NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Oorloë en stryd word veroorsaak deur mense wat eie, aardse belange wil dien. Daarom sal dit vermy kan word deur eerder ander belang te dien. Soek na dinge wat vrede bring want ons word in die Woord aangesê om die vrede te soek en dit na te jaag; dit sal lei tot die uitbou van God se koninkryk en die uitvoering van die liefdesopdrag om God en jou naaste lief te hê.

BLY OP JOU POS – VERTROU GOD

Ds Andrè van den Berg

“Toe sê die Here vir Gideon: Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos... En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer” - Rigt.7:7,21                                

Daar word deesdae baie van statistiek gebruik gemaak.  Statistiek is belangrik omdat dit objektiewe inligting verskaf wat die ware toedrag van sake aan die lig  bring.   Die HAT woordeboek omskryf statistiek as volg:  Die metode wat gegewens in verband met massaverskynsels versamel en in getalle en figure uitdruk.

Gevolglik is statistiek belangrik om inligting wat ʼn samelewing raak mee te evalueer, strukture te orden en die nodige regstellings te maak.   Onlangse misdaadstatistiek wat in Suid-Afrika vrygestel is, was bv. die soveelste bewys van ʼn staatsbeleid wat klaaglik misluk.

Statistiek is ook vir oorlogvoering uiters belangrik.    Wanneer oorlog gevoer  word, moet daar bv. vasgestel hoe getalsterk die vyand en hoe sterk sy slaankrag is.    Ja, statistiek is in die oë van die mens baie belangrik, maar nie vir God nie.

Rigt.7:7 kan tereg die doodvonnis van statistiek genoem word.  Dit lui: Toe sê die Here vir Gideon: Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos..." Israel het hulle in ʼn slegte situasie bevind - hulle was deur hul eie toedoen aan die Mideaniete onderworpe: “Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here hulle oorgegee in die hand van die Mideaniete, sewe jaar lank” (Rigt.6:1).

Die volgende vers beskryf Israel se vernedering as onderhoriges aan ʼn heidense volk en verarming weens bo-menslike belastings wat op hulle gehef was.  Wat dinge erger gemaak het, was die simbole van die Baälgodsdiens wat soos paddastoele in Israel opgeskiet het.  Toe Israel dinge later nie meer kon hanteer nie, het hulle die regte ding gedoen: “... maar die kinders van Israel het die Here aangeroep” (Rigt.6:6).  God het hul gebede verhoor en Gideon as leier geroep om Israel van die heidene te verlos.

Die Mideaniete het geweet hier kom oorlog en ʼn magtige leer van 135,000 soldate op die been gebring.  Statistiek sou vir Gideon gesê het om ten minste soveel van sy eie manne op die been te bring.  Gideon kry slegs 32,000 man gemonster; ʼn oorwig van 4.2 teen 1!   Hy was seker baie benoud.  Toe God hom aansê om almal wat bang was om te gaan veg te laat omdraai, bly daar 10,000 man oor - 13,5 Mideaniete vir elke Israeliet.   Gideon se hart moes in sy skoene gesak het want die vyand was nie net sterk nie, maar uiters wreed.  Daarom was meer as die helfte van Gideon se aanvanklike 32,000 soldate bang om te gaan veg en het die geleentheid om óm te draai, dadelik aangegryp.

Nog was God nie tevrede nie.  Met die laaste uitdun het daar slegs 300 manne oorgebly - 450 Mideaniete vir elke Israeliet!    Statisties gesproke het Israel geen kans gestaan om te wen nie.   En daaraan kon Israel niks doen nie.  Hulle kon nie die oorlog afstel soos ʼn krieketwedstryd weens reën nie.  Die vyand was alreeds oppad!   Dit was soos met die latere kamikaze loodse, ʼn selfmoordtog, altans so het Israel gedink.  Kom ons stop die verhaal hier vir ʼn wyle.

Die Bybel wil ons leer om te glo.   Daarom is dit vol verhale van mense wat uitsonderlike dinge gedoen het net omdat hulle geglo het.  Hebr.11 gee vir ons ʼn oorsig oor die geloofshelde van die OT wat hul geloofstempel sterk afgedruk het.   Nadat hy etlike van hulle bespreek het, sê die skrywer in 12:1 “Daarom dan, terwyl ons so ʼn wolk van getuies om ons het, laat ons ook elke las aflê”.

Die geloofshelde van die Bybel is soos ʼn wolk rondom ons.  Hulle sit op die pawiljoen en kyk hoe ons die lewensspel speel.   Hulle voorbeeld moedig ons aan.   En onder hierdie toeskouers is Gideon.  Maar hy is nie alleen nie.  Daar is 300 manne by hom.   Al ken ons nie hulle name nie en al is daar beswaarlik ʼn woord uit hul mond vir ons in die Bybel opgeteken, sit hulle op hierdie helde-pawiljoen.   Twee dinge het van hulle helde gemaak - hulle was vol van die geloof in God en getrou op hul pos.

Hierdie slag teen die Mideaniete was een van die uitsonderlike veldslae in die geskiedenis.   Nog nooit het so ʼn klein taakmag so ʼn geweldige groot oormag aangedurf en gewen nie – 300 teen 135,000!  Wat dit so uitsonderlik gemaak het, was die wapens wat hulle gebruik het – ramshorings, krukke en fakkels; uiters ondoeltreffende wapens.   Dis so goed as om vandag met ʼn fluitjie, koeldrankbottel en flits oorlog te gaan voer!

Benewens die onvanpaste wapens is daar nog nooit ʼn vreemder oorlogstrategie gevolg nie.   In plaas van saam te staan en ʼn bres in die vyand se linie te probeer slaan, versprei Gideon sy manskappe daardie nag reg rondom die kamp.   Toe die 300 fakkels daarna eensklaps opvlam, die ramshorings blaas en die geluid van kruike wat breek, gehoor word, het dit so ʼn verwarring in die Mideaniete se laer veroorsaak, dat hulle mekaar vir die vyand aangesien en doodgemaak het.  Gideon en sy manne het stom van verbasing hierdie reddingswonder op ʼn afstand staan en aanskou.  Nie een van die 300 manne het hul lewe verloor nie!

Wat was die geheim van die oorwinning?  Naas God se wonderbare verlossing en Gideon se krygsvernuf, was daar iets baie belangrik wat ons nie moet miskyk nie – die manne was soos die tweede teksvers sê, op hulle pos.  En dis waar God, ons groot Generaal, ons wil hê, op sy pos wat Hy vir ons uitgesit het.

Die groot les wat ons vandag hieruit leer, is om op jou pos te wees.  God het vir elke gelowige ʼn pos.  Ons moet net vasstaan en nie lafhartig dros as dinge verlore lyk nie.   As jy nie daar is nie, is jou plek leeg.  In God se span is daar nie plaasvervangers op die bank nie; niemand wat in jou plek opgeroep kan word nie.

Oorwinnings vir God en sy koninkryk word nie deur getalle of wapens beslis nie, maar volgens die raad van God.   En daarvoor gebruik hy gelowiges wat aan Hom gehoorsaam is en getrou op hul pos bly staan al bars die hel aan hulle voete los!    God verwag egter nie van ons roekelose onverskilligheid nie.  Ons moet Hom net op sy Woord neem en onbevange met ons toekoms vertrou.

Al is die oormag teen jou ook hoe groot, jou lewensomstandighede beroerd en teleurstellings meer as wat jy kan hanteer, ja, al voel dit vir jou op jy jouself teen die magte van die hel vasloop en dit nag word, bly staan op jou geestelike pos.  Dis waar God jou geplaas het en waar Hy jou wil vind die dag as Hy jou wil gebruik!

Jy is nie alleen nie.  Langs jou is daar nog volksgenote wat, net soos Gideon en sy 300 dapper manne, net so ernstig oor God en hul volk is en by jou wil inhaak.  En agter julle staan die almagtige God wat die lotgevalle van elke volk, ook ons Boervolk, in sy hande het.

Wat sê die 300 geloofshelde op die pawiljoen vandag vir ons?   Bly staan op jou pos al lyk jou gevegstoerusting ook hoe ondoeltreffend;  God skat dit genoegsaam.  “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp” (2 Kor.10:3,4).

In die slag teen die Mideaniete het God die vyand deur die lig van 300 fakkels, die geskal van 300 ramshorings en die geluid van 300 kruike wat breek, verdryf.  Statisties sou ʼn mens wou sê dat dit onmoontlik is.  Vir God is niks onmoontlik nie.  As Hy die aarde uit niks gemaak het nie, kan Hy van iets ook niks maak!

Aanbid ons miskien ʼn ander God as wat Gideon en sy manskappe aanbid het?  Nee, ons aanbid presies dieselfde God.  Wat Hy vir Israel gedoen het, het Hy ook vir ons op 16 Desember 1838 by Bloedrivier gedoen.   Hy het Hom nie daarna aan ons onttrek nie.

Ons het soos oud-Israel ook van God afvallig geword en presies soos hulle as straf onder ʼn heidense hiel beland.   Dis nie vir altyd nie.  Wat God vir Israel in die tyd van Gideon gedoen het, sal Hy weer vir ons Boerevolk doen, maar dan moet ons volk tot bekering kom en op ons pos bly staan!

Ons land is ontwrig.  Heidene laat niks wat eerbaar is, staan nie omdat hulle die God van orde nie ken nie maar eerder in die stof van die aarde voor hul afgode rondkruip.  Die gevolg is dat Suid-Afrika met iets anders as die nag donker geword het.   En dis ontstellend.  Wat my meer besorg maak, is die donkerte in ons volksgenote se gemoed; manne en vroue wat tou opgegooi, van hul pos gedros en oop plekke gelaat het.

Ons volk se stryd is ten diepste ʼn geestelike stryd.   Dis lig teen duisternis.  Ons is soos oud-Israel baie min in getal en die moderne Mideaniete baie groot.   Statisties gesproke kan ons dit nooit maak nie – slegs met die hulp van God.   Maar dan moet ons geestelik gereed wees en op ons pos bly staan.   Die tyd is só naby dat ons op ons ramshorings gaan blaas, die kruike gaan breek en die fakkels van oorwinning vir God en ons dierbare vaderland omhoog hou!

Amen!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1002 gaste aanlyn