DR VERWOERD

Die Verwoerd-figuur alleen was goed genoeg
om met alle mense se ryke wandenke te ploeg.
Op die kruin van sy betekenisvolle lewenspad
het hy geheers soos geen ander volksleier had.
'n Generaal wat sy leër deur 'n nou bergpas lei,
sonder weerga en uitermate wellewend was hy.


As volksleier het hy treffende strategie bepaal,
en die beste uit 'n kleinste besonderheid gehaal.
Sy besonderse groot intellek en oorredingskrag
het menige verras wat betref wysheid en gesag.
Altyd dieselfde, altyd gemoedelik, altyd briljant,
instrumentale ewewig tussen volke en verstand.


Die Verwoerd-tydperk was deurlopend gekenmerk
deur opbruisende ontwikkeling sonder paal of perk.
Breë denke en beslissings was aan hom toevertrou,
sy staatsmanskuns as 'n geniale hoogtepunt beskou.
Opperste leidsman en boumeester, draer van agting
met toenemende fyn aanvoeling vir die verwagting.


Vriend en vyand het sy hoogs uitsonderlike intellek
met dryfkrag bemerk, toewyding wat breed uitstrek.
Vooruitsien van gebeure plus aanleg vir staatkunde
was onafskeibaar van merkwaardige redeneerkunde.
Man van beginsels, met morele moed en wat kan lei,
sou met geregtigheid sy eie mense ewig kon begelei.


Ryklik bedeeld met begaafdheid in gees en verstand,
selfloosheid, beginselvas, eerlik in karakter en stand.
Besonder bekwaam, hardwerkend, opreg van inbors,
altoos hoflik teenoor almal van 'n geleerde tot 'n jors.
Een van Suid-Afrika se merkwaardigste leidsmanne,
almal beter daaraan toe in sy regeertyd as vergange.


Skep jou eie toekoms was lewenslank sy sterk leuse,
derhalwe was daar vir hom geen ander weg of keuse.
Vir sy toesprake het hy nimmer aantekeninge gebruik,
sy sinryke geheue was net soos die weduwee se kruik.
Hy het dit onnodig gevind om op twee punte te hink,
die uitgestippelde toekoms het hom vooruit gewink.


Teen sy integriteit kon en was geen vinger ooit gelê,
hy het ordelike wette eerlik en beroepmatig neergelê.
Alle koerante links - regs het hom na sy dood besing
na regtig besef is hy het gunstig vir alle volke beding.
Sy klassieke beleid vir alle volke van aparte vryheid,
het in wysheid 'n verstandige regverdige kruin bereik.


Hierdie staatsheld het almal na samehorigheid gelei,
vir volkgroepe hier te lande 'n vrye republiek verkry.
Eerbied is allerweë getoon deur volke suid en noord,
Blank en Swart hewig ontsteld verenig oor sy moord.
Kolos onder sy eie mense het hierdie wêreld gedien,
'n man groot van formaat wat heldeverering verdien.


Johan Dorfling