Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons ken almal grysaards van 20 jaar oud en jeugdiges van 70. Ouderdom gaan nie oor die geboortedatum nie maar om te twyfel aan die lewe, boedel oor te gee en die stryd gewonne te gee – die liggaam pas hom eenvoudig by die gees aan.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Verskillende bevolkingsgroepe reageer ewe verskillend op chaos. So byvoorbeeld het die Japannese na die geweldige storm by Fukushima saamgestaan en van die eerste oomblik af die hand uitgesteek om vriend en vreemdeling te red, te versorg en beskikbare hulpmiddele te deel. Nie een geval van huisbraak, stroping, aanranding, verkragting of moord is aangemeld nie. Die inwoners het mekaar in alle opsigte bygestaan en na die tyd gehelp met huisvesting, kos, water, mediese hulp en om te herbou, met en sonder regeringshulp.
Na die orkaan Katrina die Noord-Amerikaanse vasteland getref het en spesifiek New Orleans, het ‘n paar duisend mense hulle heenkome gevind in ‘n voetbalstadion. Duisende mense is aangerand, vroue verkrag, honderde doodgemaak vir die beskikbare kos. Die stadion is in ‘n groot mate verwoes agtergelaat. Die polisie kon nie die stropers en misdadige bendes keer nie en die Nasionale Wag (National Guard) moes ingeroep word om te probeer om orde en reg teweeg te bring.
In Suid-Afrika, gedurende die opstande van Julie 2021, primêr in Natal, maar ook later in Gauteng, was die polisie en die weermag nie net onkant gevang betreffende inligting en dus vooraf waarskuwing nie, maar was hulpeloos tydens die gebeure (en die polisie was deel van die stropers – red.) Miljarde rande se skade is deur brande en stropery aangerig, en meer as 350 mense is gedood.
Daarby het die gebeure ‘n geweldige finansiële impak op die hele land se ekonomie gehad en nog méér miljardêrs en hoogsopgeleide manne en vroue (die sogenaamde “braindrain”) het die skrif aan die muur gelees en die land verlaat. Die treffendste kenmerk was egter dat normale, siviele burgers ‘n figuurlike streep in die sand getrek en het die golf van brand, stroop en moord gekeer met hulle eie wapens. Tydens hierdie verset van huis en besigheidseienaars het blank, swart en Indiër saamgestaan om dit te stuit. En van hulle is deur die onbekwame SAPD aangekeer en hulle wapens gekonfiskeer.
Die samevatting van die amptelike verslag oor die Julie 2021 onluste lyk so:
EXECUTIVE SUMMARY
July’s People
1. In 1981 Nadine Gordimer published ‘July’s People’, an astoundingly prognostic tale of a South Africa undergoing a liberation war and revolution after thirty years of the rule of the apartheid government. During the uprising, anarchy envelopes the nation. Many of those who had benefitted from the racialised system flee the country. But when airports are bombed during the riots, travel outside of the country ceases.
2. July’s People narrates the confrontation between the Smales - a middle class, liberal white family– and the rootedness of racialised socialisation. Having lost all their material belongings to the war, and under threat of revolutionary violence in the cities and suburbs, they take refuge at the rural village of their African helper, Mr July. Once servant, Mr July dramatically transforms into ‘saviour’ and ‘host’. As powers and roles are forced to change, the interpersonal relationships expose the difficulties of transitioning out of an old order towards an imagined new society.
3. What ensues as the political, social, and interpersonal relationships are reconfigured is remarkable interrogation of the complex interdependencies, tensions and conflicts that permeate across racial, cultural and class differences.
4. The themes invoked by Gordimer’s July’s People of 1981 starkly resemble those arising out of democratic South Africa’s people of July 2021. At the time of the occurrence of the July 2021 Unrest, the material and social lives of South Africans were characterised by patterns that largely resemble their colonial and apartheid origins. South Africa not only has some of the highest income inequalities globally, but the people who fill either ends of the inequality spectrums largely belong to the same subjective categories of privilege or underprivilege which they occupied in July 1981.
Conclusion:
4.1. The July Unrest is characterised as a violent culmination of deep-rooted political and social challenges the country continues to grapple with. However, it is largely attributed to typologies of organisation and orchestration of public discord, crime and protest. In this section, the Commission addresses Issue Four as a conclusion to this Report. While issues one, two and three were a breakdown of the overarching question, the cause(s) of the July Unrest, this section incorporates issues one, two and three as contextual and exacerbating factors of the Unrest and encapsulates the conclusion to this Report.
4.2. Evidence shows that acts which occurred during the Unrest were well orchestrated. The blocking of the N3, the calculated destruction of factories and warehouses (disconnection of security and fire alarm systems), the attack on government communication facilities at the Durban Port, and the bombing and theft of ATMs in multiple locations – together cannot be viewed as mutually distinct, neither could they have occurred without significant investment in resources.
4.3. Evidence further points to two types of actors in and during the July unrest. Primary actors led and executed the widespread destruction of property, and perpetrated arson attacks. They mobilised secondary actors, who participated in acts of theft at malls and other business premises.
4.4. The timing of the events of the July Unrest coincided with the incarceration of former President Jacob Zuma. This caused an intertwining that blurred the lines between where one ended, and when the other started. This intersection of events has led many to conclude that the two are related.
4.5. The intelligence reports of the period are helpful in so far as they reveal a picture of a fragile social fabric. For example, and according to the testimony of the former Minister of State Security, there were various security threats detected from December 2020, leading to the occurrence of the July Unrest – which revealed heightened and widespread social and political unease. In January 2021, a red alert was issued on threats to shut down KwaZulu-Natal and to demand the removal of President Cyril Ramaphosa. In April 2021 a warning was issued on a threat to target national highways in Gauteng and KwaZulu-Natal Provinces (in particular the N3 and the N2), and to torch freight trucks belonging to companies that employed foreign nationals. In June 2021, communities across Soweto were being mobilised to take action against foreign nationals and to rally for the removal of drug dealers from townships. During the same month, there were planned protests within the taxi industry in eThekwini Metro CBD and in Richards Bay, which is located in the Umhlathuze Local Municipality. The protests were scheduled to occur on 1 July 2021– a few days before the July Unrest took place.
*
Indien die mens die vermoë kon hê om die toekoms in te sien, sou ons ander besluite geneem het? Of bloot die besluite op ‘n ander manier tot uitvoering bring? Met meer voorwaardes dalk? Dis baie maklik om terug te kyk, verkieslik binne ‘n veiligheidskompleks, voor ‘n kaggelvuur, op die leerbekleedsel van jou gemaklike uitskopstoel en met ‘n glasie van jou geliefkoosde drankie in die hand, die vuur in te staar en ‘n mening te lug oor hoe dinge beter sou wees indien jy die tyd kon terugdraai.
Baie van die mees ingrypende besluite wat ‘n enkeling neem, is met die beperkte insig wat hy of sy het binne ‘n bepaalde situasie en tydsgleuf. Met latere terugskouing kan ‘n mens met genoegdoening terugkyk, indien dit ‘n wyse en ingeligte besluit was, maar net so maklik berou hê oor ‘n besluit wat slegte gevolge gehad het. Dikwels is hierdie besluite lewensingrypend en verander die koers van die res van jou lewe.
Alhoewel hulle die illusie verkoop dat regerings ingrypende besluite neem na behoorlike konsultasie met kundiges, in sommige gevalle selfs nadat die breë samelewing geken is in referendums, kan daar in meeste gevalle ‘n ander rede gesoek word en dit is feitlik deurgaans geldig. Tereg het Al Capone gefrustreerd opgemerk dat elkeen sy prys het en jy moet net die regte bedrag voor sy neus rondswaai.
Aan die begin van 2024 is ‘n groot deel van die wêreld hetsy in ‘n konflik intern of ekstern gewikkel, of wankel op die rantjie daarvan. Sodra ‘n mens gaan navorsing doen en die vernis van leuens, bedrog, korrupsie en verskonings gaan afkrap, word die wortel van alle kwaad, naamlik geldgierigheid, blootgelê. Al wat gedoen moet word is om te kyk in watter rigting die fondse geloop het, om by die oorsprong van die vyandelikhede te kom. Soos hulle in die speurdiens sê: “Follow the money.”
Enige regdenkende mens kan sien dat die VSA dwarsdeur die twintigste eeu en die eerste vyfde van die een en twintigste alewig in ‘n oorlog van die een of ander aard gewikkel is, en telkens is dit net na ‘n ekonomiese krisis. Geld vloei eenvoudig, nadat dit draaie gemaak het, in die hande van die groot krygstuigvervaardigers in en daarvandaan in sekere polititci se sakke en familietrusts.
Die meeste van hierdie besluitnemende gierigaards sal besef wat die uiteindelike implikasies van hulle besluite kan wees, maar sal soos Hiskia van ouds bloot sê: “Solank dit net nie in my tyd gebeur nie.” Intussen betaal miljoene soldate en hulle families die prys vir die bloedgeld.
Wanneer ons sou terugkyk na die gebeure in 1994 en die voorafgaande jare, is dit duidelik dat geld ook daar gevloei het. Die gevolge van hierdie besluite en ooreenkomste het nie net die geleidelike verval van Suid-Afrika as gevolg nie, maar ook die vinnige afdraende wat sy pad gevind het al gedurende die ikoon van nie net sommige Suid-Afrkaners nie, maar ‘n wêreldgeroemde held, naamlik Nelson Mandela, wat in wese nie ‘n oorlog gewen het nie, maar ‘n oorgawe bewerkstellig het, met die hulp van buitelandse geldskieters.
Hierdie verval loop soos enige gebou waarvan die fondasie uitgekalwe is, wat eers stadig begin kantel, maar vind later momentum en is die inploffing onafwendbaar. Met die uitmergeling van alle staatsinstellings, die verval van die ekonomie, eksponensiële toename in misdaad en die doelbewuste inslaan van wigte tussen bevolkingsroepe, sit Jan Allerman sy asem en ophou vir die noodwendige gevolge.
Baie ontleders praat al van die “hier” en “dan” fases, waar ons tans nog in relatiewe veiligheid woon, met meeste stelsels wat steeds in plek is en die “dan” fase waar oorlewing slegs gekoop word met teenreaksie, maar niemand dink verder aan die “wat daarna” nie. Waarom is daar ‘n doelbewuste poging om Suid-Afrika in chaos te laat verval? Uiteraard is die uniformmagte gestroop van geloofwaardigheid, hulpmiddele en bekwaamheid, en met die verskillende rasse aan mekaar se kele, laat dit die land oop en bloot om gepluk te word soos ‘n ryp vy deur ‘n eksterne mag.
Nadat die verraaiers hulle Judasloon aan die voete van die NWO-voete gaan gooi het, hulleself gaan ophang het, of opgehang word deur eertydse makkers, soos Benito Mussolini, of in die rug gesteek soos Julius Caesar, wat gebeur daarna?
Sal Suid-Afrika ‘n Fukushima episode beleef, of ‘n Katrina? ‘n Hulpverlening en medemenslike een, of ‘n uiters geweldadige KZN-2021 een?