TWEE HUISE WORD EEN

EJG Norval

Die Boervolk van die Transvaal- en Vrystaat  gedurende die 1800’s was oortuig daarvan dat hulle as uitverkorenes al die 12 stamme van Israel verteenwoordig.  Ons sien dit in die Transvaal embleem met die 4 hoofde van Israel, naamlik die arend (Dan), die leeu ( Juda), die blanke Adamiet (Ruben) en die ossewa (die bees, Efraim).  Die kleure word dan ook in die Vierkleur-vlag weerspieël: rooi (Juda), blou vir die blou lug (arend), wit (Adamiet) en groen (weiveld vir die bees).  Die profetiese Woord vertel ons dat die  twee huise van God  se volk, d.w.s. Die Huis van Israel (10 stamme) en die Huis van Juda (twee stamme) aan die einde van hierdie aardse bestel een eenheid gaan vorm :

“In die dae sal die Huis van Juda gaan na die Huis van Israel en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle as erfenis gegee het (Jer 3:18)…. ‘n Kosbare land, ‘n allersierlike erfenis van die nasies“ (Jer 3:19).

Ons sien in hierdie twee tekse drie gebeure, naamlik: die twee stamme word een nasie, dit gebeur aan die einde van dae en die twee huise verhuis tesame uit die noorde na ‘n pragtige land in die suide.  Een manier om na die profesie te kyk, is dat Ons Vader ‘n volk sou vestig, ‘n volk bestaande uit al twaalf stamme van Israel en dat die land wat Ons Vader aan die verenigde volk sou gee, hier in Suid Afrika is.  Hier het immers ‘n volk onstaan wat geformeer is uit byna al die bestaande Europese  volkere en wat as die Boervolk bekend staan. 

Meeste van ons  voorouers kom uit Nederland, Frankryk, Duitsland, en daar is elemente van Engelse-, Ierse-, Skotse- en ander volke se genetika in ons volk.  Het Jeremia dalk ons volksplanting hier geprofeteer?  Moontlik het Hosea dit ook geprofeteer in Hosea 1:11: “…dan sal die kinders van Juda en die kinders van Isarel saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek.”  Daar is egter eksegete wat meen dat hierdie eenwording eers geskied met, of net na die tweede koms van ons Messiah, terwyl andere meen dat die Boervolk slegs bestaan uit die Huis van Juda, wat wag vir die aansluiting van die ander stamme by die volk op ‘n latere stadium.  Hoe dit ookal sy, die Boervolk is die jongste volk ter wêreld, met die jongste taal van almal.