NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan elk dag saam met Dawid bid in Psalm 69: "o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie... Red my uit die modder en laat my nie sink nie..."

DIE WEDERGEBORE TRONKVOËL

UIT ONS FONTEINTJIE

Lees reeks by Uit ons fonteintjie

Hy was ‘n prisonier in die staatsgevangenis waar hy sy straf moes uitdien vir ‘n misdaad wat hy gepleeg het.  Daar het hy onder die prediking van ‘n besoekende leraar tot  bekering gekom.  Nadat hy sy straf uitgedien het, het hy hom geroepe gevoel om self die  wonderlike evangelie van sieleredding te gaan verkondig.  So was hy een aand besig om ‘n diens te lei in sy klein Evangeliesending, ‘n inrigting wat hy met sy eie geld en op sy eie verantwoordelikheid begin het, sowat ‘n jaar na sy ontslag.

Skielik is hy in die middel van sy preek in die rede geval deur ‘n man met ‘n bose gesig, wat halfpad na agter in die gehoor opgespring het:   “Jy hoef nie te dink dat jy ons almal om die bos lei nie. Sommige van ons ken jou vir wat jy is.  Ek ken jou Dan.  Ek was saam met jou in die staatsgevanenis waar jy jou straf uitgedien het toe jy daar was.  Jy is maar net so ‘n gewone bandiet soos ek, ‘n tronkvoël!  Moenie hierdie mense probeer bedrieg nie. Vertel hulle die waarheid. Vertel hulle dat jy vyftien jaar gekry het en dat jy skuldig was.”

Daar het ‘n doodse stilte oor die gehoor toegesak.  Hulle het beurtelings na die sendeling  en na sy beskuldiger bly staar.  Toe stap Dan agter sy goedkoop katedertjie uit.  Op sy gesig was daar ‘n baie ernstige uitdrukking, maar daar was geen teken van ergernis in sy stem toe hy praat nie.

“Vriende,” sê hy, “ die man wat so pas gepraat het, het die waarheid vertel.  Ek is ‘n gewese bandiet.  Ek is ‘n tronkvoël.  Ek het straf uitgedien in die staatsgevangenis.  Dit is alles waar en God weet hoe ek dit betreur het.  Maar daar is iets anders wat ook  waar is.  Die Dan van wie hy u vertel het, het in daardie tronk gesterf.  Hy het een aand gesterf toe ek die goeie tyding ontvang het dat enige persoon die vergifnis van sondes van God kan kry as hy dit deur die deurboorde hande van Christus wil aanneem.  Daarna kan hy ‘n nuwe lewe voer.  Ek het die aanbod aanvaar en van daardie oomblik af tot vanaand toe was ek ‘n nuwe mens.  Ek ken die man wat gepraat het.  Ons was saam in die tronk  En nou wil ek hom ‘n vraag vra.”

Hy het ‘n paar treë na die rant van die verhoog gestap en sy beskuldiger wat nog steeds gestaan het, vol in die oë gekyk en gesê: “ Jy het my meer as twee jaar as medegevangene geken nadat ek die Here Jesus aangeneem het.  Jy het die kans gehad om my baie fyn dop te hou, om te weet hoe ek geleef het, hoe ek gepraat het, hoe ek my beloftes nagekom het.  Weet jy van enigiets wat ek ooit gesê of gedoen het sedert die aand  toe ou Dan dood is en ‘n nuwe Dan gebore is  -  enigiets wat oneerbaar of ‘n Christen onwaardig is?  Kan jy eerlik aan hierdie mense sê dat jy van iets in my lewe weet sedert daardie aand wat my die reg sou ontsê om aan hulle van die liefde van Christus vir sondige mense te vertel?”

Die gehoor het feitlik ademloos gesit en luister.  Niemand het geroer nie.  Alle oë was stip gevestig op die twee hoofspelers in hierdie stukkie godsdiensdrama.  Die steurder met die bose gesig het ‘n volle minuut die prediker nors aangestaar.  Hy het sy kop so effens geskud, sy oë neergeslaan en op sy sitplek neergesak sonder om weer op te kyk.

So kyk ‘n verloste sy verlede onbevrees en vol vertroue in die oë, omdat hy vanaf die uur van sy wedergeboorte,  die sekerheid ontvang dat God al sy sondes vergewe het.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1299 gaste aanlyn