NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons hulp en krag. As die nag se kleed ons sluier, bly ons steeds u heil verwag.  Ons Bevryder, ons Bewaker, U die God wat ons bewaar!

WIE HET DIE OORLOG IN VIËTNAM GEWEN?

Prof Willem Jordaan

Hiermee wil ons eers graag dr Willem Jordaan van harte geluk wens met die toekenning van 'n besoekende professoraatskap in die VSA in die politieke wetenskap. Gelofteland is baie bevoorreg om hierdie politieke ontleder as skrywer bloot te stel. Dankie professor, vir al u insiggewende artikels wat u aan die lesers van Gelofteland beskikbaar stel!

Op 30 April 1975 is die oorlog in Viëtnam beëindig met die verowering van Saigon deur Kommunistiese magte en die oorgawe van generaal Duong Vanh Minh en sy kabinet. Die laaste Amerikaanse soldate moes baie vinnig die land uitvlug.

So, tensy mens ‘n Rambo-aanhanger is, is daar op die oog af nie twyfel dat die Kommuniste die oorlog gewen het en die VSA die onderspit gedelf het nie.

Maar wat het toe gebeur?

Viëtnam het nooit vergoeding ontvang vir die massiewe skade wat deur die VSA aangerig was nie. Inteendeel. In 1993 is die nuwe Viëtnam-regering gedwing om te teken dat dit daardie skade self sou moes betaal. So is Viëtnam gedwing om Washington te betaal vir die skade wat die VSA en sy marionette-regering aan Viëtnam aangerig het.

Dit het egter verder gegaan as dit. Alhoewel Viëtnam in name ‘n Kommunistiese regering het, is hierdie regering volledig onder die juk van die Wêreldbank en die IMF. Dit was ‘n “voorwaarde” om die ekonomie van Viëtnam te “herstel”. Hanoi moes die IMF $140 miljoen betaal alvorens ‘n nuwe lening toegeken sou word. So het Viëtnam, wat veronderstel was om die oorlog minstens op die slagveld te wen, die ekonomiese verloorders geword. En dit het in effek die prysgawe van sy soewereiniteit beteken.

Enige IMF-lening het verdere voorwaardes: privatisering, devaluasie van die geldeenheid en sogenaamde “normalisering” van handelsbetrekkinge. Laasgenoemde beteken dat VSA-maatskappye toegelaat moet word om die ekonomie oor te neem. Meer as 5 000 van die 12 300 staatsbeheerde korporasies het bankrot gegaan en die bevolking is in armoede gedompel. Krediet was beskikbaar – teen ‘n rentekoers van 35% wat geen firma wat wou oorleef kon bekostig nie.

Die ekonomiese “herstrukturering” het tot gevolg gehad dat 1 miljoen werkers en 20 000 staatsamptenare hulle werk verloor het. Hongersnood het 25% van die bevolking getref. Die pryse van goedere en dienste het sodanig gestyg dat dit vir die meeste ‘n saak van oorlewing in Viëtnam geword het.

Verpligte skoolfooie is ingestel en 750 000 kinders kon nie meer skoolgaan nie want hulle ouers kon dit nie meer bekostig nie. Klinieke en hospitale het in duie gestort en malaria, tuberkulose en diarree het toegeneem. Mediese dokters het byvoorbeeld $15 ‘n maand ontvang.

Vandag verdien die werkers in fabrieke (waar Amerikaanse Nike-skoene vervaardig word) 20 Amerikaanse sent per uur – sowat R2,80 per uur, R22,40 vir ‘n 8-uur werksdag – R500 per maand. Wie kan lewe met R500 per maand?

So, Amerika is seker tevrede dat hy minstens die ekonomiese oorlog in Viëtnam gewen het....

Wat my bring by Suid-Afrika. Die gemors by Eskom, die SAL en ander staatskorporasies stuur net op een ding af: Lenings vanaf die IMF wat privatisering van Eskom en die res sal beteken. In hulle onkunde dink mense dit gaan ons redding wees. Regtig? Sonder kompetisie gaan die privaat eienaar van Eskom tariewe stel wat hy wil (om wins te maak), gaan derduisende hul werk verloor, gaan die rand verder waarde verloor, gaan pryse oral styg en is grootskaalse armoede met gepaardgaande groter onrus en misdaad ons voorland.

In ‘n multi-rassige en multi-etniese land moet u maar weet: As u dink dit gaan nou erg; wag tot bogemelde inskop – en dit is nie meer baie vêr voor ons nie.

Kyk na Viëtnam en besef dan die skrif is aan die muur.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1035 gaste aanlyn