STIEFKIND VAN DIE AFRIKANERVOLK

Opgedra aan die CVO-skole

         WJA van Schalkwyk

Saam het ons uit die Party gestap
omdat hul ons taal en volk vertrap.
Pa't gesê as hulle aan ons kinders vat
daar meer as net vonke in die vuur sal spat.

Saam het ons weer die stryd begin
om te veg vir kerk en huis en suigeling.
Pa't gesê as hulle in ons kerke kom,
draai hy sy rug net wederom.

Saam besluit waar ons die Heer wou dien ...
ek verstaan so min – ek was net tien.
Pa't gesê as hulle aan ons kinders vat
daar meer as net vonke in die vuur gaan spat.

Alleen moes ek toe daar staan
tussen heiden, Jood, Mohammedaan.
Pa sê hy't duur betaal
vir koshuis, skool en ook die saal.

Alleen moet ek nou my stryd hier stry
beginsels geld vir pa en nie vir my.
Ag, as ek maar net na die skool kon gaan
waar die God-stem ruis en die vierkleur staan.