13 Februarie 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Alles in ons land is bedorwe; politiek, kerk, kultuur, handel, ja, alles!   Nêrens gaan dit beter as in die verlede nie.     Dis die gevolg van die Christengrondwet wat met ʼn sekulêre een vervang is en die Tien Gebooie met ʼn Handves van menseregte!  Dit laat ʼn mens aan die woorde van Ps.2 dink:  “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (:2,3).  Suid-Afrika het met iets anders as die nag donker geword!