NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Alhoewel God genadig is, is Hy ook regverdig en daarom word alle sondes gestraf. Die enigste rede waarom ons sondes vergewe kan word, is omdat Jesus Christus die straf wat ons toekom, reeds aan die kruis in ons plek gedra het.

HOE MOET ONS DIE BYBEL LEES?

DIE  BYBEL  (6)

Lees reeks by: DIE BYBEL

Die Bybel is ‘n onuitputlike bron van inligting vir elke gelowige.  Hoe meer jy dit bestudeer hoe beter.  ‘n Belangrike manier om die Bybel te lees is om dieper te delf.  Die eerste dele van die Ou Testament is 3 500 jaar gelede geskryf.  Die Nuwe Testament is sowat 2 000 jaar gelede geskryf.  Die boeke is in ander omstandighede deur mense uit ‘n ander kultuur in vreemde tale geskryf.  Dit maak dit moeilik.  Daar word byvoorbeeld ‘n teks opgegrawe waarop daar  -  vir jou  -  ‘n vreemde inskripsie staan.  Iemand sê hy kan dit lees; daar staan:  “Maak al die bloedsuiers dood.”  Ons het ‘n goeie vertaling nodig,  want as die vertaler “bloedsuiers” verkeerd vertaal het en dit eintlik “vlieë” moes gewees het, is ons heeltemal op die verkeerde spoor.  Wat ons uit die Bybel gaan haal, hang baie af van die vertaling.  Daarom is dit beter om by Bybelstudie altyd meer as een vertaling te gebruik, want dit toon dikwels vir jou dat daar verskillende moontlikhede is om daardie spesifieke teks te vertaal.

Woordeboeke, konkordansies en kommentare

Wat moet ons nou met hierdie teks maak?  Moet ons al die bloedsuiers gaan soek en hulle doodmaak?  Wat is ‘n bloedsuier?  Die woordeboek sê dis ‘n gogga wat aan ‘n mens kom vassit en jou bloed uitsuig. Maar dit verwys ook na ‘n mens wat ander mense finansieel of geestelik “uitsuig”.

Wanneer ons die Bybel lees, moet ons uitvind wat die woorde beteken, al dink ons soms ons weet.  Ons kan so maklik ons eie betekenis in woorde lees. Vat maar iets soos die doop. Kyk hoe verskil kerke daaroor. Party sê die doop red, ander sê nee; party sê grootdoop, ander sê kleindoop. Wat is reg?  Dit gaan oor wat presies met doop in die Bybel bedoel word.  Hieroor is ons nou nog nie seker nie. Ons moet betroubare Hebreeuse en Griekse woordeboeke gebruik om uit te vind.  Maar ons ken nie hierdie tale nie, net die leraars wat dit bestudeer het. Maar daar is hulpmiddels soos kommentare waarin mense wat die woordeboeke gelees het, ons help om die woorde beter te verstaan.  Ons kan ook ‘n Bybelse konkordansie gebruik om uit te vind wat ‘n woord beteken. ‘n Bybelse konkordansie is ‘n boek waarin al die verse genoem word waar ‘n spesifieke woord in die Bybel voorkom.  Die verskillende Bybelvertalings het elk sy eie konkordansie

Kontekste  (kommentare en Bybel-ensiklopedieë)

Maar waarom moet ons al die bloedsuiers doodmaak?  Die man wat ons met die vertaling gehelp het, het verduidelik dat die sin deel van ‘n groter paragraaf is.  Die paragraaf gaan oor mense in die agterstrate van ‘n groot stad wat al die armes uitbuit.  Een van die armes het toe dié sin gesê.  Dit was egter deel van ‘n hele toespraak.  Hy het gesê: “Ons word uitgebuit en wat moet ons sê?” ‘Maak die bloedsuiers dood?’  Nee, ons kan tog nie, want dan land ons almal in die tronk.  Ons sal ‘n ander plan moet maak.”

Die literêre konteks

Die paragraaf of ander sinne wat saam met die sin gebruik word.  As ons na die ander sinne kyk, sien ons dat die bloedsuiers kan of mag nie doodgemaak word nie, presies die teenoorgestelde van wat eers gedink is.  ‘n Vers of sin in die Bybel moet nooit buite konteks gelees word nie.

Die sosio-kulturele konteks

Agtergrond of omstandighede: Dit gaan hier oor mense wat ander uitbuit en nie oor diertjies nie.  Die woord “bloedsuiers” moet figuurlik verstaan word. Dit is dus ‘n skeldnaam, want hulle verdien om van ontslae geraak te word omdat hulle armes uitbuit.  Die armes is egter magteloos, maar moet probeer plan maak. Al die inligting help om ons die gedeelte beter te verstaan, 

Agtergrond en Bybel-ensiklopedieë

Probeer om die omstandighede (agtergrond)  te verstaan  waarbinne ‘n sin of gedeelte sy ontstaan gehad het.  As Paulus byvoorbeeld sê die vroue moet hoofbedekkings in die erediens dra, verwys dit natuurlik na die volgende situasie. Die Christene het in huise bymekaar gekom. Daar kon die vroue gewoonlik sonder hoofbedekkings rondloop. As hulle egter uit die huis gegaan het, moes hulle uit respek vir hulle mans of pa’s hoofbedekkings dra. So het die ander mans geweet die vroue is nie “los” vroue wat sonder hoofbedekkings rondloop nie.

Toe word die Christene uit die sinagoges gegooi en besluit om in hulle huise bymekaar te kom.  Natuurlik het die vroue in die huise nie hoofbedekkings gedra nie, maar nou word die huis ‘n kerk, ‘n openbare plek. Nou sê Paulus dat die vroue in die huise maar ook hoofbedekkings moet dra as die kerk aan die gang is, anders kan vreemde mans wat by die kerkdiens inloer, miskien dink dat dit ‘n partytjie met “los” vroue is. So help die agtergrondinligting ons om byvoorbeeld Paulus se opmerkings oor hoofbedekkings beter te verstaan en ook te verstaan dat dit nie oor hoede in die kerk gaan nie.

Hierdie soort inligting kry mens uit kommentare, maar ook uit Bybel-ensiklopedieë. Die Bybel-ensiklopedieë is boeke met opstelle oor al die belangrike sake. Dit gee inligting oor stede, geskiedenis, kleredrag, moeilike terme soos geloof of regverdigmaking, inligting oor wie die boeke van die Bybel geskryf het, hoekom,  wanneer en so meer.

Maak seker jy weet met watter soort literatuur jy werk

As die man wat ons help vertaal het, sê dit het nie werklik gebeur nie, dit was maar ‘n ou grappie, dan verander die prentjie. Daarom moet ons reg verstaan met watter soort literatuur ons werk. Neem byvoorbeeld vir Jona en die vis: Party sê Jona is geskiedenis wat alles beskryf presies soos dit gebeur het. Dan moes Jona fisiek in die vis gewees het. Nee, sê ander, Jona is ‘n pragtige verhaal wat ‘n  sterk boodskap wil uitdra, byna soos ‘n gelykenis van Jesus. Dit beteken dat mens die vis anders moet sien. Die vis is dan nie letterlik nie, maar simbolies. Dit is die manier waarop God Jona ver weg van Hom af tot byna in die doderyk stuur, sodat hy kan besef hoe nodig hy God regtig het.

Hierdie boodskap geld vir ons almal en is dus vir altyd waar. Dieselfde geld vir Genesis 1.  Party sê die Bybel is geskiedenis en daarom moes dit presies net so in sewe dae gebeur het. Ander sê dit is ‘n pragtige gedig oor die skepping wat nie wetenskaplike feite wil weergee nie, maar wil wys hoe ordelik God alles gemaak het. Daaruit leer ons wie en hoe ons Skepper is. In die Bybel is baie tipes literatuur. Ons moet versigtig wees om nie sommer alles vir geskiedens te sien en bloot letterlik te lees nie.

Die Bybel het ‘n boodskap vir jou situasie

Die Bybel is nie ‘n gewone boek nie. Dit is die Woord van God, en aan ons gerig omdat God met ons in die Bybel praat. Ons kry daarin God se ewige boodskap  Daarom kan ons dit  nie maar net lees soos ‘n storieboek nie. Ons moet vra wat God vandag vir ons deur sy Woord wil sê.  Hoe raak die woorde my en my situasie?

Jy moet altyd mooi oor jou eie situasie dink en met die Here daaroor praat. Gebed en Bybelstudie gaan saam. Jy moet bid en vra dat die Here jou sal lei om mooi te verstaan wat Hy vir jou wil sê.

 

Hoe pas ek die boodskap van die Bybel op my situasie toe?  Sê nou Jesus praat net met sy dissipels en sê:  “Niemand sal julle uit my hand ruk nie.” Die dissipels vir wie Hy dit gesê het, is lankal dood.  Ons kan nie daardie dissipels wees vir wie Hy dit gesê het nie. Maar net soos die dissipels Jesus se volgelinge was, so is elke gelowige ‘n volgeling van Jesus. Daarom geld die woorde van beskermng wat Jesus vir sy dissipels gesê het, ook vir elke gelowige, al is ons nie dieselfde dissipels nie.

Wanneer ek dus die Bybel lees, moet ek die volgende vrae baie ernstig vra:  Wat was die boodskap aan die mense van destyds?  Wat wou die Here vir hulle sê?  Hoe dit gesê word, is hier nie so belangrik nie. Hoe kan ek dieselfde boodskap aan mense vandag oordra, sodat hulle presies dieselfde boodskap sal hoor as die mense van destyds?  Ek sal dus ander woorde en voorbeelde gebruik, maar hulle moet dieselfde boodskap  -  God se boodskap  -  hoor.

 

VERSKEIE BEGRIPPE VAN BYBELLEES

DIE BYBEL  (5)

Lees reeks by: DIE BYBEL

VERSKILLENDE MANIERE WAAROP DIE BYBEL AL GELEES IS

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1233 gaste aanlyn