MISLUKTE DEMOKRASIE

Ds A.E. van den Berg

Daar word allerweë gesê dat die geskiedenis homself herhaal.  Dit lyk nogal so, want wat destyds met ons volkgebeur het, het hom na baie jare herhaal. Ons het weereens die prooi van politieke veronregting in ons eie land geword; dié keer nie deur ʼn koloniale moondheid nie maar deur ʼn swart diktatuur wat in die naam van demokrasie aan bewind geplaas is. Let wel - geplaas is!

Vandag regeer hulle vir geen ander rede as dat hulle ʼn getalle-meerderheid is nie.  Desondanks word dit as ʼn oorwinning vir demokrasie opgehemel.  Ironies genoeg is Afrika demokrasieë hoofsaaklik klug-demokrasieë.  Swartes is nie demokraties nie maar sosialisties.  Hulle eeu oue stamgebruike getuig al te duidelik hiervan.  ʼn Sosialistiese regering in ʼn demokratiese mondering is soos ʼn pedofiel in ʼn Kersvadergewaad!

Swart politici het meesterlik daarin geslaag om hul bose strewes agter die masker van demokrasie te verberg en die buiteland te laat glo dat hul stryd teen apartheid ʼn stryd om die vestiging van demokrasie was. Nee, apartheid is beveg omdat dit nie aan die eise van ʼn skrikbewind voldoen het nie!

Daar word na al die jare nog gereeld teen apartheid vuur gespoeg terwyl dit op ʼn goddelike skeppingsdaad gegrond is.  Alle volke is as sondaars voor God gelyk.  Dit beteken egter nie dat hierdie gelykheid na alle fasette van die lewe deurgetrek moet word nie.

Afrika-mense word selde deur hul verstand gelei, maar eerder deur gevoelens.  Daarom word daar baie gou van die reëls van ʼn ordelike gemeenskapslewe ontslae geraak en sal demokrasie nooit in Afrika tereg kom nie.  Daarvoor is die Afrika-mens se magslus, dwang en intimidasie net te sterk en loop hul mense gereeld onder politieke stoomrollery deur.

Demokrasie is nie die towerformule wat ʼn ideale regeringsvorm kenmerk nie. Dis eerder een van die swakste politieke regeringstelsels want dit dra die saad van sy eie vernietiging met hom saam.  Demokrasie het bv. oud-Griekeland en die magtige Romeinse ryk se val verhaas.

Desondanks word demokrasie in Suid-Afrika as geregtigheid vir almal geprys. Dis ʼn lelike misgissing wat diep spore van ontnugtering laat en mense onder die tirannie van ʼn onkundige meerderheid laat steier. Dis egter vir swart politici gerieflik dat massas nie vir hulself dink nie.  Hulle doen hulself as beskermers van verontregtes voor maar laat ʼn toestand van verwarring en wilde gedrag ontstaan wat nie met wette en reëls beheer kan word nie.  Die stygende misdaadstatistiek is ʼn onweerlegbare bewys hiervan.  En om te dink dat ons eie mense hierdie toedrag van sake oor hulself gebring het!

Ons is nie in ʼn oorlog verslaan nie.  Die gans wat die goue eier lê, het homself aangebied om deur jakkalse in ʼn jurie verhoor te word.  Dit was nasionale selfmoordwat mense se lugkastele baie gou in puinhope en hul dagdrome in nagmerries laat verander het.

In plaas daarvan om te besin en ʼn ommekeer te maak, het die volksverraaiers al hoe verder in hul ideologiese dryfsand versink. Maar hoor hoe kla hulle!  Wie die bal laat val en dit verkeerd spring. moenie ʼn keel opsit nie!

Die samelewing wat ons Here Jesus destyds gekruisig het, herinner my baie aan ons eie samelewing – ʼn korrupte kerk, politici sonder inbors en ʼn gepeupel wat maklik opgesweep word.