WAT LEER DIE BYBEL ONS OOR OORLOG EN 'N NASIE SE MILITÊRE PARAATHEID?
In die Ou Testament kom die Hebreeuse woord milhamah (vertaal as 'oorlog') honderde kere voor. Milhamah is maar net een van verskeie Hebreeuse woorde wat met die onderskeie fasette van oorlog vereenselwig word. Ook in die Ou Testament word God telkemale 'oorwinnaar in die stryd' genoem. Die oorwinningslied wat deur Moses en die volk van Israel gesing word ná hul ontsnapping van die farao (Eks 15:3-4), was: 'Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is "die Here"! Die strydwaens van die farao en ook sy leër het Hy in die see geslinger.'
Baie van God se groot leiers was militêre mense (Saul, Dawid, Moses, Gideon, Josua en ander.) Abraham het 'sy volgelinge... hulle wapens laat vat en die konings agtervolg tot by Dan' (Gen 14:14-15). Die Here het Josua as Moses se opvolger verkies om die Israeliete in Kanaän in te lei. Ten einde dit te doen is Josua beveel om al die inwoners van Kanaän uit te wis en is hy van God se bystand verseker (Deut 7:17-24). Toe help God vir Josua in die stryd by Jerigo (Jos 6:1-27).
Die Here gebruik regeringsamptenare as instrumente om die nasies wat dit nodig het te oordeel: 'Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf' (Rom 13:4) Die Ou en Nuwe Testament is vol voorbeelde van menslike regerings wat deur God daargestel is (Dan 2:37-38; Joh 19:10-11).
Opsommend: 'n Nasie moet besef dat, terwyl hulle 'n sterk militêre mag opbou, hulle vertroue in God moet wees. Die gevaar van volkome geloof in militêre verdediging sonder God is net so groot soos die gevaar van 'n tweederangse militêre verdediging. Gelowiges in 'n nasie moes saamwerk aan 'n sterk land wat homself teen militêre aggressie kan verdedig. Terselfdertyd moet ons bid om vrede wat bereik kan word sonder om die beginsels waarop ons gebou het prys te gee – beginsels waarvoor ons voorvaders geveg het. Laastens moet ons besef dat die enigste ware en blywende vrede sal kom wanneer die Prins van Vrede terugkeer.