7 NOVEMBER 2020

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie tye is daar dikwels nie meer duidelike onderskeid tussen die waarheid en die leuen nie. Met die leuen word dit wat goed is afgemaak as onaanvaarbaar. Iemand se opregte bedoelings, eerbare verdienste of naasteliefde, kan met een leuen maklik verander word in valsheid, oneerlikheid of skynheiligheid. Omdat God alleen die Waarheid is, en die leuen verfoei, moet die waarheid sonder valse skyn by ons 'n ereplek hĂȘ.