By onderstaande skakel kan u luister na Billy Graham se boodskap oor wat die Bybel sê oor verassing. Alhoewel die Bybel nêrens verassing verbied nie, word dit duidelik dat verbranding telkens gebruik is in gevalle van veroordeling en straf, 'n proses wat uitgevoer is om sodoende geen eer aan die oorledene te toon nie terwyl die begrawe van 'n liggaam telkens as eerbetoning vir die persoon plaasgevind het. Luister gerus hoe duidelik Billy Graham die Bybel oor hierdie saak ontleed.