Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
INLEIDING
" Naas die sondeval (Gen.3) is die ideologiese samesmelting van Rome en
“Laat niemand julle op op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:3,4).
Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die grootstes. Die gemeente in
Toe dit nie aan sy verwagting voldoen nie, het hy van strategie verander en met dwaalleringe in die boesem van die kerk opgeduik waarna die kerk met vyande uit haar eie geledere geteister is.“Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh.2:19). Lukas maak so vroeg as Hand.15 melding van ‘n raadsbyeenkoms wat in Jerusalem gehou is om kettery in die kerk te ondersoek.
Satan se onophoudelike aanslae op die vroeë kerk het ‘n bres in die muur veroorsaak waardeur heidenelemente die kerk ingesypel het. Die verval in die suiwere Bybelse leer wat aanvanklik as ‘n ligte bries in die kerk begin gewaai het, het later so in omvang toegeneem, dat dit orkaansterkte bereik het. In plaas daarvan dat die kerk die heidendom binnegedring en lig in duisternis gebring het, het die heidendom die kerk binnegedring en die lig van die Evangelie verdof.
Naas die sondeval (Gen.3) is die ideologiese samesmelting van Rome en
Daar word verkeerdelik na die Roomse Kerk as die Roomse Katolieke Kerk verwys. Dis begrippe wat mekaar weerspreek. Katoliek beteken algemeen of universeel. As Rooms bygevoeg word, is dit nie meer algemeen nie, maar eerder besonder. Almal wat Christus as Verlosser en saligmaker ken, behoort aan die onsigbare Katolieke Kerk. Gevolglik is Protestante eerder Katoliek omdat hulle hul geloof, soos die eerste Christene, slegs op die Bybel grond. Die Roomse Kerk wat in die Vatikaan gesetel is se lidmaatskap word egter beperk tot mense wat die oppergesag van die pous erken.
Die Roomse Kerk is egter ‘n gedempte vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery. Dit het soveel heidendom in haar boesem, dat dit werklik inspanning kos om iets eg Christeliks daarin te vind. Die Roomse Kerk is soos ‘n lugspieëling in die woestyn wat geen lewenswater nie omdat sy in werklikheid geen Christelike kerk is nie, maar eerder ‘n neo-Babiloniese sekte uit wie se geledere die Antichris as laaste pous na vore gaan tree.
BABILON
1.1 Ligging
Babilon het in die Bybel altyd ‘n ongunstige betekenis. Vanaf die bou van die berugte toring (Gen.11) tot in Openbaring 18 staan Babilon in die teken van opstand teen God. Dit was ‘n land aan die benede-lope van die Eufraat-en Tigrisriviere (in die huidige Irak) en in die Ou Testament ook Sinear genoem (Jos.7:21; Jes.11:11; Dan 1:2). Die Grieke het dit vanweë die hoofstad
Die eerste bewoners was alreeds teen 3500vC in diè landstreek gevestig. Babilon was deel van Nimrod, die eerste koning op aarde, se ryk (Gen.10:10).
1.2 Verborgenheid
Die Babiloniërs was afgodsdienaars wie se godsdiens om die as van geheimsinnigheid (verborgenheid) gedraai het. Priesters wat mense hierin onderrig het, is slaafs nagevolg. Kandidate wat kennis van die verborgenheid wou bekom, moes eers ‘n geheime drank drink wat hulle in die mag van die priesters geplaas het waarna hulle stap vir stap in die geheimenisse ingelei is.
Die profeet Jeremia verwys hierna as hy sê dat Babel ‘n goue beker is wat die aarde dronk en nasies rasend maak (Jer.51:7). Johannes praat ook in simboliese taal hiervan: “…en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol van guwels” (Openb.17:4). “omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery…” (18:3).
Die heidene se begeerte na kennis van die verborgenhede het aan die Babiloniese priesters ongekende mag oor hulle besorg. Hulle is as die enigste vertolkers en uitlêers van die geheimenisse geag en ook die enigstes wat toegelaat is om diegene wat by die verborgenhede ingelyf was, te onderrig. Sonder hulle hulp het die mense van Babilon nêrens in die lewe gekom nie.
Alvorens iemand by die verborgenhede ingelyf is, moes hy eers deur reinigende waters gaan. Dit was ‘n heidense doopsbediening wat deur onderdompeling geskied het. Sommige priesters het egter so hardhandig te werk gegaan dat sommige van die dopelinge in die proses verdrink het! As ‘n dopeling egter diè rowwe ritueel oorleef het, is hy geskik geag om tot die kennis van die verborgenhede toegelaat te word.
Babiloniese priesters is òf aan hulle kaal koppe òf ‘n kaalte bo-op die kop (kroonskeer) gekenmerk. Die priesters van Osiris (Egipte) het ook hulle koppe kaal geskeer, ‘n gebruik wat later ook in
1.3 Semiramis
Niemand het afgodery meer bevorder as Semiramis, die vrou van Nimrod, nie. Sy was ‘n heks wat deur die Satan gebruik is om allerhande bose gebruike te vestig. Sy het bv.die selibaat as ‘n verskansing vir egbreuk, homoseksualisme en sodomie gevestig en daarmee die priesters afgesonder. Die selibaat is in werklikheid opstand teen God se instelling van die huwelik (Gen.2).
Die enigste volledige dokument oor Semiramis is deur Diodorus Siculus ‘n Griekse geskiedskrywer in die tyd van Julius Caesar geskryf. Volgens hom was sy so verleidelik, dat sy al wat magshebber is betower het. Sy het onder andere tempelprostitusie in
Sy het haar onderdane deur middel van godsdiens in blinde onderdanigheid aan
Die verering van Semiramis met die seun in haar arms het oor groot dele van die wêreld versprei. In Egipte is hulle as Isis en Osiris aanbid; in
Semiramis het
Die geskiedskrywer Diodorus Siculus maak van die toring van Babel melding en skryf dat daar in die boonste verdieping drie groot afgodsbeelde was. Een daarvan was dié van ‘n vrou met ‘n slang in haar hande wat Semiramis voorgestel het. Diana is in Efese op soortgelyke wyse voorgestel. Die enigste verskil was dat diè slang sonder kop was.
ulle Hulle Semiramis was skynbaar van onbeduidende afkoms. Haar verbintenis met Nimrod het haar aansien besorg. Sy is egter eers na haar dood as godinmoeder vereer en die hemelkoninging genoem waarna heidene geesdriftig aan haar begin offer het. “En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drank uitgiet…” (Jer.44:19).
Die Babiloniërs het graag aan haar geoffer. By sekere geleenthede selfs bloedoffers (diere) aan haar gebring. Die onbloedige broodjie-offer was egter die gewildste offer. Dit was ‘n klein, ronde broodjie wat soos ‘n wafeltjie gelyk het: “..…is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?” (Jer.44:19). Slegs toegewydes is toegelaat om die broodjie-offer te nuttig. Die Roomse Kerk het hierdie heidenoffer later onbeskaamd voortgesit.
Semiramis het die Babiloniese priesters en tempelmaagde verbied om in die huwelik te tree. Die weerhouding van die huwelik (selibaat) is as bevorderlik vir hulle kennis van die verborgenhede geag. Dit het egter rampspoedige gevolge gehad. In plaas daarvan om diegene wat daartoe verorden is se lewe te heilig, het dit juis tot vergrype soos sodomie en verkragting gelei.
Semiramis het met verloop van tyd die voorwerp van wêreldaanbidding geword en is die moeder van die gode genoem. Clericus skryf dat die Perse, Siriërs en al die konings van Asië en Europa haar aanbid en vereer het. Tacitus skryf dat Semiramis selfs in oud-Duitsland vereer is en dat Julius Ceasar tydens sy inval in Britanje van haar priesters daar aangetref het.
Die aanbidding van Semiramis het oral byval gevind. Openb.17:2 meld dat nasies “dronk geword het van die wyn van haar hoerery”. In die tyd van Jeremia is sommige van die Bondsvolk so deur Babiloniese afgodery meegevoer, dat God hom moes stuur om straf oor hulle aan te kondig (Jer.44). Na die Babiloniese ballingskap het ‘n klomp Jode in selfballingskap na Egipte uitgewyk om Semiramis te gaan aanbid.
1.4 Na Pergamus
Na die dood van Nebukadneser het Babilon se mag begin afneem. Die ryk is van binne sowel as van buite bedreig. Van binne deur die ongehoorde mag wat priesters oor mense gehad het asook die feit dat die leër hoofsaaklik uit huursoldate bestaan het. Van buite deur die opkomende magte van Egipte, die Meders en die Perse. Die skrif was vir Babilon aan die muur.
Nadat koning Kores van Persië die ryk van die Meders in 550vC vernietig het, was dit