AS RASSESPOKE OPGEJAAG WORD

Ds. A.E van den Berg

Agterlike rasse vertolk graag die verlede in ʼn vyandige rassepatroon en jaag daarmee rassespoke op soos met die Black Lives Matter-debakel van onlangs. Vooruitstrewende rasse word met hierdie politieke knuppel bygekom om onder andere die onreg van reëls vir blankes en uitsonderings vir swartes te regverdig.

Black Lives Matter is ʼn politieke haatvertoning wat rassepolarisasie die hoogte in laat skiet. Om wetteloses se regte hoog aan te skryf en eerbare burgers in die modderpoel van onregskepping te versmoor, is gif vir goeie rasseverhoudings soos die onreg van regstellinge aksie duidelik blyk te wees.

Hierdie politieke pessiekte laat verdienste tweede viool speel en kundiges die land teen ʼn ontstellende tempo verlaat. Om een ras se lig dood te maak ten einde ʼn ander een s’n beter te laat skyn, maak van ʼn regering ʼn georganiseerde roof-organisasie. Om een ras se geluk op ʼn ander ras se vernietiging te bou, is noodlottig en skakel nooit die lig van ʼn regverdige bedeling aan nie.

Geen regering wat diegene wat hard vir hul voorregte werk en dwing om dit met diegene te deel wat feitlik niks doen nie, moet goeie rasseverhoudingsverwag nie. Selektiewe rassisme is verbloemde rassehaat.

Rassehaat ontstaan hoofsaaklik uit afguns; ʼn kleinlikheid van die siel wat soos onkruid in alle grond groei. Wie deur die groen bril van afguns kyk, sien geen onreg raak nie. Hulle sit met ʼn brein vol vere, ʼn hart vol lood en ʼn gees van versteende wraaksug.

Vir ʼn afgunstige mens lyk sy buurman se donkie altyd na ʼn resiesperd wat eerder aan hom moes behoort het. Hy haat in werklikheid nie die buurman nie, maar eerder homself omdat hy nie in die buurman se skoene staan nie. Afguns is net so ʼn deel van agterlike mense se aard soos wat dit vir honde is om vir vreemdes te blaf. Dit wek gedurig agterdog en laat sulke mense soos vlermuise slegs teen donker agtergronde werk.

Om iemand anders die skuld te gee vir dit wat jy nie is nie, verhoed jou om die persoon te word wat jy graag wil wees en laat jou in ʼn troostelose politieke woestyn rondswerf. Dit hou agterlike mense arm, onderhorig en aan die onderpunt van die voedselketting sonder om in ʼn beskaafde wêreld tuiste kom.

Geen oë is so skerp soos dié van rassehaters nie en in dié mense se aard om kwaad met kwaad te vergeld. As hulle dit nie doen nie, voel hul asof iets skort. Dit maak van politieke demonstrasies soos Black Lives ʼn stok om kundiges mee by te kom en hulle wys te probeer maak dat hulle nie dom is nie al werk die mond vinniger as die verstand!

Om rassehaat met rassehaat te beveg, lewer geen wenner op nie. Niemand bou op die puinhoop van haat ʼn beter toekoms nie. Om duwweltjies te saai en dan te kla as dorings opkom, is soos om gif te drink en te verwag dat ʼn ander een sal omkom!

Kunsmatige goeie rasseverhoudings werk net vir ʼn tyd waarna dit onder die gewig van sy eie onsinnigheid ineenstort. Kunsmatige dinge het maar altyd ʼn reuk van hul eie en bind mense hand en voet aan politieke hersenskimme. Dit keer die akker waarin sukses en vooruitgang met vernietigende gevolge om.

Wie die minste weet, glo onsin die maklikste soos die mislukking van die reënboognasie duidelik van getuig. Daar word al lank met hierdie noodlottige proefneming volhard wat destyds volgens die aanwysings van die ideologie van mensegelykheid ontwerp is. Nodeloos om te sê, is dit van meet af aan met onreg en rassehaat deurspek.

Die erkenning van veelvolkigheid is die enigste werkbare oplossing vir rassehaat. Wie eerbied vir homself het, aan sy eie ras voorkeur gee en onder sy eie volksgenote wil woon omdat hulle sy volkswaardes vertolk, durf nie van rassehaat beskuldig word nie!