NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons besef dat vreugde en hartseer 'n tweeling is sal ons ophou om die twee te probeer skei – hartseer maak ons gereed om vreugde met meer waardering te geniet.

VERSTOM DIE WÊRELD...

...MET JOU SKOONHEID

Ds Andrè van den Berg

Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ʼn sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God” - 1 Pet.3:3,4                                  .

Paulus skryf aan die Efesiërs dat gelowiges elke dag stryd ervaar:  “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).   Ja, daar is ʼn oorlog aan die gang tussen Satan en sy magte aan die een kant en God en sy getroue getuies aan die ander kant.  Hierdie oorlog is in werklikheid alreeds deur God gewen;  ʼn oorwinning wat behaal is toe Jesus uit die graf opgestaan en die dood oorwin het.  Satan het dit nie verwag nie!  En omdat hy weet dat hy hierdie oorwinning nie meer kan keer nie, voer hy ʼn terroriste-oorlog met oneindig baie skade.

Baie jare gelede het ʼn sendeling in die Amasonegebied gewerk.

   Toe hy eendag by sy hut kom, was daar ʼn reuse slang daarin.  Hy het dit ʼn kopskoot gegee en na buite gehardloop.   Na ʼn paar minute se geraas was alles stil.   Binne-in die hut was dit chaos soos wat die slang in sy laaste stuiptrekkings tekere gegaan het.   Dis ook hoe Satan werk – hy het alreeds die doodskoot gekry, maar veroorsaak nog groot skade met sy laaste stuiptrekkings.

Satan val die mens se lewensterreine aan, veral die huwelik omdat dit die hoeksteen van ʼn samelewing is.   Hy probeer om dit te vernietig of te skaad en gaan op verskeie maniere te werk.   Homoseksualisme is een van sy gruwelikste aanvalswapens wat tans skrikwekkende afmetinge in ons land aanneem.

Ek wil egter by die rol van die vrou in die samelewing stilstaan omdat daar ʼn kommerwekkende agteruitgang in die openbare rol van die vrou is wat God en die samelewing nie tot eer strek nie.

Satan probeer die mens selde oortuig dat die Woord van God nie waar is nie.  Nee, hy saai eerder twyfel sodat mense aan die waarheid van die Woord moet begin twyfel.   Dis wat met Eva in die tuin van Eden gebeur het.  Satan het ʼn  bespotting van God se wil gemaak toe hy vir Eva gevra het of die mens werklik sou sterf indien hy van die verbode boom eet?   Satan saai twyfel in God se Woord; presies wat hy met die rolle van man en vrou in die huwelik doen!

Wat trek mans vandag na vroue?  Skoonheid, nie waar nie?  Die getygolf van pornografie, onsedelikheid en bose kultuurgiere het ʼn ander omskrywing van skoonheid as die Woord van God.  Vroulike skoonheid is nie meer wat dit was nie.  In plaas van ʼn mooi glimlag, stralende oë en sagte liggaamstaal straal baie vrouens die teenoorgestelde beeld uit.   Let op die mannekyne, sangeresse, danseresse, filmsterre - koue oë, strak gesigte, liederlike lyftaal, tatoeëring, metaalknoppies en slordig kleredrag.  Hulle skok eerder.   Desondanks dink van hulle dat hulle die bloudruk van vroulike skoonheid is!

Alles dui op ʼn onkunde oor die aard van ware vroulike skoonheid.  God het die mens die gawe van sig gegee om die mooi dinge van die lewe raak te sien en te geniet.  Ook ʼn mooi vrou.   Haar karaktertrekke verskil egter baie van die van ʼn man omdat God dit so beskik het.   Daarom druis homoseksualisme teen God se wil in en veroordeel die Bybel dit baie duidelik as ʼn gruwel in God se oog.

God praat telkens in sy Woord oor baie mooi vrouens.  In Gen.12 lees ons van Sarai, die vrou van Abraham.   Sy moes uitsonderlik mooi gewees het; beslis nie die vaal ou vroutjie wat haarself verwaarloos het nie.   Tydens sy verblyf in Egipte het Abraham haar ter wille van lewensbehoud as sy suster voorgestel.  Sy eie skoondogter, Rebekka, was net so ʼn mooi vrou: “En die dogter was baie mooi van aansien...” (Gen.24:16).

Die Bybel beskryf ook die uitsonderlike skoonheid van Ester: “... en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien... En Ester het guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het....” (Est.2:7,15).  Daar word van koning Ahasveros gesê: “En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid  voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak....” (:17).

Ester was bekend vir haar buitengewone dog eenvoudige skoonheid.  Al die vroue wat na koningin Vasti se afsetting meegeding het om koningin van Persië te word, het hulle opgesmuk om die koning se aandag te trek.  Ester het min van hierdie dinge nodig gehad omdat haar natuurlike skoonheid  die hart van die koning verower het.

Vroulike skoonheid het vandag spotgoedkoop geword soos dit maar in tye van geestelike verval gaan.   Dit het met Israel gebeur: “Verder het die Here gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel” (Jes.3:16).   Dit was niks anderste as wellus en verleidelikheid nie!

Om ʼn vrou na God se hart te wees, het niks met uiterlike skoonheid te doen nie.  Skooneid is hoogstens ʼn bonus.   Die teksverse kan sommige mense miskien laat voel dat die Bybel outyds is en dat dit vir daardie tyd gegeld het en vandag nie meer nie.   Nee, dit geld steeds want dis in die Woord van God en die Woord van God geld vir alle mense van alle tye.  “Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ʼn sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God”. 

Petrus skryf hierdie brief in ʼn tyd toe die wêreld geen simpatie met die nuwe geloof in Christus gehad het nie.   Die opdrag van Christus aan Christenvroue is: Maak julle mooi met ware versierings.   Daaraan kon die vyandige wêreld sien dat Christenvrou anders as heidenvroue is.   Hierdie opdrag geld steeds!

Uiterlike versiering is nie ware versiering nie.  Dinge soos haarvlegtery, dra van goud en baie mooi klere is egter nie taboe vir Christenvroue nie.  Goud is bv. iets baie mooi wat God gemaak het en die kundigheid om dit tot juweliersware te verwerk is ʼn gawe van God.    Die bedoeling van ons teksverse is dat hierdie uiterlike dinge nie ʼn vrou se enigste versiering moet wees nie.   Sodra hierdie dinge die nommer een in ʼn vrou se lewe word, werk sy met die verkeerde maatstawwe.    Wie aandag probeer trek met eksotiese haarkapsels, duur juwele en gewaagde rokke probeer trek, het geen suiwere waardes nie.

ʼn Vrou se ware skoonheid lê in innerlike dinge soos ʼn sagmoedige, stil gees wat van nederigheid en beskeidenheid getuig.   So ʼn vrou behandel haar medemens  met sagtheid en is bereid om terug te staan.  Hoe spreek so ʼn gees nie van rustigheid en bedaardheid nie!   Dis nie onstuimig, opvlieënd en opstandig nie.   So ʼn mens bring enige onrustigheid wat so maklik in menseverhoudinge inkruip tot bedaring.

Dis die teenoorgestelde met ʼn vrou wat baasspelerig is en alles wil oorneem.   Dis ʼn ander leefstyl as wat die feminisme propageer en ʼn ander ingesteldheid as die selfregverdiging van ons tyd!   Christenvroue moet hul met ʼn sagmoedige en stil gees mooi maak.   Want dan kan jy soos Jesus selfs die verskriklikste onreg, stil verdra.

Innerlike versiering het groter waarde as die uiterlike omdat dit blywend van aard is.  Uiterlike dinge kan verlore raak: die ouderdom kan haarversorging moeilik maak.  Goud kan gesteel word.    Mooi rokke kan uit die mode raak.  Maar ʼn sagte en rustige innerlike nooit nie.  Dis alles permanente versierings.   God kyk nie na uiterlike versierings nie, maar na innerlikes.  Hy kyk nie na hare, juwele en klere nie, maar na die gees – dit wat in die hart is.

Susters, is die balans in julle lewe reg?   Hoeveel tyd, en geld spandeer jy aan uiterlike versiering en mooi klere en hoeveel aan die versiering van jou gees?   Hoeveel tyd bring jy voor die spieël deur en hoeveel aan gebed vir ʼn mooi innerlike?   Is jou balans reg?   Versier jou met God se voorskrif.  ʼn Vrou wat innerlik mooi is se skoonheid vergaan nooit nie.   Ouderdom vat dit nie weg nie.  En moenie sê dis ʼn oudtydse siening nie.  Dis die taal van die toekoms.   Verstom die wêreld met jou innerlike skoonheid en laat jou lig as Christenvrou so voor die mense skyn, dat hulle God daarvoor sal verheerlik!

Amen.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1484 gaste aanlyn