BID VIR N JONATHAN

... OPREGTE VRIENDE BEMOEDIG JOU IN NOOD

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg 

"Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie.  Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê.   Vriendskap gaan goud werd wees...   Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug.   Daar is twee groepe:  enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie..."

“Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan.  En hy het hom bemoedig in God…” 1 Sam.23:16                                

Oorlog, opstand en stakings het huishoudelike woorde geword.   Let op die plaaslike en internasionale nuusberigte – toenemende anargie; een van die kenmerkende eindtekens van die naderende wederkoms van Jesus Christus.  “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.  Pas op, moenie verskrik word nie….Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel…” (Mt.24:6,7 en 12).

Aan die einde van die tyd sal nog ’n vorm van oorlogvoering uitbreek: die lelikste  burgeroorlog, wanneer volksgenote die wapen teen mekaar opneem!

  “En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak” (Mark.13:12).

Die Suid-Afrikaanse geskiedenis ken burgeroorlog (1914 Rebellie).  Wat ’n burgeroorlog bemoeilik is die feit dat die vyand nie maklik uitgeken word nie.   Dis volksgenote; mense wat stelling in die linie van die volksvyand inneem soos die afgelope paar weke hier in Pretoria voor ’n hospitaal gesien kon word!

1 Sam.23 vertel van ’n oorlog, nee, eintlik twee.    Israel was in stryd met die Filistyne asook met mekaar; die eerste en laaste keer dat dit in die geskiedenis gebeur het.  Hulle beveg ’n gemeenskaplike vyand, maar hulle takel terselfdertyd ook van hul eie mense!

Dawid kry twee maal van God die versekering dat God die Filistyne in hulle hand sou gee.   Die eerste neerlaag is by Kehila waar Dawid aansien verwerf.  Toe Saul dit hoor, was hy baie jaloers en het uitgetrek om oorlog teen Dawid en sy troepe te maak.  Dit het Israel verdeel en in ’n semi-staat van burgeroorlog gedompel – die Saul-voorstanders teen die Dawid-voorstanders.

Dawid en sy manne was vêr in die minderheid en het noodgedwonge in die berge van die woestyn Sif gaan skuiling soek.   Hy was baie benoud en het besef dat as Saul hom in die hande sou kry, hy hom nie vir koffie sou nooi nie!

In die tyd van benoudheid het Dawid ’n besoeker ontvang – Jonathan, sy boesemvriend en troonopvolger van Saul.   Baie mense het in en uit Dawid se lewe beweeg sonder om geestelike voetspore na te laat.   Jonathan het wel diep spore getrap; ’n ware vriend wat vir Dawid daar was toe hy eintlik op ʼn ander plek moes wees. ’n Goeie omskrywing van ’n ware vriend – iemand wat in jou nood by jou is terwyl hy eintlik op ’n ander plek moes wees.

Die pad na ‘n vriend se huis is nooit te lank nie, al lei dit ook deur ’n woestyn.  Wat het Jonathan by Dawid gaan doen?   Inligting oor hul bewegings probeer verkry sodat hy hulle soos ’n Judas kon verraai?    Nee, Jonathan het iets spesifiek kom doen – sy vriend kom bemoedig.

Jonathan se hart het soos ’n klok gelui toe hy hoor dat sy vriend in nood verkeer.  Vriende is soos onsigbare engele wat ons op ons voete help wanneer ons vlerke ophou werk.   ʼn Ware vriend is een wat in tye van onsekerheid saam met jou kan stil raak, in beproewing saam met jou kan huil en verdraagsaam met jou swakhede is.

Die beste ding wat Jonathan vir Dawid kon doen, was om doodeenvoudig net sy vriend te wees.  Dawid het geweet dat Jonathan vir hom omgee en dit was voldoende beloning.   Hy wou geen verdere beloning hê nie.  Dis mos wat ’n  vriendskap goddelik maak.

Dit was geen ydele bemoediging van “Vasbyt my vriend, môre lyk dinge beter” nie.   Let op die teksvers:   “En hy het hom bemoedig in God…” Jonathan kom in doodsgevaar in die Naam van die Here na sy vriend.   Wie jou in jou nood nader aan God bring, moet ʼn vriend wees!

Dit was vir Dawid ’n wonderlike bemoediging asof God self voor hom gestaan het!    Jonathan was soos die son wat sy donker lewe opgehelder het.  Vriende is ook een van God se maniere om na ons om te sien.

Jonathan kom met ’n goddelike versekering: “Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie”. Hy kon dit net sê omdat God dit aan hom openbaar het.   Jonathan se bemoediging was wondersalf teen Dawid se pyne van die lewe.  Dan spreek hy ook ’n profetiese woord: “...maar jy sal koning word oor Israel en ek sal die tweede onder jou wees”. ʼn Ware vriend stap in jou lewe in as die res van die wêreld uitstap.

Eintlik moes Jonathan vir Dawid as ’n vyand en ’n bedreiging vir sy toekoms beskou het.   Koningskap is die hoogste menslike eer denkbaar.   As dit jou toekom, sal jy dit nie van jou ontneem wil hê nie.  Jonathan het egter God se wil  verstaan – hy sou nie koning word nie, maar Dawid.  Daarom kom bemoedig hy die man wat sy vyand behoort te wees.

Jonathan het ’n tragiese einde gehad toe hy in ’n oorlog met die Filistyne op die berg Gilboa gesterf het.  Sy lyk is saam met dié van sy vader verneder toe die Filistyne dit teen die stadsmuur van Bet-San vasgespyker het.

Toe Dawid van sy vriend se dood verwittig is, het hy ’n klaaglied geskryf: “Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jonathan!  Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.  Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!” (2 Sam.1:26,27).

Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug.   Daar is twee groepe:  enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie.  Hulle is vêr in die minderheid soos Dawid en sy manne.    Andersyds weeg die grootste groep se sentimente baie swaarder as hul beginsels.   Hulle verlustig hul in die sonlig van vrysinnigheid.   Sulke mense is nooit ware vriende nie.

’n Goeie vriend is iemand wat Jesus ken, die waarheid liefhet en homself gee.  Dis goed om hier op aarde vriende te maak wat jy weet ook saam met jou in die hemel sal wees.   Handelinge vertel van die vervolging wat teen die Christene uitgebreek het waarna hulle bymekaar gekom en eendragtig in die geloof by mekaar gestaan het.  Hulle het soos Jonathan mekaar bemoedig en verstrek.

Het jy goeie vriende?   Van alles wat God ons gee om die lewe sinvol te maak, is vriendskap een van die grootstes.   Daar is min mooier dinge in die lewe as goeie vriendskap.   God het jou oë gegee om die mooi in ander mense raak te sien, lippe om mooi woorde te uiter en goeie vriende sodat jy die lewenspad nie alleen hoef te stap nie.

Wie met omsigtigheid goeie vriende bymekaarmaak, voed sy eie gees.  Jou vriende is maar net ’n keersy van jouself.   Daarom sê die Duitse spreekwoord:  “Sê my met wie jy omgaan en ek sê jou wie jy is!” As jy eerbaar wil wees, moet jy met eerbare mense omgaan.

’n Paar jaar gelede kom vra ’n jongman wat ’n hele paar jaar in die gevangenis was vir my raad.    Hy wou so graag ’n vaste vriendin hê, maar het nie daarin geslaag om ’n verhouding aan die gang te kry nie.   Toe ek hom vra wat hy middae ná werk doen, was een van sy antwoorde dat hy maar na ’n sportmankroeg gaan en met die vrouens daar gesels.  Dis waar sy probleem gelê het.  ’n Mens kry nie goeie goed in slegte plekke nie!  Vriende is net goed indien hulle reg gekies word.

Bid God vir goeie vriende as jy nie goeies het nie; vertroetel die vriende wat jy wel het.  En wees versigtig: Vriende maak of  breek jou.   Hulle is soos die knoppies in ʼn hysbak – sommige knoppies neem jou op en ander knoppies neem jou af.   Maak jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur.

Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie.  Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê.   Vriendskap gaan goud werd wees.   Bid God dat Hy in hierdie stryd vir ons Jonathan’s in ons lewe sal beskik om ons te bemoedig.   Laat ons Hom egter ook bid om van ons Jonathan’s te maak wat ons mede-volksgenote bemoedig.

Amen!