TROON VAN SATAN

Gustav Norval

Die antieke stad Pergamis (Pergamon) was in die Helleniese tydperk opgerig en lê vandag in die noordweste van Turkye naby die Griekse Aegeaansee.   Vandag is die gebied een groot massa ruïens, pilare en rotsblokke wat getuig van ‘n eens kollosale en indrukwekkende kompleks van tempels en opelug amfiteaters.  Opgrawings in die gebied sedert die middel van die 1800’s het ‘n massiewe kompleks van geboue ontboot op ‘n kop wat die Grieke ‘n “acropolis” genoem het.  Voorstelling van die Pergamis kompleks lyk as volg:

Search Resul  Vandag is die gebied een groot massa ruïens, pilare en rotsblokke wat getuig van ‘n eens kollosale en indrukwekkende kompleks van tempels en opelug amfiteaters. Opgrawings in die gebied sedert die middel van die 1800’s het ‘n massiewe kompleks van geboue ontbloot op ‘n kop wat die Grieke ‘n “acropolis” genoem het. Voorstelling van die Pergamis kompleks lyk as volg:

Van die geboue wat ontdek is, was die tempels van Dionissus (figuur 2 onder), Athene (3) Trajan (4), Hera (5), Isis, Telesphorus (6), Romeinse teater, amfiteater van 10,000 sitplekke (7), Romeinse baddens, sportstadion met oorhoofse dak, gymnasium en allerlei ander geboue.

          

Die fondasies van die Groot Altaar van die Pergamis tempel ter ere van die Griekse god Zeus (8) is in 1900 opgegrawe en word deur eksegete beskou as die Openbaring-hst 2 se “setel van Satan” (9).

                        

                               Die Groot Altaar Soos dit moes gelyk het

                  

Die laaste foto gee ‘n voorstelling van die “groot altaar” van die tempel van Pergamis soos gereksonstrueer in ‘n Berlynse museum. Openbaring 2 verwys na hierdie Pergamis kompleks as volg in vers 13 in die derde brief aan die gemeente van Pergamis:

En Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die satan is. En jy hou vas aan My naam en het die geloof in My nie verloën nie….. by julle waar die satan woon.

Wat interresssant is, is wat die twee opvolgende verse beskryf:

14: Maar Ek het enkele dinge teen jou dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bileam wat Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik, om afgodsoffers te eet en te hoereer

15: so het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete wat Ek haat.         

In hierdie heidense “groot altaar” van Zeus, wat die setel en woonplek van satan was volgens Openbaring 2 en wat omring is deur sportstadions en tempels, was Bileam en die Nikolaiete leerstellings gepropageer. Bileam se leer was bedryf deur kinders van die vervloeking (2 Petr.2:14-15) weens hoerering, vermenging en uitreik na volksvreemdes en hul afgodery (Num. 25 en 31:15-17), terwyl die leerstelling van Nikolaus die inbring van volksvreemde elemente en hul afgode in die gemeente van God voorstaan. Die Nikolaïetiese leer was as ‘n mistieke of gnostiese sekte beskryf, wat in Johannes se tyd aan vreemde gode geoffer het en immoraliteit bedryf het. Vandag is daar legio tempels in ons dorpe en stede, vanwaar elemente van die twee leerstellings verkondig word.