ESéGIëL 38

EJG Norval

Volgens die 1933 vertaling van Eségiël 38:2 sien ons dat Gog van die land Magog, ‘n vors van Ros, Meseg en Tubal genoem word.  Volgens ou kaarte is Magog die landstreek tussen die Swartsee en Kaspiese see, d.w.s. Wes-Rusland.  Geskiedenisskrywers (sien bronnelys) beweer daar is genoegsame bewyse uit ou geskrifte dat die naam “Ros” die huidige Rusland verteenwoordig en dat Magog die land is waar Meseg (wat in sommige bronne beskou word as Moskou) en Tubal (Tobolsk-stad in Siberië) geleë is.  Volgens Eseg 38 vers 4 trek Gog en sy leërmag op teen die stamme  van Israel tesame met die Perse (Iran), Kus (Afrika) en Put (Libia), Gomer (Turkye), Togarma (Moslems van die Midde-Ooste) teen die Europese lande. 

Dit is interressant om daarop te let dat daar reeds ‘n alliansie bestaan tussen  sekere lande, bekend as die BRICS-lande (Brasil, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika), terwyl Iran, Arabiere en meer Afrika-lande te kenne gegee het dat hulle by hierdie alliansie wil aansluit om een groot magsblok te vorm.  Moontlik dui dit op die profesie soos in Eségiël 38 beskryf word en dat hierdie magsblok eendag teen die Europese (Israel) lande en NATO te staan gaan kom.  Ons wittes in SA sal dan vasgevang word binne hierdie nie-Israel magsblok.  Tans sit Europa met die probleem dat migrante van hierdie vormende magsblok soos ‘n Trojaanse perd by hul honderde duisende in Europese lande insypel.

Gog en sy magtige hordes sal uit die verre Noorde op Israel optrek  (Eseg. 38:15), maar God sal Gog en sy bondgenote tref met pes en dood, hael en swawelreën  (Eseg 38:22) en God sal Hom voor die oë van die nasies laat ken as die Heilige van Israel (Eseg 38:23).  Presies waar en wanneer die twee magsblokke in die eindtye teen mekaar te staan gaan kom, sal ons maar moet sien uitspeel.  Waar die Edomiete (Jode) hulle gaan bevind is moeilik om te bepaal maar dit is moontlik dat hulle die komende stryd gaan orkestreer om die verskeie alliansies teen mekaar af te speel met die doel om hulle te verswak tot onderwerping.  Hierdie Jafets-nageslag uit Meseg en Tubal sal saam met die Edomsgeslag in die kuil gewerp word (sien Eseg 32 verse 26, 27 en 29).

Bronne uit die Web:

Does the Bible say anything about Russia in relation to the end times

Who are Mesech and Tubal in the Bible

Appendix 6: where is Mesech and Tubal, Oxford Bible Church

Appendix 5: where is Rosch, Oxford Bible Church

Gog and Magog – who are they and what have they to do with the last days.