NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Verstaan u die verskil tussen vertroue en vergifnis? Vergifnis is om die verlede los te laat. Vertroue het met die toekomstige gedrag te doen. Vergifnis moet onmiddellik plaasvind, terwyl vertroue mettertyd gebou word. Maar so is beide ewe belangrik en noodsaaklik in ons lewens.

KERSBOODSKAP 2014

Ds Andrè van den Berg

“Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself  ontledig deur die gestalte van ʼn dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword”  - Fil.2:6&7

Ons leef in ʼn verwarde wêreld.  Verwarring is ʼn nare ding - jy dink dinge is so en so net om te ontdek dat dit nie so is nie.   Soos wat siekte die liggaam skaad, skaad verwarde denke die gees.  Dit laat mense die leuen vir die waarheid aansien.  Niemand maak in die donker goeie keuses nie, maar slegs in die lig.  Christus is die ware lewenslig.

Een van die verwarrings is wat Kersfees is.  Weet mense regtig wat Kersfees is?    Kersfees is die dag wat alle tyd bymekaar hou.   Ongelukkig het die wêreld Kerstyd al so geskaak en met hul eie inhoud gevul dat die meeste mense nie meer weet waaroor hierdie dag werklik gaan nie.   Gevolglik wil baie mense met Kersfees die vrede van die Kersverhaal ervaar, maar sonder ʼn behoefte om die Vredevors te ken!

Jare gelede voer ʼn omroeper in die Kerstyd met ʼn voorskoolse dogtertjie ʼn gesprek oor die betekenis van Kersfees en vra haar wat dit is. “Toe Jesus na die aarde gekom het” antwoord  sy hom. “Maar waarom het Hy aarde toe gekom?” vra hy haar.  “Om te kom kyk of alles nog all right is” antwoord sy onskuldig.

Die inhoud wat die wêreld aan hierdie feesdag gee, bots met wat God daarmee bedoel.  Selfs gelowiges word so met die wêreld se idee van Kersfees oorspoel, dat hulle ook nie aldag die betekenis daarvan reg verstaan nie.  Pasop, Satan is gewoonlik tydens die groot Christelike feesdae op sy bedrywigste!

Vir die wêreld is Kersfees is ʼn tyd van oppervlakkige vreugde, jolyt, liggies, versierings en geskenke; ʼn tyd van geld uitgee.    Ná Kersfees word daar gereeld in nuusbulletins genoem hoeveel geld mense tydens die feesseisoen spandeer het; baie van die uitgawes op skuld!   Die wêreld is hierdie tyd van die jaar op sentiment en winsbejag ingestel.  Satan slaag elke jaar al hoe meer om mense se oë van die ware betekenis van Kersfees af weg te neem en die ware boodskap te mis.

Kersfees is inderdaad ʼn tyd van blydskap, maar ʼn blydskap wat mense nie laat uithaak en gekke van hulself maak nie.  Hierdie blydskap maak gelowiges eerder nederig.   En dis slegs moontlik as mense verstaan waaroor Kersfees werklik gaan.  Ons dink baie keer dat ons Kersfees reg verstaan; ons het immers met Bybelse feite groot geword – dit gaan mos oor die Seun van God wat mens geword het.  Wie weet dit nou nie?

Dis nie so eenvoudig nie.  Die Bybel noem ʼn belangrike punt wat maklik mis gekyk word; iets waarsonder Kersfees nie werklik verstaan kan word nie en waarvoor ek u aandag vra.  Geen mens kan die diepte van die Kersgebeure verstaan alvorens jy nie besef dat die lyding van ons Here Jesus Christus reeds by sy geboorte begin nie.  En dis wat Paulus vir die gelowiges in Fillipi in hoofstuk 2 skryf.  Toe Jesus na die aarde kom, was dit nie in die gestalte van ʼn  koning soos die Jode almal verwag het nie, maar in die gestalte van ʼn slaaf!

Fil.2 beskryf die allergrootste verrassing waarmee God sy volk en die wêreld kom verras het.   Hy betrap hulle as’t ware onverhoeds!   Alhoewel die Jode baie goed geweet het dat die Messias kom soos wat die profete voorspel en die Skrifte dit duidelik gemaak het, is dit alles misverstaan.   Hulle het ʼn sekere beeld en verwagting van die Messias gehad – ʼn doodgewone mens, briljante leier en iemand wat op die ou einde soos Dawid, koning in Jerusalem sou word nadat hy die volk van die Romeinse heerskappy bevry het; ʼn politieke bevryder.

En toe die verrassing.  Eerstens was dit nie ʼn gewone mens nie maar God wat self aarde toe gekom het; die laaste Persoon wat hulle verwag het!   Jesus is immers God.  Tweedens het Hy glad nie na ʼn koning gelyk nie, iets wat 750 jaar voor sy geboorte deur Jesaja voorspel is:
“Hy tog het soos ʼn loot voor sy aangesig opgespruit en soos ʼn wortel uit droë grond.  Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie” (Jes.53:2).  
Die Jode kon nie met Jesus se openbare beeld vrede maak nie!

Watter Jood sou ooit kon droom dat die Messias soos ʼn slaaf sou lyk?  Watter Jood sou ooit kon droom dat die Messias ʼn pad van vernedering moes loop, ja, die grootste vernedering om aan ʼn kruis te sterf?   Selfs Christene vergeet gedurende Kerstyd van Jesus se vernedering.  Die grootste wonder bly steeds dat so ʼn grote God wat hemel en aarde geskape het Homself in Christus kom verneder het; iets wat ons beswaarlik met ons menslike verstand verstaan.

Maar wanneer ʼn mens dit verstaan, val die hele Kersverhaal vir jou oop en sien jy al die bekende dinge in ʼn ander lig soos dat Christus in ʼn arm familie gebore is; waarskynlik nie eens ʼn vroedvrou gehad nie en in ʼn krip moes lê; in ʼn  gehuggie in Betlehem gebore en in die veragte Nasaret grootgeword het;  waarom Herodes se paleispersoneel nie eerste van sy geboorte gehoor het nie, maar eenvoudige skaapwagters; waarom daar ʼn spesiale ster verskyn het sonder dat die Jode dit gevolg het, maar heidene uit die Ooste.  Jesus het die status van ʼn kneg gehad.

Ook dit is voorspel:
Kyk, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word” (Jes.52:13). 
Een vers verder praat hy ook van Jesus se ontsettende lyding en mishandeling:
“... so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos die van ʼn mensekind nie”

Ons kan ons nie indink wat ʼn geweldige vernedering dit vir die Seun van God moes wees om sy godheid so te laat aftakel tot dié van ʼn ter doodveroordeelde nie.   Paulus skryf in Fil.2 dat Christus sy status nie beskou het as iets waaraan Hy moes vasklou nie, maar dat Hy dit uit vrye wil prysgegee het.  Nou kom die vraag: Waarom moes dit so wees?  Omdat God dit so wou hê ten einde ons vir die hemel skoon te kry.   Jesus het slawewerk kom doen en Homself besoedel om ons skoon te kry.

Wanneer ons in die geestesoog na Golgota kyk, sien ons iets van onsself – ons eie verdorwenheid; baie groter as wat ons gemeen het.   Kyk na Jesus in die gestalte van ʼn slaaf en ons sien die naakte feit oor onsself!  Dis waarom Jesus ʼn mens geword het.  Die vernedering was nie om ʼn mens te word nie.  Daar is niks slegs aan om ʼn mens te wees nie.  Die vernedering was om ʼn mens in die gestalte van ʼn dienskneg te word – ʼn koning wat soos ʼn bediende lyk!

Daar was geen ander manier om ons van die hel te red nie.   Jesus moes tot op ons vlak neerdaal.   Hy moes presies soos ons mens word.  Hy moes dienskneg word wat al die skuld vir alles kry en alle onreg verduur.   Hy red ons deur ʼn hele paar tree agteruit te gee!

Stel jou voor – ʼn koning wat terugstaan en dit die hemelse Koning!  Ons sien iets hiervan in die geskiedenis van Israel as die volk ʼn aardse koning wil hê en as’t ware die hemelse Koning verwerp.  God gee hulle hul sin en staan terug dat Saul koning kon word.

Dis wat ook eeue daarna in Betlehem gebeur as die Koning terugstaan.  Hier sien ons hoe die hart van God klop – Hy maak ons deur sy eie vernedering skoon.  En dis waaraan Kersfees ons elke jaar herinner.  Het jy al so aan Kersfees gedink?  Dis waar ons redding begin.

ʼn Kneg se groot taak was maar skoonmaakwerk.  En dis wat Christus kom doen het – lewens skoonmaak.  Dink maar aan die talle bekerings waarvan ons in die Bybel lees.  Dink maar aan Levi die tollenaar, aan ons beter bekend as Matteus die Evangelieskrywer.   Hy wat ʼn saai en veragtelike lewe gelei het, slaan 'n nuwe blaadjie oor wanneer Jesus in sy lewe inkom en sy vuil lewe opruim.  As die bloed van Christus ons harte nie skoonwas nie sal al die sneeu van die aarde dit nie wit kry nie!

Kersfees is ʼn feestelike tyd met mooi versierings, kuiermense en die gevoel van welwillendheid.  Dis goed om op Kersfees opgewonde soos ’n kind te wees.  Die Verlosser het as kind aarde toe gekom.  Dit sou wonderlik wees indien ons die Kersfeesgees in flesse kon opvang.  Dan kon ’n mens elke maand een daarvan oopmaak

Daar is niks met ʼn feestelike stemming verkeerd nie  maar dan moet ons dit reg verstaan dat die lewende God op Kersdag ons die pad deur Jesus na die hemel so maklik kom maak het dat selfs ʼn klein kindjie dit kan vind.   God het met  Jesus die trappe van die hemel tot by ons afgeklim.   Daarom is Kersfees God se liefde wat sigbaar geword het.

Baie mense het so voorbereidings vir Kersfees getref, sonder enige aanduiding dat Jesus die koning van hul huis is. Wie Kersfees nie in die hart het nie, soek dit tevergeefs in geskenkpapier onder ʼn kersboom.   Wie die liefde van God nie in hul hart het nie, ondervind ernstige hartprobleme!

Laat Kersfees 2014 ʼn nederige dankfees wees waar ons God dank dat Hy deur Jesus ons vuil lewens kom opruim het.   Hy het ʼn paar tree agteruit gegee.  Sal ons nie dieselselfde vir mekaar doen nie?   Mag daar vandag op jou lewensfiets se rooster iets mooi van Jesus wees en hierdie dag soos ʼn verfrissende bries oor ʼn heidens-oorverhitte Suid-Afrika waai.

Amen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1963 gaste aanlyn