NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jou denke speel 'n veel groter rol in jou lewe as wat jy ooit sal besef. Ons hele lewe is wat ons gedagtes daarvan maak - 'n unieke mens om jou eie betekenis op aarde te verwesenlik. Vra daarom in groot erns: "Heilige Gees, dink déúr my totdat u ideale myne word.

JÝ IS OP GOD SE RADAR

Ds Andrè van den Berg

“Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was” - Jos.2:6                                             

Net meer as ʼn jaar gelede was die wêreld aangegryp toe ʼn Maleisiese vliegtuig op 8 Maart 2014 met 239 passasiers oppad na Beijing skielik van die radar verdwyn en vermoedelik iewers in die see geval het.  Die soektog wat daarna onderneem is, was die omvattendste in die lugvaartgeskiedenis.  Ses en twintig lande het met duur soekapparaat daaraan deelgeneem maar sonder sukses.  Dis vandag nog ʼn raaisel hoe dit so skielik van die radar kon verdwyn het!

Menslike soekapparaat het sy beperkings, maar nie God s’n nie.  Mense kan van enige radar verdwyn, maar nie van God s’n nie.  Luister wat sê die profeet Hanani vir koning Asa: “...want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeel op Hom gerig is.” (2 Kron.16:9).

Toe Job in sy beproewing wonder of hy nie dalk van God se radar af verdwyn het nie, bemoedig sy een vriend hom: “Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe” (Job.34:21).  Ja, die reënboog van God se genade oorspan alle storms van die lewe soos Job dan ook geleer het.

God se arms van genade is altyd na sy kinders in nood uitgestrek.  Daarom kan gelowiges nooit van God se radar af verdwyn nie: “Die Here is in sy heilige paleis ; die troon van die Here is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4).

Dit bring ons by die verhaal van Ragab; ʼn aangrypende, bemoedigende verhaal van hoe ʼn mens wat op God vertrou nooit van sy radar kan verdwyn nie.  Van Jos.2:1 tot aan die einde van die verhaal van Ragab orkestreer die almagtige, alomteenwoordige God die ganse gebeure sodat hierdie vrou se naam vir ewig in die annale van die geskiedenis van die Bybel opgeteken sou staan.

Israel was oppad na Kanaän, destyds ongeveer drie maande te voet van Egipte af.  Dit was egter nie die eerste keer dat verkenners daarheen gestuur is nie.  Die eerste poging het lelik op Israel geboemerang.   Toe 10 van die verkenners met ʼn negatiewe verslag by Moses opdaag, het die volk hulle geglo en wou die ander twee wat met ʼn positiewe verslag opgedaag het daar en dan doodmaak.  Dit het God baie kwaad gemaak waarna Hy hulle 40 jaar lank in die woestyn laat rondswerf het totdat die hele geslag van wederstrewiges uitgesterf het.

In Jos.2 sien ons God se hand in Josua se besluit om die twee verkenners na Jerigo te stuur.  Dit was deel van God se heilsplan met Israel dat die twee verkenners daardie spesifieke vrou moes ontmoet.  Sy moes kort tevore tot die geloof in God gekom het want hoor hoe praat sy met die verspieders: ” ...want ons het gehoor dat die Here die water van die Skelfsee voor julle by julle uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het.  Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt; sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die Here julle God, Hy is die God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder” (Jos.2:10,11).

Hoe groot was die verbasing seker nie op die twee Joodse verspieders se gesigte toe hierdie heidenvrou met oortuiging, eerbied en ontsag van God getuig het nie! Dit is die wonder van die uitverkiesing!   God raak mense in sy genade aan wat vir ander onwaardig lyk.  Ragab het niks van God se reddingsdade gesien nie. Sy het maar net gehoor en geglo soos Jesus eeue later vir Thomas gesê het: “ ... salig is die wat nie gesien het nie, maar tog geglo het” (Joh.20:29).

Ragab se getuienis was verstommend.  Miskien het die twee Joodse verspieders skaam gevoel - hul vaders het gesien maar nie geglo nie en hier staan ʼn heidense vrou met ʼn slegte naam wat slegs gehoor en toe geglo het!  Hoe sluit dit nie aan by wat Jesus eeue later vir die kerklui gesê het: “ ...Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan voor julle in die koninkryk van God” (Mt.21:31).

Die skrywer van Hebreërs stel dit treffend: “Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het?  Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?  En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd?  Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?” (3:16,17).

Ragab se geloof het nie God se radar ontglip nie. “...want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeel op Hom gerig is...” (2 Kron.16:9).  Daarom het God haar gebruik om die twee verspieders se ontsnaproete te beplan en suksesvol uit te voer.

Toevallig of per ongeluk is woorde wat nie in God se woordeboek voor kom nie.  Alles verloop volgens sy plan.  Nie eens die magtige Farao kon iets daaraan verander nie.  So het God ook die voete van die twee verspieders spesifiek na Ragab se huis gelei en na geen ander een nie.  God het ʼn afspraak met Ragab gehad!

Baie jare later sou God nog ʼn heidenvrou wat Hom as Here leer ken het gebruik om sy heilsplan verder uit te voer.  Haar naam was Rut.   Sy was ʼn Moabiet wat op ʼn jong leeftyd kinderloos weduwee geword het.  Ons ken die verhaal goed hoe sy saam met haar skoonmoeder Naomi na Israel teruggekeer het.

Maar het u geweet dat Ragab en Rut familie sou word?  Ragab was Rut se tweede skoonmoeder.  Ons lees dat Rut met Boas getrou het.  Hy was die seun van Salmon en sy moeder se naam?  Ragab!   “...en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai, en Isai die vader van koning Dawid...” (Mt.1:5,6).  Watter familieband was daar dus tussen Ragab en koning Dawid?  Sy was sy oumagrootjie.

Hoe wonderlik is God se radar darem nie!  Niks ontglip sy oë nie.  “Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?  Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!   Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou” (Ps.139:7-10).

God het juis vir Jesus in die volheid van die tyd gestuur om diegene wat weens sonde en ongeregtigheid van die wêreld se radar af verdwyn het, op te spoor en na ʼn veilige landingsplek terug te bring.  Ná die bekering van ʼn hooftollenaar met die naam Saggeus, som Jesus die doel van sy koms na die aarde met die volgende bekende woorde op: “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk.19:10).  Saggeus het interessant genoeg ook in Jerigo gewoon.

By geleentheid kom Jesus by ʼn hokkie verby waar Mattheus, ʼn tollenaar, aan diens was. Tollenaars was in die oë van die Jode veragtelik omdat hulle in diens van die volksvyand, die Romeinse owerheid, was.   Gevolglik het Jode hulle in dieselfde kategorie as straatvroue geplaas en geglo dat hulle uit God se radar van genade was.

Met die bekering van Mattheus het Jesus vir die Jode ʼn les geleer – niemand is buite God se radar nie, selfs nie eens straatvroue as hulle tot bekering kom nie.  Dink maar aan die vrou wat Jesus se voete met die kosbare salf gesalf het.  Hoe het God se genade nie helderder as sy oordeel geskitter nie!

Dit bring ons by die een groot waarheid – niemand is so verlore dat Christus hom nie kan red nie.  Ja, niemand kan van God se radar af verdwyn nie.   Dink maar net aan die misdadiger aan die kruis langs Jesus.  Vir die skare was dit ʼn uitgemaakte saak dat hierdie man nie gered kon word nie.  Hy het van God se radar van genade verdwyn.   Dan bewys Jesus hulle verkeerd.  “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees”.

Dit maak nie saak wat met jou in die lewe gebeur nie.  Al gaan jy deur die ergste lewensstorms.  As jy gedink het dat jy van God se radar af verdwyn het, dink weer!

Amen!

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2212 gaste aanlyn