Gustav Norval
Deur al die milennia met al sy geweld en oorloë, is baie miljoene Europese mense sonder oorsaak gedood. Die Britse empire was gebou op die bloed en trane van onskuldige Boere. Van Queen tot Kakiesoldaat, van lord en sir tot uitlander, wat Oom Paul se regering omvêr wou gooi, van geldmagnaat en mynbaas tot smous en joernalis, hulle het onskuldige bloed aan hul hande gehad. Die bloed van 30,000 kinders onder 16 jaar oud, 5000 vrouens, 7200 gesneuwelde-, vermoorde-, tereggestelde mans en 1100 geinterneerde burgers is op hul rekening. Die smaad van ontelbare Boere wat beroof, geplunder, gewond, beswadder, gemolesteer en verag, rus op hul hoofde.
Laat ons kennis neem van wat die Woord verder sê oor diegene wat onskuldige bloed vergiet:
*vir die goddelose geld Psalm 94 vers 5: “...hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese” en vers 21: “...hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.”
• Maar hul oë en hart was net op hul onregverdige wins en op onskuldige bloed om dit te vergiet en op verdrukking en afpersing om dit uit te voer (Jer 22: 17).
"Hou jou vêr van valse sake en moenie onskuldiges en diegene wat reg het ombring nie, want God sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.” (Ex. 23:7).
*Hul bloed is kosbaar in sy oë (Psalm 72 vers 14)
*weë hom wat ‘n stad bou met bloed (Hab.2 vers 12).
• Laat geen onskuldige bloed vergiet word binne jou land wat God aan jou as erfenis sal gee en bloedskuld op jou kom nie (Deut 19: 10).
• Laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie (Deut 21:8) en Spr. 6:17 veroordeel hande wat onskuldige bloed vergiet.
*God sal die moordenaars besoek en: “die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie” (Jes 26:21).
*God sal diegene uitdelg wat onskuldige bloed vergiet en sal hulle nie vergewe nie (2 Kon. 24:4).
*Hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet, hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbreking in hul paaie (Jes 59:7).
*Verder: doen reg en geregtigheid en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, en doen geen skade, geen geweld aan vreemdeling, wees en weduwee nie en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie (Jer 22:3). Die oortreders se huis sal ‘n puinhoop word (vers 5) en die nasie ‘n onbewoonde woestyn (vers 6).
*God waarsku ook in Jeremia 7 vers 6 dat onskuldige bloed nie vergiet moet word nie
*in Joël 3:10 lees ons: “Egipte en Edom sal ‘n woeste wildernis wees weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.”
Dit geld ook vir diegene wat die volk se gees vermoor met leuns, dwelms of wat ookal. Ons sien dus dat God nie die vergieting van onskuldige bloed ligtelik opneem nie en dat misdadigers wat sy volk moor, almal veroordeel sal word. Judas het Jesus verraai en onskuldige bloed op sy hande gelaai (Matt 27: 4). Ons is almal skuldig aan sy bloed, maar Goddank dat sy onskuldige bloedverspilling nie teen ons gehou gaan word nie, mits ons sy offer aanneem en vra dat sy bloed ons sal reining van ons sondes. Ons kan ons Messiah nie genoeg dank dat Jesus ons deur sy bloed regverdig verklaar en dat ons nie veroordeel word of ervaar dat sy bloed op ons hoofde kom nie.