22 JUNIE 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die man van weinig woorde se solder is so klein dat daar nie plek vir kaf is nie, het Langenhoven gesê. Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan want dit bepaal jou hele lewe. Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolge dra, leer die Bybel ons.