OP VERSKILLENDE GOLFLENGTES.

Ds Andrè vd Berg

Die Nuwe Suid-Afrika is ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef. Nuusbulletins bevestig dit. Blankes en swartes verkeer op twee verskillende geestesgolflengtes. En om dit gelyk te probeer dwing, bring twee geesteswêrelde met mekaar in botsing.

Die tradisionele swarte is natuurgodsdienstig. Natuurgodsdiens het geen stigter, heilige boek, sedelike inhoud of geskrewe leer nie. Alle inhoude is mondelings van geslag tot geslag oorgedra met toordokters, tradisionele genesers en waarsêers aan die spits van sake.

Swartes glo dat die natuur met geeste gevul is wat deur middel van bepaalde rituele tevrede gestel of afgeweer kan word. Toordokters word as kundige bemiddelaars beskou wat met dreunsang en geheime rituele weet hoe om die geeste te paai en selfs te manipuleer.

Die Bybel verbied sulke praktyke (Lev.19:26, 31; Deut.18:10-12; 2 Kron. 33:6; Efes.5:20). Waar geeste in die Bybel ter sprake is, beheer hulle vir seker nie menselewens nie, net God alleen:

“...want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou wee” (Ps.91:11).  

Gelowiges kan met God se krag en genade enige bose mag teenstaan:

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug” (Jak.4:7).

Blankes kan hulle ook nie met swartes se klem op groepsidentiteit vereenselwig nie. In die tradisioneel swart wêreld tel enkelinge feitlik niks nie en kom die mens slegs in 'n netwerk van verwantskappe in sy eie gemeenskap tot sy reg. Sy verhouding met sy gemeenskap maak of breek hom.

Blankes daarenteen glo dat God het die mens na sy beeld geskep het.   Hierdie beeld is deur die sondeval geskend en het ʼn gebroke verhouding gelaat wat net deur die bekering tot Jesus Christus herstel kan word. Dit maak of breek die mensen nie ander mense (gemeenskap) nie.

Die mens is van nature magteloos om homself te red.   Daarom weerhou gelowiges hulle van enige aanspraak op selfgenoegsaamheid. Swartes daarenteen glo dat hulle hul eie heil kan uitwerk al moet hulle van magiese kragte gebruik maak. Alles kan met muti en toorkuns reg gedokter word.  

Hulle glo bv. dat menslike organe sterk toorkrag het. Daarom raak kinders gereeld weg en vir hul liggaamsdele vermoor. Dit neem tans so ʼn epidemiese afmeting in Afrika aan, dat regerings soos dié van Uganda by openbare speelterreine plakkate aangebring het om mense teen kinderontvoering te waarsku.

Die tradisionele swarte tref geen onderskeid tussen die geestes-en materiële wêrelde nie. Geeste beweeg na willekeur tussen die twee. Dis onwaar. Die Bybel weet van geen geeste in die natuur nie. Bose geeste betree dit slegs indien mense hulself vir besetting oopstel.

Omdat die tradisionele swartes se beleweniswêreld met geeste en onsigbare magte gevul is, laat dit hom gedurig in vrees leef.   Daarom soek hulle gereeld by toordokters en waarsêers beskerming. Gelowiges verskil van hulle:

“Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing” (2 Tim.1:7).

God verbied skakeling met dooies:

“Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle te verontreinig nie. Ek is die Here.”

Daar bestaan in werklikheid nie sulke skakelings nie. Dis alles die werk van bose geeste.

“En by dit alles is daar tussen ons en julle’n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (Luk.16:26).

Blankes en swartes se lewens- en wêreldbeskouings verskil net te veel van mekaar om hierdie verskillende golflengtes enigsins te laat harmonieer. Alle pogings word aan distorsie gekenmerk al word dit ʼn mooi naam soos reënboognasie gegee. Psigiese onweer verongeluk dit altyd.