Ds A.E. van den Berg
DIE TIEN GEBOOIE IN RYMFORMAAT
1. Eer geen afgode in jou lewe meer
2. En sak nie op jou knieë voor een van hulle neer
3. God se Naam is heilig, moet dit nooit misbruik
4. Moet ook nooit sy rusdag vir ander dinge gebruik
5. Eer jou ouers en soek met niemand skoor
6. Dan sal jy nooit ‘n mens vermoor
7. Die huwelik is heilig, ag dit rein
8. Neem nie van ander al is dit hoe klein
9. Vertel die waarheid en wees daarvoor lief
10. Los dit wat aan ander behoort, asseblief!
EK IS JOU BYBEL
My naam is Bybel
Ek help jou teen die duiwel
Ek is God se wonderbiblioteek aan jou
Lees my gereeld en bly getrou.
Al sny en maak ek jou soms seer
Is dit nodig om jou tot God te keer
Ek is jou kierie en jou lewensstaf
Om jou blywende lewensvreugde te verskaf.
En raak jy soms die geloofspad byster
Moet jy maar net opnuut na my luister.
Ek lei en maak jou altyd sterk.
Vir God se eer en koninkrykswerk
Ek wys jou graag op al jou sonde
En is die salf vir sulke wonde.
Ek is jou reisgenoot deur die lewe
God sal jou nooit begewe.
As jy my uit jou lewe hou
Gaan dit jou te laat berou.
Lees my en jy sal vind wat jy soek
Want ek is en bly die wonderlikste boek!