Ds Andrè van den Berg
"Saamblyery is Satan se nabootsing van die huwelik."
Saamblyery is ’n onrusbarende verskynsel en neem sterk toe. In 1990 is die getal saamblyers in ons land op 10% bereken. Dis tans meer as 43%! Saamblyery is ’n verhouding wat nooit as ’n amptelike huwelik voltrek word nie, maar tog al die wesenlike kenmerke van ’n huwelik dra. In 1970 het die NG Kerk so sterk daarteen gevoel, dat sy die regering gevra het om alle saambly verhoudings buite die huwelik strafbaar te maak. Vrysinniges het haar gereeld gekritiseer, maar nie van stryk laat bring nie. Sonde was sonde!
In 2009 het dieselfde kerk opslae in die media gemaak toe sy besluit het om die moontlikheid van groter verdraagsaamheid jeens saamblyery te ondersoek.
Dit het gebeur nadat verskeie lidmate navraag oor die kwessie gedoen en die kerk besluit het om oor die sonde na te dink en besmoontlik te ontsondig.
Die NG Kerk het tans geen duidelike, amptelike beleid daaroor nie. Gevolglik neem baie lidmate ’n verdraagsamer houding teenoor saamwoners in. As die kerk homoseksualisme eers veroordeel en daarna ontsondig het, waarom nie ook met saamblyery nie?
Die Roomse Kerk matig haar op grond van Mt.16:19 die reg aan om sondes te ontsondig. Nodeloos om te sê, is haar interpretasie van Mt.16:19 is korrup. Geen kerk mag sonde ontsondig nie. Wie dit doen, tart God!
Met die jare was daar talle pogings om saamwonery te regverdig. Nie een van die argumente het die toets van die Skrif geslaag nie. Die Bybel leer dat dit ’n verbreking van die sewende gebod is omdat dit uiteraard op buite-egtelike geslagsomgang neerkom. God veroordeel alle onkuisheid. Gelowiges moet binne en buite die huwelik kuis leef: “Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees….” (Heb.13:4). Gelowiges se liggaam en siel is vir God afgesonder. Daarom veroordeel Hy alle onkuise dade, woorde, gedagtes en begeertes.
Saamblyery is nie net ’n verbreking van die sewende gebod nie, maar ook die derde gebod wat eerbied vir God se Naam eis. Die Bybel roep gelowiges op om God te loof. “Laat alles wat asem het, die Here loof…” (Ps.150:6). Sy Naam is groot en moet geheilig word. En dis net moontlik indien gelowiges uit dankbaarheid vir die verlossing in Jesus ook hul liggaam aan God wy en niks doen wat Hom oneer aandoen. Geen Christen durf saamwonery goedpraat nie!
Saambly was in die verlede iets wat mense gedoen het wat alle reëls van die samelewing verwerp het en nie omgegee het wat die gemeenskap van hulle dink nie. Dit was mense sonder morele waardes, wat dikwels uit die kerk geban is.
Niks het intussen verander nie. Mense wat God nie eerbiedig nie se lewe is gewoonlik slordig en sedeloos. Paartjies wat saambly, het Jesus nie lief nie. Dit gaan vir hulle oor eiebelang en nie God se belang nie. Daarom hou hulle hul doof vir die Woord van God.
Benewens die sewende en derde gebod is saamblyery ook ’n verbreking van die tweede gebod wat afbeeldinge van God verbied. Die mens is na die beeld van God geskep. Daarom moet daar dan ook iets van God in sy optrede raakgesien word. Ons word nie net verbied om ’n beeld van God te maak nie; die Skrif gebied ons om die beeld van God al hoe meer in onsself te vertoon. “….om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun….” (Rom.8:29). Enige optrede wat die beeld van God oneer aandoen, is soos saamblyery, sonde.
In Mt.5:14 gee Jesus gelowiges opdrag om hul lig voor die mense te laat skyn. Ons het self nie die lig nie, maar weerkaats God se lig soos met ’n spieël. Daarvoor moet ons spieëls skoon wees. Sonde maak dit vuil: “Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld” (Fil. 2:14,15).
Sonde maak getuienis dood en derhalwe mense stil. Dis nie wat Jesus wil hê nie! Ek het nog nooit mense wat saambly, oor Jesus hoor praat nie. Sonde maak mense kragteloos. Jy kan nie sonder die krag van die Heilige Gees getuig nie: “...maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees…” (Hand.1:8).
Mense wat saambly, sê dikwels: “Dis my lewe; wat ek daarmee doen, is my saak en niemand anders s’n nie!” Dis dwaas! Die Heidelbergse Kategismus leer ons op grond van die Woord van God dat ons met liggaam en siel nie aan onsself behoort nie, maar aan God. Wie baasspeel oor dit wat nie sy eie is nie, is vermetel!
Daarbenewens moet ons deeglik rekening met die sondige wêreld hou. Die wêreld word nie beter nie, maar al hoe slegter. Gevolglik het gelowiges ’n taak om aan die wêreld te toon hoe om reg te leef - hulle moet anders wees. “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed…” (Rom.12:2).
Die Bybel ken net een samevoeging van man en vrou - die huwelik. Dis ’n instelling van God waardeur een man en een vrou lewenslank deur liefde en trou aan mekaar verbind word. Die Bybel sê dat die huwelik ’n afbeelding van die verhouding tussen Jesus en sy gemeente is. Daarom kan geen huwelik sonder Jesus wees nie. En dis die probleem met saamblyery – dis ’n soort van huwelik wat aangegaan word waar Jesus uitgesluit is. Jesus is dan juis die Rots waarop die huwelik gebou moet word!
Baie mense beskou saambly as ’n proefhuwelik om te sien of dinge sal uitwerk. Die Skrif ken dit glad nie. Daarvoor is daar die verlowing. Wat mense ook al mag sê, is nie belangrik nie. Die huwelik is ’n afbeelding van die verhouding tussen Christus en sy kerk en saamwonery ’n mismaaksel hiervan. Jesus doen dit nie met sy kerk nie, maar dien haar met volle oorgawe!
Jare gelede skryf ’n Hollander ’n boek Satan ben die aap van God en sê dat Satan God naboots. Saamblyery is Satan se nabootsing van die huwelik. Die Skrif waarsku: “...en gee aan die duiwel geen plek nie… .En bedroef nie die Heilige Gees van God nie…” (Efes.4:27,30).
Die AP Kerk wys alle saamwoonverhoudings buite die huwelik af en streef daarna om God in sy doen en late te vereer. Indien die AP Kerk haar boodskap oor wat die waarheid is, sou verwater, sal sy nie meer ’n boodskap van vergifnis oor die sonde kan verkondig nie. God verander nie. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde tot in ewigheid” (Heb.13:8).
As die kerk in die verlede saamblyery as sonde beskou het, is dit vandag nog sonde. Ons kan nie die Bybel verander om by die kultuur van ons dag aan te pas nie. God laat nie sy Woord by die sienings en filosofieë van die tyd aanpas nie. “Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie” (Mt.24:35). Openb.22 waarsku dat ons niks mag leer wat nie in die Bybel staan nie.
Die AP Kerk het ’n groot taak – om van God se onveranderlike waardes in ’n veranderende samelewing onder mense met veranderende waardes te getuig. Ek glo dat die AP Kerk met ’n doel tot stand gekom het. Ons is die lig wat God in die donker wêreld van kerklike verwarring aan die suidpunt van Afrika aangeskakel het. Ons is die kragdraad waardeur God se elektriese stroom vloei.
Die NG Kerk is jare gelede deur liberaliste geskaak en haar voet op ’n weg geplaas wat al hoe meer van die waarheid afwyk. Dis soos ’n vervoerband waarvan sy nie meer kan afklim nie. Wat aan die eenkant aan die gang gesit is, kom aan die ander kant uit. Daarom wemel die NG Kerk van dwaalleraars.
Dis een van die tekens van die eindtyd: “...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hul eie begeerlikhede” (2 Tim.4:3).
Gelowiges word opgeroep om heilig en opreg te leef, God se instelling van die huwelik te eerbiedig en alles wat daarvan afwyk, te vermy. Kortom: Leef volgens die Gees! “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal.5:16).
HUWELIK SONDER JESUS