VERWOERDMAAND

AFRIKAANS IS EIESOORTIG (3)

Lees reeks by AFRIKAANS IS EIESOORTIG

Johan Dorfling

Sommige taalgeleerdes is geneig om te beweer dat 'n bepaalde woord nie uit Engels ontleen is nie. Dit is dan sogenaamd 'n oorspronklike Latynse of Franse woord wat ook in die Engelse taal opgeneem is. Ongelukkig is dit 'n skewe waarheid, want die mense wat die bepaalde woord begin gebruik, het dikwels geen kennis van Latyn of Frans nie. Vir hulle was dit deur en deur 'n Engelse woord. Waarom word minder woorde deesdae uit Nederlands of Duits ontleen?  Omdat dit nie in Engels opgeneem is nie. "Grand Prix"  kom vir ons uit Engels. Die Duitsers en Nederlanders en Vlaminge gebruik die benaming  "Groot Prys"  in hulle eie taal en dit is ook aanvaarbaar in Afrikaans omdat dit die presisie betekenis is. Waarom moet ons 'n woord uit Engels (of dan Frans) oorneem as dit nie 'n Afrikaanse inslag het nie?  Waarom nie uit Nederlands of Duits oorneem nie?

Deesdae is daar 'n neiging by wetenskaplikes om diere en plante so te beheer dat hulle nie verbaster of verdring word nie. DNS-toetse is aan die orde van die dag en indringerplante word hand en tand beveg. Dieselfde neiging behoort by taalkundiges inslag te vind as hulle met ontwikkeling en bewaring op die voorpunt wil wees. Indien hulle dit nie doen nie, sal Afrikaans oor tien jaar meer  "verbaster"  wees as wat hulle ooit voorsien het, want die neiging sal sonder twyfel sneeubal. Geen stelsel kan ooit stilstaan nie. Dit gaan óf vorentoe óf agteruit.

Wat my geprikkel het, was dat almal wat Afrikaanssprekend is in die vorming van die taal gedeel het. Die vryburgers en later die Voortrekkers was nie juis belese mense nie, tog het hulle baie bygedra tot die totstandkoming van Afrikaans. Dan kom dit by my op:  Moet ons 'n taal so ingewikkeld maak dat die gemiddelde taalgebruiker hom ontuis voel?  Dit is uiteraard 'n wêreldneiging dat tale eenvoudiger word soos byvoorbeeld dat selfs die Duitsers hulle al hoe minder aan die bepaalde lidwoorde (der, die, das) vir manlik, vroulik en onsydig steur, dog die benamings bly dieselfde sonder die lidwoorde.

Ek hoor dikwels dat gesê word dat die jongmense van vandag ons taal vermeng en die groot "sondebokke" is. Een fout wat hierby gemaak word is dat met sondebokke bedoel word dat die jongmense die skuldiges is, maar die regte betekenis van sondebokke is dat hulle onskuldig beskuldig word. Daar word eintlik bedoel dat die jongmense die skuldiges is.

Dat alleen jongmense skuldig is, is ook nie juis nie. Luister na die ouers en ouer persone wat praat van (mans) "tools", "tool-box", "gears", "fire-lighters", "charcoal", "tackle" (in rugby), "score", "hose-pipe". "weed-eater" en nog baie ander. Die vrouens praat van "flower", "baked beans", "lip-ice", "tape", "heater", "bye", om maar net enkeles te noem. Hulle kom nie eens agter dat hulle geradbraak praat nie. Dis die ouers wat hulle kinders van jongs af moet leer om trots op Afrikaans te wees en suiwer te praat, maar self handhaaf hulle Afrikaans nie trots nie. Daar is oorgenoeg woordeboeke om leiding te vind. Dus is die ouers die skuldiges.

Ons gebruik Afrikaans baie meer as enige ander vak soos biologie, godsdiens, geskiedenis, sport of enige belangstelling omdat ons heeldag in Afrikaans dink en praat wanneer ons op enige gebied beweeg. Tog besef ons nie dat Afrikaans elke keer aanvullend tot alles is. Sonder taal kan ons nouliks met mekaar kommunikeer. Ken u die betekenisse van alledaagse woorde?

Lewendige ammunisie is onbetwisbaar Anglisisties. Skerp ammunisie, soos ook skerpskutter, is korrekte Afrikaans.

Lewendige kan ook lewende beteken en word in bepaalde omstandighede as 'n sinoniem beskou, maar beteken ook opgeruimd of energiek. Lewendige uitsending is dus nie die korrekte beskrywing nie, maar regstreekse uitsending.

Om 'n bal in byvoorbeeld rugby lewendig te hou is ook 'n Anglisisme. Die bal word in spel gehou. Die bal kan tog nie lewend of opgeruimd wees nie.

Ook in rugby kan 'n bal nie versprei word nie omdat dit nie verdeel kan word nie. Pamflette word versprei, rose versprei 'n geur, 'n verwarmer versprei hitte. 'n Bal word aangegee of uitgegee.

'n Verdagte oorhandig homself nie aan die polisie nie, soos al verskeie kere oor die radio gehoor. Hy gee homself nie met die hand aan/oor nie of lewer homself nie af nie.

'n Motorvoertuig word nie gediens nie, maar versien. Diens is nie 'n werkwoord nie.

Parte is verkeerd as onderdele bedoel word.

Benodig kan ook nie as 'n werkwoord gebruik word nie. Iets is nodig of iemand het iets nodig.

In HAT staan duidelik dat kontak as 'n werkwoord Anglisisties is. Jy kom in aanraking met iemand of tree in verbinding met hom of maak kontak.

'n Radio word afgesit as dit van die tafel af op die vloer neergeplaas word. Andersins word dit afgeskakel. 'n Lig word ook afgeskakel. Gewoonte moenie 'n taal laat ontaard nie.

Die jongste uitgawe van 'n boek of tydskrif is korrek en nie nuutste uitgawe nie.

Angstig, afgelei van die woord angs, beteken om bang te wees. As "anxious" bedoel word, is dit 'n Anglisisme. Gretig is dan die regte woord.

'n Prokureur en 'n bank het kliënte omdat hulle diens lewer. Winkels wat goedere verkoop het klante.

Stappe word nie geneem nie, maar gedoen, tensy jy die stappe kan optel en vir jouself neem.

As iemand met siekverlof is, beteken dit dat die verlof siek is. Siekteverlof of siekeverlof is die ware Jakob.

'n Vorm wat voltooi moet word, is nog nie heeltemal opgestel nie. Nadat dit voltooi is, moet dit nog ingevul word. "Complete a form"  as invul bedoel word, is ‘n wanbeskrywing.

'n Inligtingstuk of brief op 'n rekenaar word nie uitgedruk nie, maar gedruk.

Waterkant is die Afrikaans vir "water-front".

Daar is nog talle ander voorbeelde waar mense hulle onkunde van Afrikaans aan ander toon. Wat my dwars in die krop steek is dat mense dikwels beweer dat hulle nie fout vind nie met uitdrukkings soos  "na die beste van my vermoë"  (na my beste vermoë), "op 'n stadium" (in 'n stadium), " 'n vorm voltooi" (invul), "angstig" (gretig), en so meer. Dit is omdat hulle nie die taalfout besef nie omdat hulle daaraan gewoond geraak het om dit verkeerd te gebruik. Luister hoe mense hieroor stry omdat hulle hulself probeer verdedig.

 =   EINDE

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1861 gaste aanlyn