekoop en nog ‘n span osse) en die perdekar tussen die twee groot, hoë koppe, waarvan die hoogste dele ver bokant die plantegroei; struike, gras en rotsvye uittroon. Voor hulle is ‘n groot vlakte, seker meer as drie honderd morge, met goeie gras, bome vir koelte en ‘n spruit wat van die kant van een van die fonteine hoog op die bergtop afloop. Die water is helder en vars. Die hele plaas, berge en koppies ingesluit, is meer as vier duisend morg.
“Is dit ons nuwe tuiste, Jan?”
“Dit is. Jy kan besluit waar ons die huis moet bou. Dan bou ons dit so, dat ons kan aanbou, soos die kinders meer word.”
Jan help vir Franci van die perdekar af. Sy is ver swanger en haar hare het teruggegroei. Sy het ‘n baie mooi, geel en wit rok aan en ‘n bypassende kappie op haar kop. Jan besef weereens hoe gelukkig is hy.
“Wat is die plaas se naam?”
“Hans Koster het dit ‘Blauw Heuvels’ genoem, maar Oom Paul het gesê ons kan dit ‘n naam gee wat daarby pas. Ek het gedink aan iets soos ‘Vrede’, ‘Rustig’, of iets dergliks.”
“Nee, Jan. Ek verstaan wat jy bedoel, maar ons moet dit ‘n naam gee wat pas by sy geskiedenis.”
“En dit is?”
“Verraaiersfontein.”
Notas
‘n Vriend van my (nou al 14 jaar oorlede) het vir my navorsing gedoen aangaande ‘n geweer wat ek van my oupagrootjie geërf het. Hy was Eerwaarde H.A. Roux, die eerste sendeling in die Vrystaat en hy het die eerste sendingkerk in Bethehem (Vrystaat) gebou. Hy was ook ‘n veldprediker gedurende die Tweede Vryheidsoorlog, of te wel die Boereoorlog. Later was hy ‘n krygsgevangene as ek reg onthou op Ceylon. Hy het vertel, en ek het geen rede om dit nié te glo die, dat die ou Remington Hepburn van Majuba af kom.
Ek en Tewie Wessels het toetse gedoen en met Westley Richards Monkey Tail gewere (wat ons ietwat bo maksimum gelaai het, sodat die geweer se kolf selfs gekraak het) en met Martini-Henri’s, maar kon ons nie verder as 450 meter skiet nie. Die Remington is gebou om op 1600 meter te skiet en ek dink dit kan die afstand maklik haal.
Alle aanduidings is dat generaal Colley van oorkant ‘n kloof geskiet is, en dis maklik 900 treë vanaf die kruin van Majuba. Geeneen van die Boere het daarop aanpraak gemaak dat hulle Colley geskiet het nie. Ek het baie navorsing gedoen en selfs met ‘n professor (emeritus) van Universiteit Pretoria gepraat en veral die Engelse bronne (uit Engeland) beweer dat hetsy generaal Colley of kommandeur Romilly oor ‘n ver afstand geskiet is.
Ek wil die hipotese waag dat hulle albei vanaf die oorkant van die kloof geskiet is, deur dieselfde skut en ek wil waag om te sê dat dit met hierdie ou Remington was.
(P.A.V)
*
Dear Mr M. Wessels,
Thank you for you enquiry by e-mail. According to our archives (which incidently dates back to 1871), two Remington Hepburn No. 3 Rolling Block rifles were purchased by Cape Town based company, Botha and Sons. They were both in the calibre .40-90 Sharps Straight. They were shipped on the 9th of January 1880. Also, 1000 rounds of .40-90 (3 3/8 inch cartridge; 320 gr.) ammunition was purchased.
It is impossible to guess what eventually happened to these rifles.
Our best regards,
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.