AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (3)

Ds Andrè vd Berg

“Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh.2:18,19).

Min dinge ontstel ʼn gelowige meer as leuens wat vanaf kansels as die waarheid verkondig word nie.   Dis ʼn ou probleem in die kerk: “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer ... en baie sal hulle verderflikheid navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Pet.2:1,2).

Paulus skryf: “Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg ..... Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat .....” (Hand.20:28-31).

Jesus waarsku: “As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! — moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê” (Mt.24:23-25).

Dwaalleraars was nog voor die voltooiing van die NT in die meeste gemeentes werksaam omdat hulle aanvanklik ter goeder trou as medegelowiges aanvaar is.  Hul misgissing het ʼn wrede ontnugtering geword! Paulus sê: “...en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie” (2 Thess.2:10).

Wie die waarheid leer ken en dan bewustelik vertrap, verbreek sy verhouding met God soos met ʼn egskeiding.  Dis onomkeerbaar: Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het — om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak” (Hebr.6:4-6).

Dwaalleraars word nie maklik geëien nie.  Alle duiwels het nie gesplete hoewe nie.   Satan maak van duiwels engele in mense se oë: “...mense wat ʼn gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloor het” (2 Tim.3:5). 

Dwaalleraars is soos heuningbye - heuning in die bek en ʼn angel aan die stert.  Hulle oortuig mense dat die pad na die hel dié na die hemel is. Hoe growwer die leuen, hoe gladder die bek!  En baie sal hulle veranderlikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Pet.2:2).  

Daarom het Jesus mense teen die kerkmisleiding van sy tyd gewaarsku: “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe” (Mt.7:15).Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is” (Mt.23:27).

Judas skryf in vers 4 van sy sendbrief dat die dwaalleraars nie van buite die kerk gekom het nie, maar vanuit haar boesem en noem hulle skandvlekke (:12).  Die Griekse woord wat hy hier gebruik, verwys na gevaarlike rotsriwwe net onder die oppervlak waarteen skepe kan vergaan. Wie hom met dwaalleer ophou, loop hom teen leuens te pletter! Paulus skryf in dieselfde trant: “ ... Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely” (1 Tim.1:19).  

Wat destyds in die vroeë kerk gebeur het, gebeur tans weer - net baie erger.  Pas dus op vir dwaalleraars.  Vyande in uniforms is minder gevaarlik as dié met togas aan! Nogtans sien mense dit nie raak nie.  Sommige dwalings hang so ver onder togas uit dat dit soos ʼn sirkustent lyk wat saamgesleep word!  Waarom sien mense dit nie raak nie?  Omdat hulle dit nie wil raaksien nie!

Op die vraag wat dwaalleer vir sommige mense so aanloklik maak, is daar verskeie antwoorde.  Judas verwys in sy Sendbrief na een daarvan - wellus: “Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus, dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.  Dit is hulle wat skeuring maak” (:17-19).  Die verwarring wat die ontsondiging van homoseksualisme in kerkkringe bring, is ʼn sprekende voorbeeld hiervan! 

Godsdiens is ʼn goeie wapenrusting, maar ʼn slegte oorkleed waarmee talle booshede al verskuil is:  Soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ’n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan” (Judas:7).

Paulus skryf oor die verband tussen dwaalleer en wellus:  Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie ” (Gal.5:13).  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel” (Tit.1:15).  

Petrus waarsku gelowiges om die vryheid waarmee Christus hulle vrymaak nie te misbruik nie: “... nie asof julle die vryheid het as’n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God” (1 Pet.2:16).  Hy waarsku dat dwaalleraars se beloftes ydel is: Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword”. Hy waarsku gelowiges teen welsprekende dwaalleraars: “Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle mense deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid ....”(2 Pet.2:18).

Die laaste gelowiges gaan baie moeilike tye beleef omdat dit amper middernag op die horlosie van die wêreld is.   En as hierdie klok slaan, kom Jesus op die wolke. In die gelykenis van die 10 maagde sê Jesus: “En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet” (Mt.25:6). Johannes sê: “Kinders, dit is die laaste uur...”  Alles is in plek vir Jesus se tweede koms – die wêreld is boos, kerke ontspoor, gruwels word goedgepraat, ja, die Satan is losgelaat!

En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei ... hulle getal is soos die sand van die see” (Openb.20:7,8).

Satan was eeue lank ingebind.  Net voor die wederkoms word hy losgelaat om sy laaste slag te slaan en terselfdertyd ook onwetend ʼn werktuig in God se hand word om die laaste kaf van die koring te skei.  Gelukkig is elkeen wat voor hierdie tyd in die Here sterf!

Hierdie laaste stryd vir die waarheid mag geen gelowige ontmoedig nie.  God het spesifieke gelowiges vir hierdie spesifieke tyd spesifiek as die laaste getuies uitgekies. Is jy een van hulle? 

As die waarheid vertrap word 

3