Lees reeks by DIE ROOMSE GEVAAR
Ds. A.E van den Berg
PROTESTANTE SWIG VOOR ROME
Waar gaan dit eindig?
1.Onmoontlike kerkeenheid
Ekumene draai om die as van sigbare kerkeenheid en beklemtoon Jesus se gebed in Joh.17:
“Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het” (:17-21).
Hierdie eenwees spruit uit ʼn liefde vir die waarheid. Dit sonder gelowiges af en heilig hulle derhalwe. Enigiets wat hiervan afwyk, is onheilig en vir God onaanneemlik. Daarom bind dwaalleer niemand tot eer van God saam nie.
Paulus waarsku:
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees” (2 Kor.6:14-16).
2. Getuienis
Gewese Roomse lidmate getuig telkens dat hulle nooit die ware Jesus in die RK leer ken het nie. Hulle het ʼn godsdienssisteem blindelings gevolg met die hoop om God se guns deur goeie werke te verkry. Niemand was van redding verseker totdat hulle by ʼn evangeliese kerk aangesluit het nie.
3. Voorportaal van die hel
Ekumene is al te duidelik ʼn voorloper van die eenwêreld-kerk van die Antichris. Wolfgang Borowski van die Evangelisch-Lutherische Kirche in Duitsland noem ekumene dievoorportaal van die hel. Tragies genoeg sien ontspoorde Protestantse kerkleiers ekumene nie as ʼn wurgketting nie maar ʼn sierlike halsband van liefde en die lof waardige strewe na sigbare kerkeenheid.
Op plaaslike gebied troef geen kerk die NG Kerkin ekumeniese ywer nie. Baie van haar kerkleiers het die Bybel as meetsnoer laat vaar en weet nie meer wat waar of vals is nie. En dis wat die RK wil hê - Protestantse kerke moet na haar terugbeweeg – agteruit.
Dit hinder die NG Kerk skynbaar nie dat RK in werklikheid geen kerk is nie maar eerder ʼn godsdienskultus. Dit gaan in die Roomsgeorkestreerde ekumene om die vestiging van ʼn wêreld-kerk om die Nuwe Wêreldorde te onderskraag. En die NGK is naïef om deel hiervan te wil wees!
Om met die Vatikaan (RK hoofkwartier) saam te werk, wek by gelowiges ernstige kommer. Die Vatikaan is in werklikheid nie ʼn kerk nie. Dis ʼn magsinstansie met ʼn geheime sakelys en bedenklike optredes en word wêreldwyd as ʼn regering met eie ambassadeurs erken.
Om met die Vatikaan saam te werk, getuig ʼn dwaalgees wat die NG Kerk beetgepak en waarin sy haarself laat toespin het. Dat die RK en pous van ʼn tipe van Antichris in ʼn broeder in Christus verander het, getuig van die grootste ontsporing in ons ganse volksgeskiedenis!
Martin Luther het die volgende oor die pous gesê:
“I believe the pope is the masked and incarnate devil because he is the Antichrist. As Christ is God incarnate, so the Antichrist is the devil incarnate. The words are really spoken of the pope when it’s said that he’s a mixed god, an earthly god, that is, a god of the earth. Here god is understood as god of this world. Why does he call himself an earthly god, as if the one, almighty God weren’t also on the earth? The kingdom of the pope really signifies the terrible wrath of God, namely, the abomination of desolation standing in the holy place.” (Luther’s Works, vol.54, Table Talks, No.4487, p.346)
Die Roomse leer is satanies:
“Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete, wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken. Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie” (1 Tim.4:1-4).
Duisende mense verlaat Protestantse kerke vir die RK. Veral in Brittanje en Europa. In 1998 alleen het meer as 88,000 Protestante in Brittanje by die RK aangesluit, hoofsaaklik aan die verval van Protestantse kerke se sedeleer te wyte. Seksuele losbandigheid en feminisme (die vrou in die amp) dra daartoe by. Die teologiese en morele inbors van Protestantse kerke lê in skerwe.
Die morele en teologiese verwarring in hoofstroom Protestantse kerke het die kerklike toneel met valshede besaai en baie mense hul tasse laat pak – terug Rome toe! Die onverskilligheid van hoofstroom Protestantse kerke het gelowiges op die drumpel van ʼn algehele ineenstorting van die evangeliese Christendom gebring. Al hoe meer Protestante draai hul rug op hul geestelike erfenis en word ekumenies gesind. Dit het ʼn anderpatroon van kerk wees laat ontstaan wat Protestantisme in ʼn verkeerde rigting gestuur het.
Protestantse kerke sal nie uit hierdie ekumenies droom ontwaak nie. Hierdie salige droom verander net voor die wederkoms van Christus in ʼn nagmerrie. Maar dan is dit te laat. Spyt kom altyd te laat as verkeerde dinge nie betyds gelaat word nie!