ONS SONNIGE SUID-AFRIKA

 Hierdie gedig het M H Neser (1874 - 1932) in die vorige eeu oor ons pragtige land geskrywe.  Dit getuig van sy mooi vaderlandsliefde.  Gelukkig vir Neser, weet hy nie hoe dit vandag in Suid-Afrika lyk en gaan nie.  Kom ons deel in sy vreugde van destyds oor ons dierbaar land:

 

Hoera! Vir ons skone, soete land
Ons fraaie Afrika;
Die land hier aan die Suiderstrand
Die land van pa en ma

Waar die Boesmans en die Swartes
vanslewe het gebly,
En die Hotnots rondgedwaal het,
Gelyk die wind so vry.
Daar is vervas geen beter land
As ons Suid-Afrika.,
Ons skilderagtig Vaderland,
Ons sonnige Afrika.

 

Hoera! vir so’n mooie land,
So lieflik en so vry,
Waar jy alles wat jou hart begeer
In owervloed kan kry,
Waar wild van alle soorte
Sy velde nog bewoon,
En ongedierte skuilplek soek,
In berge wonderskoon.
Waar is nog meer so ‘n goeie land
Soos ons Suid-Afrika?

 

Ons helder, frisse Vaderland,
Ons sonnige Afrika?
Hoera!  vir so ‘n heerlik land
Met ‘n sagte, soete lug,
Waardeur bevallig, trots en snel
Die fraaiste vogels vlug,
Wat met hul vrolike gesing
Ons oor bekoor en streel.
Die smaaklike deuntjies wat hul sing
Sal niemand ooit verveel
Gesegend is ons kosbaar land,
Ons vrye Afrika,
Ons ryk bedeelde Vaderland,
Ons sonnige Afrika

Hoera! vir ons gelukkige land,
Waar altyd groene bome
Pryk in ‘n pragtige kleed gedos
Langs heldere waterstrome
En selfs die vlaktes, berg en dal
Is daarmee ryk beplant,
Vir skadu teen die hete son,
Wat soms geweldig brand.
Bewaar, o Heer; ons vrugbare land,
Ons ryke Afrika,
Ons kosbare, keurige Vaderland,
Ons sonnige Afrika.

 

Hoera! vir so’n pragtige land,
Waar die skoonste blomme pryk,
En vir jou vrindlik tegenlag,
Waar jy maar heen mag kyk.
Hul is van vorm bekoorlik mooi,
En van die fraaiste kleur;
Versprei nog wyd en syd
Die allersoetste geur.
O Heer! Behoed ons dierbaar land,
Ons blye Afrika
Ons vreugdevolle Vaderland,
Ons sonnige Afrika.

 

Hoera! Hoera! vir  Afrika,
Die land van die groenste veld.
Van klaarste waters, steilste berg,
Die land so ryk aan geld;
Die land wat vloei van heuning en melk
Waar die lug is fris en soet;
Die land van diamante en goud,
Die land van owervloed.
O God! Beskerm ons dierbare land,
Ons Eden Afrika,
Ons Paradys, ons Vaderland,
Ons sonnige Afrika.

 

M H Neser.