“Wat is sg. regstellende aksie anders as omgekeerde diskriminasie of swart bemagtiging as gewettigde onreg? God haat onreg!”
Ds Andrè vd Berg
“As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?.... die opregtes sal sy aangesig sien”(Ps.11:3,7)
Ons het vandag met ʼn reuse vertrouensprobleem te kampe jy weet nie meer wie om te vertrou nie. Kyk maar net hoeveel politici en kerklui het ons al verraai, onderkruip en benadeel - almal mense wat ons in die verlede vertrou het. Die beryming van Ps.146 is so waar: “Moet op prinse nie vertrou nie…”
Ps.11 vertel van ʼn man wat Iemand 100% vertrou het. Dawid het sy onbekende toekoms aan ʼn bekende God toevertrou nie. “Werp dan julle vertroue, wat ʼn groot beloning het, nie weg nie” (Heb.10:35). Geloof en vertroue is twee kante van dieselfde munt. Om in die geloof te leef, moet gelowiges soos Dawid God se sorg en almag vertrou soos uit Ps.11 duidelik blyk.
Die opskrif Wees nie kleingelowige nie! kan ook Die geloofsvertroue van ʼn enkeling in God lui. In dié psalm is daar een persoon op die voorgrond teen die agtergrond van baie twyfelaars. Ps.11 fokus op dié man se geloofsvertroue en leer ons dat as ons God as Vader het, Hy ʼn geestelike raamwerk om ons bou sodat ons nie in krisistye uitmekaar val nie.
Ps.11 is tydens ʼn burgeroorlog geskryf. Absolom het teen sy vader opgestaan om die koningskap met mag te verkry en ondersteuners gehad. Burgeroorlog is die lelikste van alle oorloë omdat volksgenote dan die vyand word. Absolom en sy opstandelinge (goddeloses) was gereed om aan te val. Dawid se manskappe (regverdiges) was oor hul koning se veiligheid begaan en by hom gepleit om na die Sionsberg te vlug.
Ps.11 beskryf hierdie burgeroorlog as ʼn gebou waarvan die fondamente omgegooi is. Die manne wou hê dat Dawid moes vlug. I.p.v. na die veiligheid van ʼn berg te vlug, het Dawid na God gevlug: “ ʼn Vaste burg is onse God, ons skuil in Hom die sterke” (Ges.265) - ʼn toonbeeld van vertroue vir sy volk!
Dawid leer gelowiges ʼn belangrike les: Moenie vir goddeloses bang wees nie, al is hulle ook baie; God sal met hulle afreken! Sy troon en tempel is nie verniet in die hemel nie - Hy is deeglik bewus van die goddelose se optrede en hulle gaan nie skotvry daarvan afkom nie. Hulle dag kom vir seker!
Dawid vertrou God reg van die begin af. Die openingsvers lui: “By die Here skuil ek”. Regverdiges moenie na ʼn berg of ander land vlug as goddeloses die lewe vir hulle ondraaglik maak nie. Geen berg is genoegsame skuilplek nie: “Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het...”(Ps.121:1-3). Die beste skuilplek is nie op ʼn berg nie, maar by God: “Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent…” (Ps.27:5).
Die regverdiges was desperaat dat Dawid moes vlug. Die goddelose was op die punt om aan te val. Dit sou dwaas wees om te probeer veg en raadsaam om vir die pyle wat in die donker afgeskiet word te vlug. Die donker van Ps.11 verwys na die onsigbare vyand - vriend en vyand het dieselfde gelyk.
Wat het Dawid nie laat vlug maar eerder onwrikbaar op God laat vertrou? Vers 4 antwoord – die feit dat niks God se oog ontsnap nie. Hy staan nie onverskillig teenoor die nood van sy kinders nie, maar weet van die bose planne teen hulle.
Wat het die gelowiges so ontstel? Die samelewingsontwrigting. Dawid noem dit die omkeer van fondamente. En dit was nie eenmalig nie. Die Hebreeuse werkwoord dui op ʼn aanhoudende proses. Die fondamente is onophoudelik omgekeer; die een ontwrigting na die ander!
Die woord fondamente dui op die ordelike gemeenskap wat die gelowiges vir baie jare geken het – ʼn bedeling van wet en orde wat met God rekening gehou het. In Aramees dui die woord fondament op die basis van ʼn berg en dus iets wat swaar en vas gelê het. Ps.11 sluit hierby aan.
In Ps.11 praat Dawid nooit direk met God nie, maar oor God. Hy bid nie een woord oor bevryding nie. Dit bewys sy onwrikbare vertroue in God. Hy het geweet dat die vyand die onderspit sou delf! Sy troos was dat God in sy heilige paleis was; ʼn uitdrukking van God se heerskappy oor die ganse mensdom. Hy is en bly in beheer van sake al keer die goddelose ook die samelewing om!
God toets gelowiges deur beproewing. Die Hebreeuse woord vir toets is ook vir die proses waardeur goud en silwer gesuiwer is,gebruik. Dis oor en oor verhit totdat alle onreinheid uit was; ʼn voortdurende proses. So toets God gelowiges!
Dawid het dit geweet en dat die uitslag vir goddeloses baie anders as vir gelowiges is. Hulle kom gesuiwer daaruit, maar goddeloses vergaan. Daarom spreek hy in vers 6 die begeerte uit dat God op die goddelose vangnette, vuur, swawel asook ʼn gloeiende wind sal bring - hulle in hul spore sou stuit.
Vuur en swawel laat ʼn mens aan die verwoesting van Sodom en Gomorra dink. Die gloeiende wind was die sharab, ʼn vernietigende woestynwind. God se oordeel word ook as ʼn giftige sopie voorgestel. Hy sal dit skink en goddeloses sal dit drink. Hulle sal geen keuse hê nie en dit sal hul einde wees.
Dawid se finale rede vir sy onwrikbare vertroue in God lê in God se karakter self – God is regverdig. Hy het geregtigheid lief en stry saam met gelowiges. Vandaar sy belydenis: “Die opregtes sal sy aangesig sien”.
Ons verkeer tans in dieselfde situasie as Dawid. Volksgenote span saam met die volksvyand en fondamente in die naam van ʼn universele broederliefde omgegooi. Die volksvyand verdra geen opregtheid, goedheid en regverdigheid nie en het selfs wette op die wetboek geplaas wat onreg aanvuur. Wat is sg. regstellende aksie anders as omgekeerde diskriminasie of swart bemagtiging as gewettigde onreg? God haat onreg!
Wat kan ons aan hierdie omgekeerde fondamente doen? Vlug - na God toe! Hoe meer daarvan omgegooi word, hoe hegter moet dit gelowiges aan God en mekaar bind. Ons moet soos Gideon en sy 300 manskappe op ons plek bly staan. Die Engelse praat van to hold your turf. Ja, as ons nie ons turf gaan hou nie, gaan ons turf sit!
Hoor hoe praat volksgenote vandag. Hulle sê dat dit Ikabod met Suid-Afrika is. Daar is glo te min regverdiges dat God na hulle hulpgeroep sal luister. Dis hoe ongeloof praat! Kyk terug in die verlede - was God dan nie bereid om Sodom en Gomorra t.w.v. slegs tien regverdiges te spaar nie?
Ons moet eerder op ons knieë voor die troon van God staan. Elke beproewing moet vir ons ʼn venster op God se troon oopmaak. Daardie troon staan vas. Nie fondament wankel nie! Sal ons nie opnuut ons toevlug tot Hom neem nie?
Hy sal die goddelose op sy eie tyd oordeel en hierdie skrikbewind wat in die naam van demokrasie gepleeg is, beoordeel. Hy wat in sy hemelse paleis is, het Suid-Afrika in die holte van sy hand en laat die goddeloses net tot op punt toe. Hulle sal nie een treë oor daardie streep gee wat Hy alreeds vir hulle getrek het nie. Die goddelose sal nie regeer totdat Christus weer kom, soos wat hulle glo nie. Hy sal hulle verdelg en met die wederkoms van Jesus hel toe stuur!
Wat moet ons intussentyd doen? God vir ʼn spoedige ingryping bid en ons lewens skoon hou. Wees anders as die goddelose en moenie vir die vyand skrik en vlug nie. Jy gaan uiteraard nie met hom afreken nie, maar God self! Laat ons geloof en vertroue in die almagtige God die geloofsgom wees wat ons elke dag nader aan mekaar en nader aan Hom bind!
AS FONDAMENTE OMGEKEER WORD